Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Dwight D. Eisenhower

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Dwight David Eisenhower
34ste President van die Verenigde State
Ampstermyn20 Januarie195320 Januarie1961
VoorgangerHarry S. Truman
OpvolgerJohn F. Kennedy
Geboortedatum14 Oktober1890
GeboorteplekDenison,Texas
Sterftedatum28 Maart1969
SterfteplekWashington, D.C.
Eerste DameMamie Doud Eisenhower
Politieke partyRepublikein
VisepresidentRichard Nixon
Handtekening

Dwight David Eisenhower (14 Oktober189028 Maart1969) was 'n voormalige vyf-ster Generaal van die Leër van dieVerenigde State van Amerika en 'n Amerikaanse politikus wat as die vier-en-dertigstePresident van die Verenigde State gedien het, vanaf 1953 tot 1961. Tydens dieTweede Wêreldoorlog was hy die opperbevelvoerder van dieGeallieerdes van die Tweede Wêreldoorlog inEuropa, en was verantwoordelik vir die beplanning en toesighouding van dieinval van Frankryk enDuitsland in 1944-45. In 1951 het hy die eerste opperbevelvoerder vanNAVO geword.[1]

As 'nRepublikein is hy verkies as die 34ste President van die Verenigde State van Amerika en het hy twee volle termyne gedien. Hy het as president dieKoreaanse Oorlog beëindig, druk op dieSowjetunie uitgeoefen tydens dieKoue Oorlog,kernwapens 'n hoë verdedigingsprioriteit gemaak, dieRuimtewedloop geloods, die Amerikaanse "Social security"-program uitgebrei en die "Interstate Highway"-stelsel begin. Tydens sy ampstermyn hetAlaska (3 Januarie1959) enHawaii (21 Augustus1959) die 49ste en 50stedeelstate van die Verenigde State van Amerika geword.

Presidentskap

[wysig |wysig bron]

Tydens die presidentsverkiesing van 1952 sou die gevestigde presidentHarry S. Truman nie meer vir herverkiesing kwalifiseer nie. Op soek na 'n opvolger, is Eisenhower in die herfs van 1951 deur Truman genader of hy sou belangstel in die Demokratiese kandidatuur. Eisenhower het ontwykend geantwoord, maar 'n paar maande later, toe hy hom by dieRepublikeinse partylys inNew Hampshire geregistreer het, het Truman geweet wat sy antwoord is. Die generaal het nou oorgegaan na die Grand Old Party en die Republikeinse benoeming van die konserwatiewe Robert Taft gewen. Intussen het die sittende president Truman 'n geskikte presidentskandidaat in Adlai Stevenson, die goewerneur van die staatIllinois, gevind wat deur die intellektuele op die hande gedra is. Na 'n mate van weerstand verklaar hy homself gereed om te staan vir dieDemokratiese party. Eisenhower het Stevenson egter met 'n groot meerderheid geklop.

Alhoewel Eisenhowerbelasting verlaag het en gehoop het om die rol van die federale regering te beperk, het spanning in die wêreld gedurende dieKoue Oorlog daartoe gelei dat hy groot begrotings vir militêre doeleindes aangevra het. Dit was die hoogste verdedigingsbegroting wat nog ooit in vredestyd aan die Kongres voorgelê is. Eisenhower het ook die verkiesing in 1956 gewen, met selfs 'n groter oorwinning oor Stevenson.

Sosiale beleid

[wysig |wysig bron]

In 1957 neem Eisenhower 'n gedenkwaardige besluit op die gebied van sosiale beleid. Hy het 'n beslissing van die Hooggeregshof afgedwing om te verseker dat die aparte skole vir blankes en swartes afgeskaf word. Orval Faubus, goewerneur vanArkansas, het 'n beroep op die nasionale wag gedoen om te verhoed dat wit en swart leerders dieselfde skool in Little Rock bywoon. Eisenhower het sodanige optrede teengegaan en federale troepe ontplooi om te verhoed dat segregrasie steeds in Arkansas se skole toegepas word.

