Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Eddie Jones

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eddie JonesRugbyportaal
Eddie Jones in 2009
Volle naamEdward Jones
Geboortedatum30 Januarie 1960 (1960-01-30) (65 jaar oud)
GeboorteplekBurnie,Tasmanië,Australië
Lengte1,70 m
SkoolMatraville Sports Hoërskool
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s)Haker
Professionele / senior klubs
JareKlub / spanWeds(pte)
1981–1991
1991–1992
Randwick
Leicester Tigers
210
3
(56)
()
Provinsiale- / Staatspanne
JareKlub / spanWeds(pte)
1987–1989Nieu-Suid-Wallis12(0)
Loopbaan as afrigter
JareKlub / span
1994
1995–1996
1996
1997
1998–2001
2001–2005
2006
2007
2007
2007–2009
2009–2012
2012–2015
2015
2015–2022
2023
2024–hede
Randwick (raad.)
Tokai-universiteit (raad.)
Vlag van JapanJapan (raad.)
Suntory Sungoliath (raad.)
ACT Brumbies
Vlag van AustraliëAustralië
Saracens (raad.)
Queensland Reds
Vlag van Suid-AfrikaSuid-Afrika (raad.)
Saracens (raad.)
Suntory Sungoliath
Vlag van JapanJapan
Stormers
Vlag van EngelandEngeland
Vlag van AustraliëAustralië
Vlag van JapanJapan

Edward Jones (gebore 30 Januarie 1960)[1] is 'n Australieserugbyafrigter en voormalige speler. Hy het van Januarie tot Oktober 2023 dieAustraliese nasionale rugbyspan afgerig nadat hy teruggekeer het om Dave Rennie te vervang, ná sy afdanking deur Engeland. Hy was van 2015 tot 2022 die hoofafrigter van dieEngelse nasionale rugbyspan. Sy eerste termyn as afrigting van die Wallabies was tussen 2001–2005 toe hy hulle afgerig het vir suksesvolleBledisloebekerwedstryde en dieRugbywêreldbeker 2003-eindstryd. Tydens dieRugbywêreldbeker 2023 is sy Wallabies egter reeds in die groepfase uitgeskakel, waarna hy bedank het. In 2024 het hy teruggekeer asJapan se afrigter.[2]

Hy was 'n raadgewer virSuid-Afrika toe die Springbokke dieRugbywêreldbeker 2007 gewen het. Van 2012 tot 2015 het hy Japan afgerig, wat hulle gelei het in dieRugbywêreldbeker 2015 en 'n verrassende oorwinning oor Suid-Afrika.[3] In November 2015 is Jones as hoofafrigter van Engeland aangestel en hulle afgerig om die 2016 en 2017Sesnasieskampioenskappe te wen, en word slegs die tweede nasionale span wat onoorwonne in 'n kalenderjaar is. Hy het Engeland na dieRugbywêreldbeker 2019-eindstryd gelei, toe hulle deur Suid-Afrika geklop is.

Jones het ashaker vir dieSydneyklub Randwick enNieu-Suid-Wallis gespeel en Randwick in 1994 begin afrig. Hy het sy loopbaan inJapan tussen 1995 en 1997 voortgesit by die Tokai Universiteit, as 'n assistent vir die Japanse nasionale span en vir Suntory Sungoliath. In 1998 het hy na Australië teruggekeer, beheer vanACT Brumbies inSuperrugby geneem en ook dieQueensland Reds in die2007 Super 14-seisoen afgerig. In 2008 het hy 'n kort tydjie bySaracens in Engeland se Premierliga gehad, voordat hy na Japan en Suntory Sungoliath teruggekeer het vir 'n tweede keer wat uitgeloop het op 'n oorwinning in die 2011–12 Topliga-kampioenskap.

Persoonlike lewe

[wysig |wysig bron]

Jones is in Burnie,Tasmanië,[1] gebore met 'n Japannese ma en 'n Australiese pa.[4] Hy is getroud met Hiroko Jones, 'n Japannese vrou wat hy ontmoet het terwyl hy by die International Grammar School inSydney skoolgehou het.[5] Hulle het 'n dogter, Chelsea Jones.[6] Jones is 'n ondersteuner vanWest Ham United FC[7] en die South Sydney Rabbitohs NRL-span.[8]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,1(en)"Eddie Jones ESPN profile". ESPN. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 20 Desember 2018. Besoek op19 Desember 2018.
  2. (en)"Eddie Jones: Japan head coach on spells with England and Australia".BBC. 13 Maart 2024. Besoek op7 April 2024.
  3. (en)Rob Kitson (19 September 2015)."Rugby World Cup's Greatest Shock". Besoek op19 Desember 2018.
  4. (en)"England coach Eddie Jones on how he made Japan a force in world rugby".Joe (website). Oktober 2019. Besoek op12 Januarie 2020.
  5. (en)Brown, Oliver (29 Januarie 2016)."The Making of Eddie Jones".The Daily Telegraph. Besoek op28 Oktober 2019.
  6. (en)"Departures are sign that Eddie Jones has driven his staff too hard".Stuff. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 31 Januarie 2019. Besoek op30 Januarie 2019.
  7. (en)"England rugby union boss Eddie Jones reveals love for West Ham United".West Ham United F.C. 23 Februarie 2021. Besoek op16 Maart 2021.
  8. (en)"England rugby coach Eddie Jones reveals NRL 'dream' to coach South Sydney Rabbitohs".Wide World of Sports. 28 Julie 2022. Besoek op29 Julie 2022.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Internasionaal
Nasionaal
Akademie
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Eddie_Jones&oldid=2828361"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp