Dit het die hoogste getal van dollarmiljoenêrs van enige Suid-Afrikaanse stad; die getal het tussen 2000 en 2014 met 200 persent gestyg.[5] In Mei 2015 is Durban amptelik erken as een van die New7Wonders-stede, saam metVigan,Doha,La Paz,Havana,Beiroet enKuala Lumpur.[6] Volgens 'n 2018-studie deur Mercer oor die lewenskwaliteit in 231 stede regoor die wêreld het Durban die 89ste plek verwerf, die tweede beste in Afrika net naMauritius sePort Louis.[7]
Etimologie
In 1824 is Durban gestig, toe die nedersetting aan die noordelike oewer van die baai by Farewell Square gestig is.[8] Op 23 Junie 1835 het tydens 'n vergadering 35 Europese inwoners opHenry Francis Fynn se gebied besluit om 'n hoofstad te bou en dit "D'Urban" te noem naBenjamin D’Urban, die destydse goewerneur van dieKaapkolonie.[9] Tot sowat 1870 is die naam gespel asD’Urban.[10]
Die oorspronklike naam wasPort Natal, afgelei van diePortugese naamTerra do Natal – "land van die geboorte (vanJesus Christus)" – só genoem omdatVasco da Gama dié gebied opKersdag 1497 bereik het.[11]
Geografie en klimaat
Geografie
Ligging van Durban in KwaZulu-Natal langs die Indiese OseaanNasa-satellietbeeld van Durban
Die stad Durban beslaan 'n oppervlakte van 225,91 km², terwyl die metropolitaanse gebied van eThekwini 'n oppervlakte van 2 292 km² beslaan. Durban vorm die geografiese en politiese sentrum van die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit. Die metro word deur diedistriksmunisipaliteiteiLembe in die noorde,uMgungundlovu in die weste enUgu in die suide begrens en word deur vier rivierlope gekenmerk: net noord van Durban se Noordstrand mond dieUmgenirivier in die Indiese Oseaan uit, dieUmbilorivier vloei in dieDurban-hawe, in die verre suide bereik dieLovurivier tussenIllovo Beach enIllovo die see en nog verder suid mond dieUmkomaasrivier uit byUmkomaas.
Die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit is in 2011 gevorm en sedert 2016 behoort die noordwestelike deel van die voormaligeVulamehlo Plaaslike Munisipaliteit tot die eThekwini Metro, terwyl die suidoostelike deel byuMdoni Plaaslike Munisipaliteit ingelyf is. Die gebied rondomMapumulo behoort sedertdien tot eThekwini Metro.[12]
Durban is bekend vir sy gematigde, sonnigewinterklimaat. Die stad het 'n oorvloedplantegroei en 'n subtropiese klimaat met sonskyn vir ten minste 320 dae per jaar. Gedurende die wintermaande van Junie, Julie en Augustus bly temperature tussen 16 °C en 25 °C en in diesomer kan temperature 32 °C bereik met relatief hoëhumiditeit. Durban se klimaat word deur dieewenaarstroom van die Indiese Oseaan voortgebring, die Agulhasstroom, wat 'n bron van warm, helderblou water is wat suidwes deur dieMosambiekkanaal vloei. Seewatertemperature aan die kus vergelyk meer gunstig met dié van die Mediterreense gebied in die somer (gemiddeld 24 °C), maar in die winter val die kwik selde onder 19 °C — Durban is sodoende 10 °C warmer as die Mediterreense gebied in dieselfde seisoen.[13]
Bron: World Meteorological Organization[14] NOAA[15]
Geskiedenis
Die eerste spore van menslike aktiwiteit is rotstekeninge in die nabye Drakensberge en sowat 100 000 jaar oud. Hulle was vermoedelik jagter-versamelaars en is deurBantoevolke wat ná die suide migreer het, verdryf. Andersins is min oor die tydperk voor die aankoms van Europese koloniste bekend. Die gebied is voor die aankoms van dieEuropeërs deurNguni beheer wat later dieZoeloes sou word.
