'n Groep mense wat saam eet.Babas tussen 8 en 12 maande begin vaste kosse eet, dis gewoonlik 'n morsige affêre.
Eet is die proses waartydensvoedsel ingeneem of genuttig word.Mense endiere moet gereeld voedsel inneem om die nodigeenergie en boustowwe watlewe onderhou daaruit te kan tap. Daarteenoor hoef meesteplante nie te eet nie, omdat hulle energie van die son virfotosintese absorbeer. Tydens fotosintese produseer hierdie plante hul eie voedsel.
'n Maaltyd word met 'nvurk geëet in 'n restaurantTradisionele manier van eet inOesbekistanMeisie eet met chopsticksEthiopiërs eet met hul hande
Pasgebore babas eet nie volwasse kos nie. Hulle leef slegs op borsmelk of babaformule.[1] Klein hoeveelhede pureekos word soms aan jong babas so jonk as twee of drie maande gevoer, maar die meeste babas eet nie volwasse kos voordat hulle tussen ses en agt maande oud is nie. Jong babas eet slap babakos omdat hulle min tande en onvolwasse spysverteringstelsels het. Tussen 8 en 12 maande oud verbeter die spysverteringstelsel, en baie babas begin vingerkos eet. Hul dieet is egter steeds beperk, want die meeste babas het nie kiestande op hierdie ouderdom nie, en dikwels 'n beperkte aantal snytande. Teen 18 maande het babas genoeg tande en 'n goedontwikkelde spysverteringstelsel om dieselfde kos as volwassenes te eet. Om te leer eet is 'n morsige proses vir kinders, en kinders bemeester dikwels nie netheid voordat hulle vyf jaar oud is nie.[2]
Eetposisies verskil volgens die verskillende streke van die wêreld, aangesien die kultuur die manier waarop mense hul maaltye nuttig, beïnvloed. Die meeste inwoners van Midde-Oosterse lande eet terwyl hul op die vloer sit, daar word geglo dat dit gesonder is as om te eet terwyl aan tafel gesit word.[3][4]
Eet in 'n liggende posisie is deur die Antieke Grieke verkies tydens 'n viering wat hulle 'n simposium genoem het, en hierdie gebruik is deur die Antieke Romeine aangeneem.[5] Antieke Hebreërs het ook hierdie houding aangeneem vir tradisionele vieringe vanPasga.[6]
Voedsel word deur die mond die liggaam ingeneem en deur die slukderm na diemaag vir vertering gevoer. Tande in die mond word gebruik om die kos fyn te maal voordat dit gesluk word. Die proses van eet word gewoonlik deur 'n gevoel van honger voorafgegaan.
Dit neem ongeveer 20 minute vir die maag om die "tevrede gevoel" na die brein oor te dra.[7] Dan verdwyn die gevoel van honger of eetlus omdat daar 'n voldoende energie-inname bereik is.
Omdat diere van eksterne voedselbronne afhanklik is, eet hulle plante of ander diere. Diere wat plante eet wordherbivore genoem, terwyl diere wat ander diere eetkarnivore genoem word. Diere wat beide plante en ander diere verorber wordomnivore genoem.
Baie mense kan egter nie genoeg eet nie, wat tot oorgewig envetsug aanleiding gee. Die eet van ongesonde kosse kan weer tot gesondheidsprobleme of selfs vetsug lei. Dit is belangrik om 'ngesonde dieet te handhaaf deur genoeggroente envrugte in te neem.
Etes word gewoonlik in drie kleiner maaltye per dag verdeel. Eetgerei soos 'nlepel,mes en vurk word gewoonlik ingespan om die kos op te skep, te sny of op te lig. (NB: dit geld vir die sg. beskaafde of Westerse gebruik) In tradisioneel ouer beskawings, bv. in Midde-Afrika, word kos met die hand geëet en word hierdie implemente nie gebruik nie.
Ontbyt of oggendete is die belangrikste maaltyd van die dag en behoort nooit oorgeslaan te word nie. Dit word genuttig nadat 'n persoon opgestaan het, maar voordat hy of sy met die dagtake begin. Ontbyt kan wissel vangraankosse, met miskien vars vrugtesap, tot groter etes met spek,eiers,tamatie enroosterbrood.
Halfpad deur die oggend en middag word die werksritme dikwels onderbreek deur 'n kort pouse waartydenskoffie oftee gedrink word en dikwels 'npeuselhappie geëet word.
Middagete word gewoonlik tussen 12:00 en 14:00 genuttig. Baie mense gryp net vinnig iets vir middagete voordat hulle met hulle dagtake voortgaan. In sommige lande, soosSpanje, rus mense eers na middagete deur 'n ligte slapie of siësta te neem.
Aandete is die laaste maaltyd van die dag en word gewoonlik tussen 17:00 en 19:00 genuttig. Aandete is meestal 'n warm maaltyd met 'nvleisgereg, groente en stysel soosrys ofaartappels. Sommige mense eet eerder groter middagetes en neem dat net iets ligs vir aandete.