Die 100 duim-Hooker-teleskoop in die Mount Wilson-sterrewag inLos Angeles County is deur Edwin Hubble gebruik vir sy ondersoek van newels wat geblyk het om sterrestelsels buite ons Melkweg te wees
Hubble het Slipher se ontdekking gewild gemaak dat die verlies in frekwensie wat in dieelektromagnetiese spektrum van ander sterrestelsels waargeneem word, toeneem in verhouding met ’n spesifieke sterrestelsel se afstand van dieAarde af. Hierdie verhouding staan bekend as Hubble se wet. Slipher, die onbesonge held van die 20ste-eeuse sterrekunde, het sy bevindings in Augustus 1914 eerste bekend gemaak op ’n vergadering van die Amerikaanse Sterrekundige Vereniging. Weens sy teruggetrokke persoonlikheid word baie van sy ontdekkings aan Hubble toegeskryf.