| Ekonomiese sektore |
|---|
| Drie-sektore-hipotese |
| Primêre sektor: grondstowwe Sekondêre sektor: vervaardiging Tersiêre sektor: dienste |
| Bykomende sektore |
| Kwaternêre sektor: inligtings-dienste Kwinêre sektor: menslike dienste |
| Teoretici |
| AGB Fisher ·Colin Clark ·Jean Fourastié |
| Sektore volgens eienaarskap |
| Sake sektor ·Private sektor ·Openbare sektor ·Vrywillige sektor |


'nEkonomiese sektor ofsakesektor verwys na 'n gedeelte van die ekonomie gebaseerd op die algemene aard van hul aktiwiteite en waar hulle in die produksieproses inpas. Dieekonomie is histories in drie sektore verdeel volgens dieDrie-sektore-hipotese:[1]
In die20ste eeu het ekonome begin voorstel dat tradisionele tersiêre dienste verder van mekaar onderskei kan word in: "kwaternêre" enkwinêre diens sektore. Ekonomiese aktiwiteite in die hipotetiese kwaternêre sektor bestaan uit inligtings- en kennisgebaseerde dienste, terwyl kwinêre dienste die industrie aktiwiteit wat verband hou met menslike dienste en gasvryheid insluit.[2]
Hierdie sektor word ookoerproduksie genoem. Die oerproduksie lewer meestal die rou materiale of grondstowwe vir 'n produk. By hierdie sektor word byvoorbeeldlandbou, bosbou en vissery gereken. Die klassifisering van mynbou as 'n primêre sektor is omstrede, alhoewel ook hierdie sektor onverwerkte grondstowwe oplewer en sodoende by die primêre sektor gereken kan word.
Die huidige ekonomiese teorie gebruik 'n nouer en 'n wyer definisie ten opsigte van die primêre sektor. Volgens die nouer definisie van bedrywe word slegs landbou, bosbou en vissery by die primêre sektor gereken, die wyer definisie sluit ook die mynbou hierby in. Die primêre sektor verskaf grondstowwe wat in die sekondêre sektor verwerk word.
In die meeste ontwikkelende lande is 'n heelwat groter persentasie van die ekonomies aktiewe bevolking in die primêre sektor werksaam as in nywerheidslande, en daar bestaan 'n inverse korrelasie tussen die persentasie werknemers in die primêre sektor en die industriële ontwikkelingspeil van 'n land.
Die sekondêre sektor behels die nywerheidssektor van 'n ekonomie, dit wil sê die sektor wat rou materiale tot 'n meer bruikbare vorm verwerk. Hierby word alle nywerhede, ambagte, die energiebedryf (opwekking en voorsiening van energie) en watervoorsiening, meestal ook die boubedryf gereken. Afhangende van die definisie, wat toegepas word, maak ook die mynboubedryf deel uit van die sekondêre sektor.
'n Kenmerkende eienskap van hierdie sektor is die verwerking van rou materiale en goedere uit die primêre sektor. Vanweë die vervaardigingsproses, waarvoor beleggingsgoedere benodig word, is die sekondêre sektor nie net materiaalintensief nie, maar ook kapitaalintensief.
Die tersiêre of dienstesektor behels alle dienste wat in sakeondernemings of deur die staat en ander openbare instellings verskaf word. Die volgende bedrywe word by die tersiêre sektor gereken:
'n Kenmerkende eienskap van hierdie sektor is produksie of dienslewering deur benutting van mannekrag - dit is derhalwe 'n personeelintensiewe sektor.
'n Ekonomie kan verskillende sektore insluit (ook bekend as 'n "bedryfstak") wat in opeenvolgende fases ontwikkel het:
Selfs in moderne tye,ontwikkelende lande is geneig om meer op die eerste twee sektore te vertrou, in teenstelling metontwikkelde lande.
'n Ekonomie kan ook volgens eienaarskap verdeel word:
Regarding the terminology itself Clark informs that "the term tertiary industries was originated by Professor A. G. B. Fisher in New Zealand, and became widely known through the publication of his book,The Clash of Progress and Security, in 1935. It took its origin from the titles current in Australia and New Zealand of 'primary industry' for agriculture, grazing, trapping, forestry, fishing and mining, and 'secondary industry' for manufacture. In Australia and New Zealand these terms are not only used in statistical reference books but are widely current in popular discussion. The phrase 'tertiary industries' therefore immediately carries, in these countries, a suggestion of those excluded by the official definition of 'secondary industries."