Eannatum 𒂍𒀭𒈾𒁺 | ||
Koning van Lagasj | ||
Eannatum, koning vanLagasj, ry op ’n strydwa (detail van die Stele van die Aasvoëls). Sy naam is in twee vertikale kolomme voor sy kop geskryf.Louvre. | ||
Bewind | 2500-2400 v.C. | |
Voorganger | Akurgal | |
Opvolger | Enannatum I | |
Koningshuis | Dinastie van Lagasj |
Eannatum (wigskrif:𒂍𒀭𒈾𒁺, É.AN.NA-tum2) was omstreeks 2500-2400 v.C. ’nSumeriese koning vanLagasj. Hy het een van die eerste verifieerbare ryke in die geskiedenis gestig: Hy hetElam onderwerp, die stadSusa en anderIrannese stede vernietig en sy heerskappy uitgebrei naSumer enAkkad.[1] Volgens ’n inskripsie op ’n rots was Eannatum sy Sumeriese naam, terwyl sy Amoritiese naam Lumma was.
Eannatum, die seun van Akurgal, het die hele Sumer verower, insluitendeUr,Nippur,Larsa enUruk.[1]
Hy het eers oorlog teen die stadUmma gevoer oor die vrugbare Gu-Edin-vlakte.[1] Hy het persoonlik ’n leër aangevoer wat die stadstaat se koning Ush verslaan en die stad verower het. Hy het toe ’n grensverdrag met die volgende koning, Enakalle, gesluit, soos beskryf op dieStele van die Aasvoëls en dieKeël van Entemena:[2][1]
𒂍𒀭𒈾𒁺 𒉺𒋼𒋛 𒉢𒁓𒆷𒆠 𒉺𒄑𒉋𒂵 𒂗𒋼𒈨𒈾 𒉺𒋼𒋛 𒉢𒁓𒆷𒆠𒅗𒆤
e2-an-na-tum2 ensi2 lagaški pa-bil3-ga en-mete-na ensi2 lagaški-ka-ke4
"Eannatum, heerser van Lagasj, oom van Entemena, heerser van Lagasj"
39–42
𒂗𒀉𒆗𒇷 𒉺𒋼𒋛 𒄑𒆵𒆠𒁕 𒆠 𒂊𒁕𒋩
en-a2-kal-le ensi2 ummaki-da ki e-da-sur
"het die grens met Enakalle, heerser van Umma, vasgestel"
Uittreksel uit die Keël van Enmetena, Louvre.[3][4]
Eannatum het Umma ’n skatpligtige staat gemaak waarin elke persoon ’n sekere hoeveelheid graan aan die skatkis van die godin Nina en die god Ingoerisa moes betaal.[5][1]
Eannatum het daarna sy invloed na buite Sumer uitgebrei. Hy het dele van Elam verower, insluitende die stad Az aan die kus van die hedendaagsePersiese Golf, na bewering Sjoeboer verwoes en Aksjak teruggedryf. Hy het hom daarna tot "koning vanKisj" verklaar (wat ná sy dood weer onafhanklik geword het) en heffings tot so ver asMari ingestel.[1]
Opstande het gereeld in Eannatum se ryk uitgebreek. Tydens sy bewind is baie tempels en paleise gebou, veral in Lagasj.[6] Die stad Nina, moontlik ’n voorloper vanNineve, is met baie kanale en reservoirs herbou.
Die sogenaamdeStele van die Aasvoëls, wat nou in dieLouvre is, is fragmente van ’nstele vankalksteen wat in 1881 in Telloh (die antieke Girsu) inIrak ontdek is. Die stele is gerekonstrueer asof dit 1,8 m hoog en 1,3 m breed was. Dit is omstreeks 2500-2400 v.C. gemaak.[7] Dit is opgerig as ’n monument vir Eannatum se verowering oor Ush, koning van Umma, wat gelei het tot ’n grensverdrag met Ush se opvolger, Enakalle.[8][5]
Verskeie voorvalle van die oorlog word op die stele uitgebeeld. Op een staan die koning, met sy naam om sy kop geskryf, voor ’n groep soldate met ’n wapen in sy hand. Op ’n ander ry hy in ’n strydwa tydens ’n veldslag en word hy deur soldate gevolg met helms op en met lanse in die hand. Sy naam staan voor sy kop geskryf.[5]
Op die ander kant van die stele is ’n beeld van die oorlogsgodNinurta, wat die gevange Ummaïete in ’n groot net hou. Dit beteken Eannatum het Ninurta die eer vir die oorwinning gegee.[7][5]
Eannatum se oorwinning word in ’n inskripsie op ’n fragment genoem. Dit dui daarop dat Ush, die koning van Umma, in sy hoofstad in ’n rebellie vermoor is ná die verlies van 3 600 soldate: "Sy (Umma se) 3 600 lyke het tot aan die hemel gestrek [...] (hulle) hande teen hom gelig en hom in Umma doodgemaak.”[9]