Portugese en Britse verkenning
Kaart van Durban in 1860 wat die geografiese hoofkenmerke aanduiStandbeeld van John Ross
Durban se natuurlike hawe is deur die ZoeloesThekwini ("Strandmeer") genoem. Op 24 Desember 1497 het 'n klein vloot van driePortugese skepe onder bevel vanVasco da Gama die Natalse kus verken. Oornag het die skepe in die windskadu van 'n landpunt voor anker gelê – moontlik was dit die Bluff. Na aanleiding van die datum – die volgende dag wasKersdag of 25 Desember – het Da Gama die gebiedTerra do Natal genoem. Of die Portugese hier voet aan wal gesit het om varswater in te skeep is onbekend. Dit is egter onwaarskynlik aangesien die historiese bronne vermeld dat hulle drie dae later by die monding van dieLimpoporivier aan land gestap het.[16]
Na die baai is later verwys as Port Natal. Die Portugese het nie verder belang gestel in die baai wat deur wortelboommoerasse en digte bosse omring was nie; ook was daar reeds 'n geskikte hawe in die gebied van die huidige Mosambiekse hoofstad Maputo. In die volgende drie eeue het skepe van seerowers,ivoor- of slawehandelaars soms in Port Natal voor anker gelê. Daarnaas het die gebied as toevlugsoord vir Europese skipbreukelinge gedien.
In die vroeë 19de eeu was die gebied ná die vestiging van 'n Britse Kolonie aan die Kaap weer in fokus. Kaptein James King en luitenantFrancis George Farewell, albei eertydse offisiere van dieBritse Vloot tydens dieNapoleontiese Oorloë, was sakemanne met belange wat totDelagoabaai gestrek het. As een van die vennote vanThe Farewell Trading Company wat opgerig is om in Natal handel met ivoor te dryf, het Farewell in Junie 1823 saam met James Saunders King aan die maatskappy se eerste handelsekspedisie na Natal deelgeneem en aan boord van diebrikSalisbury na Natal vertrek. 'n Hewige seestorm het die bemanning genoodsaak om 'n beskermde ankerplek in die baai van Port Natal te vind. Die brik het uiteindelik by 'n eiland vasgemaak wat vervolgens sy naam sou dra. Die omliggende terrein is as die geskikte plek vir die vestiging van 'n permanente nedersetting geag.
In die volgende jaar het Farewell met 'n klein groep van dertig setlaars uit Kaapstad – onder wie twintigAfrikaners en tien Britte – en sy drieKhoikhoi-bediendes na Port Natal teruggekeer. Nog in dieselfde jaar is die toestemming van die ZoeloekoningShaka verkry om 'n handelspos te vestig wat as tussenstasie vir skepe op pad na Indië en as basis vir Farewell se ivoorhandel met die Zoeloes sou dien. Lewensomstandighede in die vroeë nedersetting, wat aan die baai se noordoewer naby die huidige Farewellplein ontstaan het, was moeilik. Toe Farewell se vrou in 1826 in Port Natal aangekom het, is sy in 'n eenvoudige rietdakskuur sonder vensters gehuisves.Geneesmiddels en ander benodigdhede was skaars. In 1827 is 'n ekspedisie na die Portugese nedersetting en seehawe in Delagoabaai gestuur. Onder leiding van John Ross, 'n vyftienjarige Skot, en in die begeleiding van ervare Zoeloes het die ekspedisie sy taak binne die kort tyd van drie weke bewerkstellig – wat gelykstaan aan 'n gemiddeld van meer as dertig myl per dag.
Farewell is in 1829 deur Zoeloekrygers vermoor, maar die nedersetting, wat hy gevestig het, het geleidelik begin groei en is in 1835 ter ere van die destydse goewerneur van dieKaapkolonie, sirBenjamin D'Urban, genoem.[17] In dieselfde jaar was daar dertig blanke manlike bewoners wat handel gedryf het met ivoor,seekoeitande,buffelvelle,vee enmielies.