Koue Oorlog-era

[wysig |wysig bron]

In 1953, na die dood van die SowjetleierStalin, het Eisenhower na geleenthede gesoek vir "ontspanning" in die Koue Oorlog met die lande agter dieYstergordyn. Hy het aan bewind gekom op die hoogtepunt van dieheksejag teenkommuniste, onder leiding van senator Joseph McCarthy. Boonop is Eisenhower se minister van buitelandse sake,John Foster Dulles, fanaties vir die stryd teen wat hy genoem het "die bedreiging vir die wêreld deur revolusionêre kommunisme". Die Verenigde State het dus die nasionalistiese Chinese regering vanChiang Kai-shek opTaiwan ondersteun teenMao Zedong seRooi China en die steun vir die korrupte regime in Suid-Viëtnam verhoog, met militêre en ekonomiese steun vir diktatorregerings in dieMidde-Ooste om presidentGamal Abdel Nasser vanEgipte te help teenstaan.

Die internasionale spanning het verlig toe Eisenhower die SowjetleierNikita Chroesjtsjof in 1959 op 'n staatsbesoek ontvang het. 'n Ooreengekome terugbesoek is boos deur die Russe gekanselleer nadat 'n AmerikaanseU2-verkennings-(spioenasie)vliegtuig oor Russiese grondgebied afgeskiet is, en die vlieënier Gary Powers gevange geneem is. Ondanks die spanning, kan die presidentskap van Eisenhower steeds gesien word as 'n periode van relatiewe internasionale vrede en welvaart in Amerika.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Dwight-D-Eisenhower "Supreme commander",Encyclopædia Britannica: artikel oor Dwight D. Eisenhower, bl. 3 van 6. Laaste besoek op 21 Januarie 2007.

Literatuur

[wysig |wysig bron]
  • Ingrid Baraitre,Eisenhower en zijn generaals, België Lannoo-Tielt, 2008
  • Michael Korda,Ike. An American Hero, New York: Harper, 2007
  • Melvyn P. Leffler:For the Soul of Mankind: The United States, the Soviet Union and the Cold War. Hill and Wang, New York 2007
  1. George Washington (1789–1797)
  2. John Adams (1797–1801)
  3. Thomas Jefferson (1801–1809)
  4. James Madison (1809–1817)
  5. James Monroe (1817–1825)
  6. John Quincy Adams (1825–1829)
  7. Andrew Jackson (1829–1837)
  8. Martin Van Buren (1837–1841)
  9. William Henry Harrison (1841)
  10. John Tyler (1841–1845)
  11. James K. Polk (1845–1849)
  12. Zachary Taylor (1849–1850)
  13. Millard Fillmore (1850–1853)
  14. Franklin Pierce (1853–1857)
  15. James Buchanan (1857–1861)
  16. Abraham Lincoln (1861–1865)
  17. Andrew Johnson (1865–1869)
  18. Ulysses S. Grant (1869–1877)
  19. Rutherford B. Hayes (1877–1881)
  20. James Garfield (1881)
  21. Chester A. Arthur (1881–1885)
  22. Grover Cleveland (1885–1889)
  23. Benjamin Harrison (1889–1893)
  24. Grover Cleveland (1893–1897)
  25. William McKinley (1897–1901)
  26. Theodore Roosevelt (1901–1909)
  27. William Howard Taft (1909–1913)
  28. Woodrow Wilson (1913–1921)
  29. Warren G. Harding (1921–1923)
  30. Calvin Coolidge (1923–1929)
  31. Herbert Hoover (1929–1933)
  32. Franklin D. Roosevelt (1933–1945)
  33. Harry S. Truman (1945–1953)
  34. Dwight D. Eisenhower (1953–1961)
  35. John F. Kennedy (1961–1963)
  36. Lyndon B. Johnson (1963–1969)
  37. Richard Nixon (1969–1974)
  38. Gerald Ford (1974–1977)
  39. Jimmy Carter (1977–1981)
  40. Ronald Reagan (1981–1989)
  41. George H.W. Bush (1989–1993)
  42. Bill Clinton (1993–2001)
  43. George W. Bush (2001–2009)
  44. Barack Obama (2009–2017)
  45. Donald Trump (2017–2021)
  46. Joe Biden (2021–2025)
  47. Donald Trump (2025–)
Seël van die President van die Verenigde State van Amerika
1927–1950
1951–1975
1976–2000
2001–hede
Internasionaal
Nasionaal
Akademie
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Dwight_D._Eisenhower&oldid=2840627"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp