'n Doeltreffende manier om die studiegebied van die ekologie af te baken, is om 'n vereenvoudigde biologiese spektrum te gebruik wat kortliks soos volg saamgevat kan word:
| Biosfeer |
|---|
| Atmosfeer,litosfeer,hidrosfeer |
|---|
| Abiotiese komponente (nie-lewend) | + Biotiese komponente (lewend) | = Biostelsels/ekostelsels |
|---|
| grond, water, lug | selle | selstelsels |
| chemiese faktore | organe | orgaanstelsels |
| fisiese faktore | organismes | organismestelsels |
| energievloei | populasies | populasiestelsels |
| gemeenskappe | ekostelsel |
└────────────────────────────────────┘ wisselwerking | |
Oor ekologie word daar selde verwys na die biotiese komponente wat die organisme in die algemeen beïnvloed, behalwe waar daar van sekere aanpassings sprake is. Die vlakke wat na die individuele organisme kom, word egter vollediger bespreek, naamlik:
- Populasie (Latyn:populus = die mense). 'n Groep individue wat eenderse kenmerke vertoon, byvoorbeeld 'n swermbye,leerlinge in 'n klaskamer, en so voorts. Die digtheid van 'n populasie is gewoonlik van groot belang.
- Gemeenskap (ookbiotiese gemeenskap). Alle populasies in 'n bepaalde omgewing.
- Ekostelsel. Die gemeenskap en die nie-lewende omgewing wat saam funksioneer. Die ekostelsel is die basiese funksionele eenheid in die ekologie, omdat dit sowel die biotiese gemeenskappe (lewende organismes) as die abiotiese omgewing insluit. Albei hierdie komponente is noodsaaklik, en die wisselwerking daartussen maak die voortbestaan van lewe op 'n planeet moontlik.
- Biosfeer (ookekosfeer). Die gedeelte van die aarde (grond, water, lug) waarin dieekostelsel suksesvol kan voortbestaan. Die biosfeer omsluit dus alle lewe op aarde, asook die onderlinge wisselwerkinge tussen lewende organismes en hul omgewing. Hierdie wisselwerkinge help om 'n blywende, gestadigde toestand te handhaaf te midde waarvan 'n onafgebrokeenergievloei vanaf dieson deur die biosfeer terug na dieruimte plaasvind.