Tydens dieGroot Trek hetPiet Retief Durban in 1837 bereik. In 1839 het dieVoortrekkers dieNatalia Republiek met die hoofstad inPietermaritzburg, 80 km noordwes van Durban, gestig. Piet Retief en sy delegasie wou met die ZoeloekoningDingaan oor grond onderhandel, maar die koning het hulle laat vermoor. Dingaan het sy halfbroerShaka as koning opgevolg, maar was in teenstelling met hom egter vyandelik tenoor blankes gesind. Die moord op Piet Retief het tot spanning tussenBoere en Zoeloes gelei en in dieSlag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 geëindig, wat deur die Boeremagte gewen is. Aansluitend het die Boere die beheer oor Durban en die omliggende gebied oorgeneem.
Britse koloniale bewind
Die Britse kamp van Port Natal in 1842
Op 23 Mei 1842 het die Britte die Boere tydens dieBeleg van Congella verslaan en die stad, destyds met 'n bevolking van sowat 1 200, oorgeneem. In 1843 hetNatal 'n Britse kolonie geword en talle Britte het in Durban gevestig. Suikerrietplantasies is aangelê en suikerriet het die belangrikste uitvoer geword. Op 21 April 1854 word Durban as 'n dorp erken en kry sy eerste dorpsraad. Destyds het Durban 1204 blanke inwoners en op 15 Julie is dieNatalkolonie as 'n aparte kolonie met sy hoofstad in Pietermaritzburg gestig.[18]
Britse immigrasie
Uitsig oorSandy Bay enThe Point tot die Bluff-skiereiland in 1878)
Die Angel-Saksiese element in Natal se bevolking is versterk deur die sogenaamde Byrne-setlaars – enkele honderd immigrante uitEngeland,Skotland enIerland – wat in die tydperk tussen 1849 en 1851 op altesaam twintig skepe vanuit Groot-Brittanje en Ierland vertrek het en hulle in Durban en elders in die kolonie gevestig het. Hul immigrasie is volgens 'n skema georganiseer wat deur Joseph Charles Byrne, 'n boorling vanDublin, vanuit sy kantoor in Pall Mall East,Londen, bestuur is. Byrne seNatal Emigration and Colonization Office het voornemende Britse emigrante gewerf wat bepaalde beroepe soos boer, wamaker of smid moes uitoefen en aan hulle twintig akkers grond in Natal teen 'n prys van 5 sjieling per akker belowe.
Byrne het 'n opmeter en ingenieur, John Swales Moreland, as sy agent in Natal aangestel. Maar met die aankoms van die setlaars het dit geblyk dat beskikbarelandbougrond met 'n vrugbare laag bogrond en toegang tot voldoende water- en vuurhoutbronne – anders as wat verwag is – uiters skaars was. Verder was twintig akkers by verre nie voldoende vir lewensvatbareboerdery nie. Die setlaars het derhalwe elders grond teen bekostigbare pryse gekoop of hulle in een van die kolonie se jong nedersettings gevestig. Byrne se skema is in 1851 gestaak.[19]
Victoriaanse handel- en hawestad
Weststraat omstreeks 1900Belfast City Hall inNoord-Ierland was die inspirasie vir Stanley G. Hudson sesandsteen-raadsaal wat in 1910 voltooi is[20][21]Durban seVictoriaanse treinstasie – 'n statige rooi en witbaksteengebou waarMahatma Gandhi, Indiese advokaat met 'n Londense opleiding, op 7 Junie 1893 een van min treinreise in die geskiedenis begin het wat groot omwentelinge sou bring.[22] Minder dramaties, maar ewe interessant is 'n klein vergissing in die besige Londense argitektepraktyk wat die stasie ontwerp het en waar bouplanne blykbaar deurmekaar geraak het. So is die dak van Durban se stasie per ongeluk gebou volgens 'n plan wat eintlik virToronto inKanada bestem was – en kan tans, sou globale afkoeling dit ooit vereis, die las van vyf meter sesneeu dra. Die Toronto-stasie se dak, wat aan die vereistes van Durban se klimaat voldoen het, het met die eerste hewige sneeuval ineengestort[23]
Die halfeeu tussen 1860 en die stigting van dieUnie van Suid-Afrika in 1910 was 'n beslissende periode in Durban se geskiedenis waartydens die bevolking van sowat 8 000 tot 115 000 gegroei het (insluitend nedersettings in die omgewing). Groot dele van Durban is herbou en ontwikkel om in die behoeftes van 'n Victoriaanse handel- en hawestad te voorsien. Belangrike prestasies was die voorsiening van water en riolering ('n geleidelike proses wat vanaf 1860 tot die 1890's voortgeduur het), gas en elektrisiteit. Strate en paaie is opgemeet en van 'n permanente oppervlakte voorsien.[24]
Vanaf die 1870's het grootskaalse suikerplantasies, wat langs die Natalse kus ontstaan het, bygedra tot Durban se ekonomiese welvaart, net soos die ontdekking vangoud in Johannesburg in 1886 die uitbou van Durban se hawegeriewe aangedryf het. Die toevloei van Britse kapitaal en immigrante is weerspieël in Durban se Victoriaanse boukuns wat ook vandag steeds bydra tot die middestad se Europees-Britse karakter.
Nuwe residensiële buurte soosBerea het op hoër geleë terrein ontstaan waar 'n aangename seebries waai. Laer geleë terreine is gedreineer en van die see geskei, terwyl trems die stad vanaf 1902 van 'n vroeë openbare vervoernetwerk voorsien het. Die vestiging van 'n goudmynbedryf aan dieWitwatersrand het bygedra tot Durban se ekonomiese vooruitgang as hawestad. In 1904 is die uitbou van Durbanbaai tot 'n veilige diepwaterhawe voltooi. Opvallend in vergelyking met ander stedelike nedersettings in Suid-Afrika was die ruimtelike nabyheid van swart woonbuurte. Hulle het binne loopafstand van die middestad in die noord- en suidweste ontstaan. Hulle is doelgerig beplan as huisvesting vir mans wat Durban se dokke, spoorweë en fabrieke van mannekrag voorsien het. Welvarende blanke huishoudings het op manlike bediendes gesteun. Vroue het aanvanklik net 'n klein persentasie van die stedelike swart bevolking verteenwoordig.
Spoorweë
Uitsig vanThe Point, ca. 1885
In 1860 is Suid-Afrika se eerste spoorlyn deur dieNatal Railway Company in Durban tussen die hawe en die binnestad in diens gestel. Hierdie spoorlyn is in 1876 deur dieNatal Government Railways (NGR) oorgeneem. Met die bou van die NGR se spoornetwerk vorder die ekonomie van Natal, veral die uitvoer van suiker. Met die ontdekking vandiamante inGriekwaland-Wes in 1868 en veral met die ontdekking van goud op die Witwatersrand in 1886 is die spoornetwerk uitgebrei om die gebiede toegang te gee aan Durban-hawe. Met die voltooiing van die spoorlyn totGermiston in 1895 is Durban met die Witwatersrand en ook met die res van die spoornetwerk inSuider-Afrika verbind.[25]
Nadat die spoorlyn Noord-Natal in 1889 bereik het, was dit maklik omsteenkool vanafDundee na Durban te vervoer en Durban-hawe word 'n belangrike brandstofaanvullingplek vir stoomskepe.[26] Tot die opening van dieSuezkanaal in 1869 was Durban die laaste Britse hawe in Afrika van Engeland onderweg naBrits-Indië en het dus as "laaste seehawe van dieBritse Ryk" bekend gestaan.
