Elektrolise is 'nchemieseredoksreaksie waarvolgens saamgestelde stowwe onder die invloed van 'nelektriese stroom opgebreek word (op 'n atomiese vlak) tot enkelvoudige stowwe en/of ander saamgestelde stowwe.
In1832 ontdekMichael Faraday dat in 'n soutoplossing stowwe opbreek wanneer 'n elektriese stroom daardeur gestuur word en dat dié skeiding afhanklik van is die stroom. Later word hierdie ontdekking bekend as dieeerste elektrolisewet van Faraday.
Hierna ontdek Faraday dat die massa van die gevormde elemente reg eweredig met dieatoommassa van die betrokke elemente is. Hierdie waarneming het die vermoede van die bestaan vanelektrone versterk, en word bekend as dietweede elektrolisewet van Faraday.
Elektrolise word moontlik gemaak deur ioniese stowwe. 'n Ioniese stof is in meeste gevalle 'nvastestof, bros en goed oplosbaar. Indien hierdie ioniese stof oplos, word negatiewe en positiewe ione gevorm wat dit vir elektrisiteit moontlik maak om deur die oplossing gelei te word.