’n Kunstenaarsvoorstelling van hoe algemeen planete om sterre in die Melkweg voorkom.[1]
’nEksoplaneet ofekstrasolêre planeet is ’nplaneet buite dieSonnestelsel. Tot en met 1 Maart 2013 was altesaam 861 sulke planete geïdentifiseer (planete in 677 planetêre stelsels, insluitende 128 stelsels met meer as een planeet). Teen 1 Maart 2025 was daar 7 416 bevestigde eksoplanete in 5 088 planeetstelsels, met 1 035 stelsels wat meer as een planeet het.[2] Daar is dus ’n voortdurende stroomnuwe ontdekkings.
Wat meer sê, dieKeplersending het reeds ’n paar duisend bykomende kandidate opgespoor, insluitende ’n paar honderd wat lewe sou kon huisves.[3][4]
Baiefilosowe enwetenskaplikes het eeue lank aangeneem eksoplanete bestaan, maar daar was geen manier om vas te stel hoe algemeen hulle voorkom of hoeveel hulle met die planete in ons Sonnestelsel ooreenstem nie. Verskeie bewerings van waarnemings vanaf die19de eeu is eindelik deur sterrekundiges verwerp.
Die eerste bevestigde waarneming was in 1992 met die ontdekking van verskeie aardgrootte-planete om diepulsar PSR B1257+12. Die eerste ontdekking van ’n eksoplaneet om ’nhoofreeksster was in 1995: ’n reuseplaneet met ’n wentelperiode van vier dae om die nabygeleë ster51 Pegasi. Danksy verbeterde opsporingstegnieke het die tempo van waarnemings sedertdien vinnig toegeneem.[5] Sommige eksoplanete is deur teleskope afgeneem, maar die oorgrote meerderheid is opgespoor met indirekte metodes soos die meet vanradiale snelhede.[5] Ookkomete buite ons Sonnestelsel is al waargeneem en kan algemeen in die Melkweg voorkom.[6]
Die heel eerste foto van ’n eksoplaneet (links onder), wat in 2004 deur dieBaie Groot Teleskoop geneem is. Dit wentel om diebruindwerg 2M1207 en sy massa is vyf keer so groot soosJupiter s’n.
Daar is na verwagting in dieMelkweg alleen miljarde planete (gemiddeld minstens een planeet vir elke ster, dus na skatting 100-400 miljard eksoplanete),[7][8][9][10] plus nog talle vrybewegende enkelplanete wat nie om ’n ster wentel nie.[11]
Die naaste bekende eksoplaneet isAlpha Centauri Bb. Byna al die planete wat tot dusver waargeneem is, lê in die Melkweg. Sterrekundiges aan die Harvard-Smithsonian-sentrum vir Astrofisika (CfA) het in Januarie 2013 aangedui dat daar "minstens 17 miljard" aardgrootte-eksoplanete in die Melkweg is.[6]
Die meeste bekende eksoplanete isgasreuse soortgelyk aan Jupiter enNeptunus, maar dit is waarskynlik omdat hulle makliker is om op te spoor vanweë hul grootte.[12] Daar is ook kleiner planete bekend wat net ’n paar keer so groot as dieAarde is (sulke planete staan deesdae bekend assuperaardes). Volgens nuwe statistiese studies kom hulle meer algemeen voor as die gasreuse, terwyl verskeie planete kleiner as die Aarde onlangs ontdek is.[13][14][15] Daar is ook planete ombruindwergsterre en ander hemelliggame wat "vry rondbeweeg" in die ruimte en nie om ’n ster wentel nie, maar hulle word nie altyd planete genoem nie.
Die ontdekking van eksoplanete, veral dié in diebewoonbare sone van sterre (waar moontlik vloeibarewater op die oppervlak, en duslewe, kan voorkom), het die belangstelling in die soeke nabuiteaardse lewe verhoog.[16] Die soeke na eksoplanete sluit dus ook die studie vanplanetêre bewoonbaarheid in.
Op 7 Januarie 2013 het sterrekundiges van die Keplersending die ontdekking vanKOI-172.02 aangekondig – ’n planeet baie soos die Aarde wat binne die bewoonbare sone om ’n ster wentel wat met dieSon ooreenstem. Dit is dus ’n "goeie kandidaat om buiteaardse lewe te huisves".[17]
↑Detection of Potential Transit Signals in the First Twelve Quarters of Kepler Mission Data, 12 Des. 2012, Peter Tenenbaum, Jon M. Jenkins, Shawn Seader, Christopher J. Burke, Jessie L. Christiansen, Jason F. Rowe, Douglas A. Caldwell, Bruce D. Clarke, Jie Li, Elisa V. Quintana, Jeffrey C. Smith, Susan E. Thompson, Joseph D. Twicken, William J. Borucki, Natalie M. Batalha, Miles T. Cote, Michael R. Haas, Dwight T. Sanderfer, Forrest R. Girouard, Jennifer R. Hall, Khadeejah Ibrahim, Todd C. Klaus, Sean D. McCauliff, Christopher K. Middour, Anima Sabale, Akm Kamal Uddin, Bill Wohler, Thomas Barclay, Martin Still
↑Nomads of the Galaxy, Louis E. Strigari, Matteo Barnabe, Philip J. Marshall, Roger D. Blandford; skat dit op 700 voorwerpe groter as 10−6sonmassas perhoofreeksster tussen 0,08 and 1 sonmassa, waarvan miljarde in die Melkweg is.