Ligging van die Ellesmere-eilandOsborn-berge op Ellesmere-eiland
Ellesmere-eiland (Engels:Ellesmere Island,Inuktitut:Umingmak Nuna), die wêreld se tiende grootste eiland en die derde grootste eiland vanKanada en dieKanadese Arktiese Argipel, beslaan 'n oppervlakte van 196 235 km². Die eiland is in die noorde van Kanada in dieArktiese Oseaan geleë en maak deel uit van diegebiedNunavut. Ellesmere-eiland grens in die noordooste aan dieLincolnsee, in die ooste aan die Nares-straat en in die suidooste aan dieBaffinbaai; in die ooste isGroenland, in die suideDevon-eiland en in die westeAxel-Heiberg-eiland geleë. Op die eiland is Kanada se noordelikste punt, Kaap Columbia, en die noordelikste nedersetting ter wêreld, Alert, geleë. Ellesmere-eiland is die noordelikste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel en genoem na dieBritse politikus en skrywerFrancis Egerton, die eerste graaf vanEllesmere.