Met die voltooiing van 'n spoorwegverbinding met Johannesburg as die grootste en welvarendste buitepos van Britse beskawing in Suider-Afrika het stoomtreine vanaf 1890 naas mineraalvrag nog iets waardevols na Durban geneem – die eerste Victoriaanse toeriste uit die Goudstad wat in die Natalse seeklimaat kom ontspan het.
Duitse en Indiese immigrasie
Stigterslede van dieNatalse Indiër Kongres in 1895; Mahatma Gandhi in die agterste ry, vierde van links.'n Kaart van die Hermannsburgse sending in NatalIndiese werkers bereik Suid-Afrika in Durban (Onbekende datum, maar nog voor dieEerste Wêreldoorlog)
Rondom 1850 het veral twee groepeDuitsers in Natal gevestig: die Bergtheil-Koloniste en die Hermannsburgse Sendelinge. Veral verskeiekerkgeboue en verskeie Duitse vanne in die hedendaagse gebied getuig daarvan.
Kort ná die Britse anneksasie van Natal is in die vroeë 1840's pogings aangewend om 'n plaaslikekatoenbedryf te vestig en 'n eie onderneming opgerig om die doel te bereik, dieNatal Cotton Company. Een van sy direkteurs, Jonas Bergtheil, het naDuitsland gereis om immigrante te werf wat bereid sou wees om katoen in die kolonie te verbou. Natal was vir voornemende Duitse immigrante 'n minder aantreklike bestemming, maar uiteindelik het Bergtheil die belangstelling gewek van 'n groepDuitsers in Bramsche, 'n nedersetting in dieOsnabrücker Land-streek van die destydse Koninkryk Hannover (tans in die deelstaatNedersakse geleë), wat bereid was om hulle hier te vestig.
Die Bergtheil-setlaars het inNew Germany, 'n nedersetting net buite die destydse Port Natal, met katoen begin boer, maar pogings om die gewas kommersieel te verbou het misluk. Sommige van die Duitse immigrante het in plaas daarvan metgroente begin boer waarvoor die groeiende hawestad 'n geskikte mark was. DieNatal Cotton Company is vervolgens ontbind, en baie van die Duitse koloniste het hulle verder landinwaarts in Pietermaritzburg en in die omgewing vanNew Hanover gevestig.
Die aanwesigheid van die Bergtheil-setlaars in Natal en die inset van hul pastoor, Sendeling Posselt van dieBerlynse Sendinggenootskap, was die aanleiding vir die eerste groep van Duitse Hermannsburg-sendelinge se besluit om hulle in Natal te vestig nadat hulle toegang totEthiopië geweier is.[27]
In die laat 19de eeu arriveer duisende Indiese landarbeiders in die besige stad se plantasies en hulle nakomelinge vorm vandag die belangrike Indiese element van die plaaslike bevolking. Tydens sy verblyf in Suid-Afrika tussen 1893 en 1915 werk die Indiese politikus Mahatma Gandhi vir 'n lang tydperk as 'nadvokaat in Durban. Hier het hy dieNatalse Indiër Kongres (NIK) gestig, wat later met die ANC sou saamsmelt. In 1915 het Gandhi na Indië teruggekeer en by dieIndian National Congress (INC) aangesluit.
Van 12 Oktober tot 5 November 1908 vind die eerste byeenkoms van dieNasionale Konvensie onder die leierskap vanLord Henry de Villiers in Durban plaas. Die doel van hierdie konvensie is om 'n ooreenkoms van óf 'n unie óf 'nfederasie van vier Britse kolonies te maak. Die tweede byeenkoms vind in Kaapstad plaas en op 31 Mei 1910 is die Unie van Suid-Afrika gestig.[29]
In 1935 kry Durbanstadstatus.[18] Die stadsgrense is al drie jaar vroeër nuut getrek toe 'n aantal voorstede by Durban ingesluit is.
Met die implementering van dieApartheidwette in Suid-Afrika in 1950 het ook Durban se nie-Blankes gedwonge verskuiwings uit die middestad in die gesig gestaar en hulle is veral na voorstede soos Umlazi verplaas. Ontspanningsgeriewe soos strande is eweneens deur diskriminerende wetgewing geraak. Vir swart bewoners was daar op tye nouliks plek om 'n handdoek op die strand neer te sit – slegs 650 m se strand was toeganklik vir hulle, ongeag die feit dat 46 persent van die stedelike bevolking in die laat 1980's swart was. Die blanke bevolking, wie se aandeel sowat 22 persent beloop het, het eksklusiewe toegang gehad tot meer as twee kilometer van die beste sandstrande.[30]
Durban in die nuwe Suid-Afrika
Kaart van Durban
Met die einde van apartheid na dieeerste vrye verkiesings in 1994 is nie-Blankes weer toegelaat om in die binnestad te vestig. Hulle vorm sedertdien die grootste bevolkingsgroep met Zoeloe as belangrikste huistaal, terwyl die blanke bevolking as gevolg van uitmigrasie na die snel groeiende voorstede en emigrasie na oorsese bestemmings merkbaar afgeneem het. Met die demokratiese ontwikkeling in Suid-Afrika het grootskaalse sosio-demografiese ontwikkelinge gepaard gegaan. Die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit is in 1994 gestig enSipho Ngwenya het die eerste swart burgemeester geword. Soos in die Johannesburgse voorstadSandton het besighede hul kantore na die Durbanse voorstad en nuwe sakedistrikUmhlanga verskuif.
Durban het ook al verskeie kere as spilpunt van internasionale organisasies opgetree, waarvan Suid-Afrika 'n lidland is enSuid-Afrikaanse presidente hul eweknieë vir vergaderings genooi het. Vanaf 2 tot 3 September 1998 het Durban as gasheerstad vir dieBeweging van Onverbonde Lande se 12de vergadering onder leierskap vanNelson Mandela gedien. Tussen 12 en 14 November 1999 is hier dieBritse Statebond se 16de Staatshoofdevergadering deurThabo Mbeki aangebied. Op 9 Julie 2002 is dieAfrika-unie in Durban gestig met Thabo Mbeki as eerste president. Vanaf 28 November tot 9 Desember 2011 het hier die17de Verenigde Nasies se Klimaatberaad plaasgevind.[31] Tussen 26 en 27 Maart 2013 was Durban die gasheerstad vir die vyfdeBRICS-spitsberaad onder leierskap vanJacob Zuma.
Durban is oorPaasfees 2019 deur swaar oorstromings geraak, met 70 sterftes en sowat R650 000 000 se skade tot gevolg.[32][33]
Kuns en kultuur
DieHulett Manor House (voltooi in 1905 as woning vir die suikermagnaat Sir James Liege Hulett, 1838–1928), ook bekend as Môrewag, is 'n voorbeeld van Britse Neobarok-boukuns in Berea. Dit huisves tans kantore
Durban het 'n ryk kultuur met 'n gemengde inheemse Suid-Afrikaanse en Indiese invloed. Die stad staan bekend vir sy Indiese kookkuns met al diespeserye gemeng met tradisionele Zoeloe-kookkuns. 'n Bekende voorbeeld vir Indiese kookkuns in Durban isBunny chow, 'n eg Suid-Afrikaanse wegneemete.
Musiek
Rockmusiek
Aangesien Durban hoofsaaklik 'nEngelssprekende streek is, is daar talle wit rockgroepe wat invloed vanuit dieVerenigde State enEuropa trek, nes vele ander groepe in die res van die land.Urban Creep was baanbrekers in die invoer van die sogenaamde "Durban-gevoel" in hul musiek.[34] In die afgelope jare het rockgroepe hul musiek professioneel begin produseer, wat tot die voortbrag van vele ateljeevervaardigde gehaltealbums gelei het.[34]
Boukuns
Unie-tydperk: Berea-styl en Art Deco
DieEnterprise Building in Aliwalstraat (tans Samora Machelstraat[35]) was die eersteArt Deco-gebou in Durban wat in 1931 volgens 'n ontwerp van Ritchie Mckinley ontstaan het. Die straatfasade is met Romeinsefasces (bondels saamgebinde roedes) versier
Gedurende die tydperk tussen die twee wêreldoorloë het argitekte in Durban hulle begin losmaak van die voorheen oorheersende tradisionele ontwerpe wat sterk deur Britse boumeesters beïnvloed is. Klassieke stylelemente is steeds ingespan, maar beter aangepas aan die Suid-Afrikaanse konteks en die warmer klimaat. Nuwe boumateriale het hulle verskyning in die Durbanseargitektuur gemaak – waaronder kleidakteëls,bakstene en kleivloerteëls. Dikwels is geboue van pleisterversierings en kolonnades volgens die klassieke styl voorsien.
'n Eie plaaslike styl, die Berea-styl, het in die Uniejare na vore gekom. In hierdie styl is invloede uit die Spaanse argitektuur, dieInternasionale Styl enArt Deco-elemente met mekaar versmelt. Durban se vooruitstrewende Indiese gemeenskap het sy eie vormtaal gevind vir sakegeboue met gemengde gebruik. Belangrike stylelemente was kolonnades, booggalerye en klassieke suile.[36]
Durban se benadering van die boustyle vir openbare geboue was tradisioneel behoudend. Die vroeë 1930's was nogtans 'n periode van vernuwing op baie terreine. In die Unie van Suid-Afrika se buitelandse beleid het die kwessie van dominiumstatus sentraal gestaan. Die eerste ministerBarry Hertzog het tydensBritse Rykskonferensies daarop gedring dat Suid-Afrika se onafhanklikheid binne dieBritse Gemenebes, wat met die Statuut van Westminster in 1931 verkry is, verder gedefinieer moes word. Durbaniete het begin om hul lojaliteit aan dieVerenigde Koninkryk as moederland en die Suid-Afrikaanse regering, waarin Afrikaners as die groter van die twee blanke volksgroepe 'n oorheersende rol begin speel het, teen mekaar op te weeg. Die oplossing was om 'n eie identiteit te vind wat die stad se maritieme agtergrond sou weerspieël.
In terme van argitektuur is die nuwe tydsgees van 'n eie nasionale en tegelykertyd Durbanse identiteit vertolk deur die nuwe Art Deco-styl. Talle veelverdiepinggeboue, veral woonstelblokke, is in dié styl ontwerp. Durban seMoslem-handelaars het die Art Deco-geboue, wat hulle in Prins Edwardstraat laat oprig het, aangepas met stylelemente wat hul godsdienstige oortuigings weerspieël het. Die meeste ontwerpe vir Durbanse Art Deco-geboue is egter regstreeks aan Amerikaanse voorbeelde uit dié tyd ontleen en toon min inheemse variasies.
Ekonomie
Strandtoneel in UmhlangaDurban se binnestad
Die kusligging en die natuurlike hawe gee Durban 'n voordeel bo ander metropolitaanse gebiede in Suid-Afrika. Durban is die belangrikste nedersetting in die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit, die ekonomiese spilpunt van KwaZulu-Natal. Handel en nywerhede het bygedra tot Durban se ontwikkeling. Die stad het tot die tweede belangrikste ekonomiese spilpunt van Suid-Afrika naGauteng gegroei. Durban se ekonomie behels veralnywerhede,handel,logistiek, finansiële en regeringsinstellings asooktoerisme. Naas die produserende bedryf is in die omgewing van Durban veral landbou met vee soosskape enbeeste belangrik. Die stad se langstrande, warm klimaat en tradisionele Zoeloe-Riksjas is veral by toeriste gewild.
In die jare ná die eerste demokratiese verkiesing in 1994 het groot getalle swartes hulle in die stadsgebied kom vestig – 'n proses wat net soos in Johannesburg met stedelike verval van die tradisionele sakesentrum gepaard gegaan het. Talle besighede het begin om hul kantore na die Durbanse voorstad Umhlanga te verskuif wat intussen net soos Sandton in Noord-Johannesburg as Durban se nuwe sakekern dien.[37] Umhlanga huisves dieKoning Shaka Internasionale Lughawe wat in 2010 geopen is.
