Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Elektron

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Elektron
Waterstofatoombane teen verskillende energievlakke.
Waterstofatoombane teen verskillende energievlakke.
SamestellingElementêre deeltjie[1]
StatistiekFermionies
GroepLepton
GenerasieEerste
WisselwerkingSwaartekrag,elektromagneties,swak
Simboole-, β-
AntideeltjiePositron (of anti-elektron)
GeteoretiseerRichard Laming (1838-1851),[2]
George Johnstone Stoney
(1874) en ander.[3][4]
OntdekJ.J. Thomson (1897)[5]
Massa9,10938356(11)×10−31 kg[6]
5,48579909070(16)×10−4 u[6]
[1 822,8884845(14)]-1 u
0,5109989461(31) MeV/c2[6]
Elektriese lading−1 e
−1,6021766208(98)×10−19 C[6]
Spin1/2
Swak isospinLH: -1/2, RH: 0
Swak hiperladingLH: -1, RH: -2

Dieelektron (simbool e- of β-) is ’nelementêre subatomiese deeltjie waarvan die elektrirse lading negatief eenelementêre lading is.[7] Elektrone behoort tot die eerstegenerasie van dielepton-familie[8] en word as elementêre deeltjies beskou omdat hulle geen bekende komponente of substrukture het nie.[1] Die elektron het ’nmassa van sowat 1/1836 van dié van dieproton.[9] Die ontdekking van die elektron in 1897 word toegeskryf aanJoseph John Thomson.

Elektrone omring diekern van protone enneutrone in ’nelektronskikking. Die Engelse woordelectron is in1894 vanelectric afgelei, waarvan die oorsprong dieGriekse woord 'ηλεκτρον is, wat "barnsteen" beteken. Elektrostatiese lading kan verwek word deur barnsteen teen die pels van ’n dier, byvoorbeeld ’n kat, te vryf. Die laaste deel,-on, wat deur die meeste subatomiese partikels gedeel word, is van die woordioon afgelei.

Dieantideeltjie van ’n elektron is ’nanti-elektron ofpositron.

Eienskappe

[wysig |wysig bron]

Elektrone speel ’n belangrike rol in verskeiefisikaverskynsels, sooselektrisiteit,magnetisme,chemie entermiese geleiding, en is ook betrokke byswaartekrag-,elektromagnetiese enswak wisselwerkings.[10]

Die elektron se plek in die Standaardmodel (onder leptone).

Omdat ’n elektron ’n lading het, het dit ’n omringendeelektriese veld, en as daardie elektron relatief tot ’n waarnemer beweeg, sal dit ’nmagneetveld genereer. Elektromagnetiese velde wat van ander bronne af kom, sal die beweging van ’n elektron beïnvloed volgens dieLorentz-kragwet.

Elektrone straal energie uit of absorbeer dit in die vorm vanfotone as hulle versnel word. Laboratoriuminstrumente kan individuele elektrone sowel aselektronplasma vasvang deur die gebruik van elektromagnetiese velde. Elektrone is ook betrokke by baie toepassings sooselektronika, sweiswerk, elektronmikroskope, bestralingsterapie,lasers endeeltjieversnellers.

Wisselwerkings tussen elektrone en ander subatomiese deeltjies is belangrik op terreine soos chemie enkernfisika. DieCoulomb-kragwisselwerkings tussen die positieweprotone in ’natoomkern en die negatiewe elektrone daarbuite laat die samestelling van die twee toe wat asatome bekend is. Ionisasie of verskille in die proporsies van negatiewe elektrone teenoor positiewe kerns verander diebindingsenergie van ’n atoomstelsel. Die uitruil of deel van elektrone tussen twee of meer atome is die hoofoorsaak vanchemiese binding.[11]

Elektrone is ook betrokke inkernreaksies, soosnukleosintese insterre, waar hulle bekend is asbetadeeltjies. Elektrone kan geskep word deur diebetaverval van radioaktieweisotope en in hoë-energiebotsings, soos wanneerkosmiese strale die atmosfeer binnekom.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,1Eichten, E.J.; Peskin, M.E.; Peskin, M. (1983). "New Tests for Quark and Lepton Substructure".Physical Review Letters.50 (11): 811–814.Bibcode:1983PhRvL..50..811E.doi:10.1103/PhysRevLett.50.811.
  2. Farrar, W.V. (1969). "Richard Laming and the Coal-Gas Industry, with His Views on the Structure of Matter".Annals of Science.25 (3): 243–254.doi:10.1080/00033796900200141.
  3. Arabatzis, T. (2006).Representing Electrons: A Biographical Approach to Theoretical Entities. University of Chicago Press. pp. 70–74.ISBN 978-0-226-02421-9.
  4. Buchwald, J.Z.; Warwick, A. (2001).Histories of the Electron: The Birth of Microphysics. MIT Press. pp. 195–203.ISBN 978-0-262-52424-7.
  5. Thomson, J.J. (1897)."Cathode Rays".Philosophical Magazine.44 (269): 293–316.doi:10.1080/14786449708621070.
  6. 6,06,16,26,3P.J. Mohr, B.N. Taylor, D.B. Newell, "The 2014 CODATA Recommended Values of the Fundamental Physical Constants". Hierdie databasis is ontwikkel deur J. Baker, M. Douma en S. Kotochigova. Beskikbaar:[1]. National Institute of Standards and Technology, Gaithersburg, MD 20899.
  7. Coff, Jerry (10 September 2010)."What Is An Electron". Besoek op10 September 2010.
  8. Curtis, L.J. (2003).Atomic Structure and Lifetimes: A Conceptual Approach. Cambridge University Press. p. 74.ISBN 978-0-521-53635-6.
  9. "CODATA value: proton-electron mass ratio".2006 CODATA recommended values (in Engels). National Institute of Standards and Technology.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op18 Julie 2009.
  10. Anastopoulos, C. (2008).Particle Or Wave: The Evolution of the Concept of Matter in Modern Physics. Princeton University Press. pp. 236–237.ISBN 978-0-691-13512-0.
  11. Pauling, L.C. (1960).The Nature of the Chemical Bond and the Structure of Molecules and Crystals: an introduction to modern structural chemistry (3de uitg.). Cornell University Press. pp. 4–10.ISBN 978-0-8014-0333-0.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Elementêr
Fermione
Kwarke
Leptone
Bosone
Ykbosone
Skalaar
Ander
Spoke
Hipoteties
S-deeltjies
Gaugino's
Ander
Aksino • Chargino • Higgsino • Neutralino • Sfermion
Ander
Aksion • Dilaton •Graviton • Majoron • Majorana-fermion • Magnetiese monopool • Tachion •X-bosonX-boson|Y-boson • W'-boson • Z'-boson •Steriele neutrino
Saamgestel
Hadrone
Barione /Hiperone
Mesone /Kwarkoniums
Ander
Hipoteties
Eksotiese hadrone
Eksotiese barione
DibarionPentakwark • Skirmion
Eksotiese mesone
Ander
Meson-molekule • Pomeron
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Elektron&oldid=2700793"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp