Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel
Die buite-aansig van die Patriargale Basilika van St. Joris in die distrik Fener in Istanboel.
Die buite-aansig van die Patriargale Basilika van St. Joris in die distrikFener inIstanboel.
Stigtingsjaar330
StigterApostel Andreas
StatusOutokefaal
Kerkleiding
HoofBartolomeus I
Hoof se titelAartsbiskop van Konstantinopel-Nuwe Rome en Ekumeniese Patriarg
SetelIstanboel,Turkye
Besonderhede
LiturgieBisantyns
Liturgiese taal  Grieks
KalenderHersiene Juliaanse kalender
Gelowiges300 miljoen
Bisdomme149
Webtuiste
http://www.ec-patr.org/

DieEkumeniese Patriargaat van Konstantinopel (Grieks: Οἰκουμενικὸν Πατριαρχεῖον Κωνσταντινουπόλεως,ikumenikˈon patriarˈxion konstantinuˈpoleos;Turks:Rum Ortodoks Patrikhanesi,İstanbul Ekümenik Patrikhanesi[1][2]) is een van vyftienoutokefaleOosters-Ortodokse Kerke. Die primaat aan die hoof van die kerk se titel is Ekumeniese Patriarg van Konstantinopel. Die huidige patriarg isBartolomeus I.

Vanweë sy ligging in die hoofstad van die destydseBisantynse Ryk en sy rol as moederkerk van die meeste Ortodokse kerke, het die Ekumeniese Patriarg die status van "eerste onder gelykes" onder die Ortodokse Kerk se primate. Anders as diepous van dieRooms-Katolieke Kerk staan hy nie aan die hoof van die verskillende outokefale, administratief selfregerende Ortodokse kerke nie. Hy word egter in ’n breë sin beskou as die geestelike leier van die wêreld se 300 miljoen OrtodokseChristene.[3][4] Sy posisie word egter betwis deur dieRussies-Ortodokse Kerk, wat ’n groter gemeenskap as enige ander Ortodokse kerk bedien.[5]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Ortaylı, İlber (2003). "Osmanlı Barışı", p. 14.ISBN 975-6571-50-0.
  2. In Turkye word soms ook informeel daarna verwys asFener Rum Patrikhanesi, "Roomse Patriargaat van dieFener"
  3. "In Moscow, Orthodox Christian churches draw closer" (in Engels). Reuters. 25 Mei 2010.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2010. Besoek op11 Julie 2010.
  4. "The Patriarch Bartholomew".60 Minutes (in Engels). CBS. 20 Desember 2009. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 4 November 2013. Besoek op11 Januarie 2010.
  5. "Константинопольская Православная Церковь" (in Russies).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020. Besoek op18 Junie 2011.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Internasionaal
Nasionaal
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Ekumeniese_Patriargaat_van_Konstantinopel&oldid=2434429"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp