Eleusis (Grieks: ΕλευσίναElefsina, Antieke Grieks: ἘλευσίςEleusis) is ’n dorp en munisipaliteit in Wes-Attika,Griekeland. Dit is sowat 18 km noordwes van die middel vanAthene geleë.
Eleusis is die setel van die administrasie van die Griekse streekseenheid Wes-Attika. Dit is die terrein van dieEleusiniese misterieë en die geboorteplek vanAischulos. Dit is vandag ’n grootnywerheidsentrum met die grootsteolieraffinadery in Griekeland en die plek waar die Aischylia-fees, die oudste fees in die Attika-streek, gehou word.
Die Ninnion-tablet beeld sekere elemente van die Eleusiniese misterieë uit (middel 4de eeu v.C.).
Eleusis was in die oudheid bekend as die hoofsetel van die aanbidding vanDemeter enPersephone, en van diemisterieë ter ere van dié godinne. Dit is tot met die val van die heidendom beskou as die heiligste van alle Griekse misterieë.
Eleusis het op ’n hoogte gestaan, ’n klein entjie van die see af en oorkant die eilandSalamis. Sy ligging het hom drie voordele gegee: Dit was op die pad van Athene na dielandengte vanKorinthe; dit was in ’n baie vrugbare streek; en dit was aan die punt van ’n uitgebreide baai wat aan drie kante deur die kus van Attika gevorm is en in die suide deur Salamis afgesluit is. Die dorp self dateer van die antiekste tye.