Volgens die laaste sensus van 2011 het Durban 'nwerkloosheidsyfer van 30,2% gehad, 'n daling teenoor die 43% van 2001. Sowat 60% van die bevolking is vandrinkwater uit krane voorsien, 9% meer as in 2001. Amper 90% van die bevolking het toegang totelektrisiteit gehad, 'n styging van 10% sedert 2001.[38]
Infrastruktuur
Die stad beskik oor 'n internasionale lughawe, Koning Shaka Internasionale Lughawe, terwyl daar ook spoorverbindings met Gauteng is. Die stad is ook verbind metPort Elizabeth en dieNoordkus met dieN2-nasionale pad, terwyl dieN3-nasionale pad hier begin en in Johannesburg eindig. Die twee nasionale paaie kruis mekaar by die "EB Cloete-wisselaar" inWestville. Die N2 tussen Durban enKaapstad is sowat 1 600 km lank,Pretoria is sowat 620 km noordwes en Johannesburg sowat 570 km.
Die Koning Shaka Internasionale Lughawe bedien Durban en is in die voorstadLa Mercy geleë, sowat 35 km noord van die binnestad. Dié lughawe is op 1 Mei 2010, net voor dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010, geopen en het die Durban Internasionale Lughawe net suid van die binnestad vervang. Dit maak deel uit van die "Goue Driehoek" van Suid-Afrika, saam met dieKaapstad Internasionale Lughawe en dieO.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg. Dit is die negende besigste lughawe in Afrika en die derde besigste in Suid-Afrika, volgens data in 2016.[39]
In die noorde van Durban is die Virginia Lughawe langs die kus geleë. DieLugmagbasis Durban van dieSuid-Afrikaanse Lugmag is suid van die stad geleë. Dit het oorspronklik deel uitgemaak van Durban se ou Internasionale Lughawe.
Seehawe
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Durban-hawe.
Durban-hawe se houerterminaal is die besigste in Afrika
Die Durban-hawe is die grootste en besigste hawe in Afrika en is aan groot internasionale skeepsroetes geleë.[41] Durban is een van min natuurlike hawens tussen die tradisionele mededingers van Maputo en Port Elizabeth. Dit is Suid-Afrika se grootste houerhawe en huisves die vierde grootste houerterminaal in dieSuidelike Halfrond. Durban se seehawe bedien Suid-Afrika tot by Gauteng asookLesotho. Sedert die einde van die Mosambiekse Burgeroorlog het veral Maputo se hawe 'n sterk mededinger vir Durban s'n geword.
Die Durban-hawe huisves ook die Vlootbasis Durban van dieSuid-Afrikaanse Vloot. In 2007 het adjunkadmiraal Refiloe Mudimu die verskuiwing van die vlootbasis aangekondig, reeds in 1994 is met die vermindering van gewapende magte begin. In 2013 is hierdie militêre installasies egter heropen, nadat Suid-Afrika sy deelname by die bestryding van seerowery langs die Mosambiekse kus aangekondig het. Dit is reeds in 2012 deur die destydse Minister van Verdediging en Militêre Veterane,Lindiwe Sisulu, aangekondig.
Terwyl Europese rederye steeds meer belangstelling toon om van Kaapstad een van die bestemmings op die seeroetes van hul plesierbote te maak, doen passasierskepe met Europese en Suid-Afrikaanse toeriste ook elke jaar in Durban se hawe aan, insluitende sommige van die wêreld se grootstes, soos dieRMS Queen Mary 2.[42]
Goue Myl-promenade
Durban se Goue Myl
Durban se Goue Myl – met 'n reeks sandstrande – strek oor 'n afstand van ses kilometer vanaf die Umgenirivier in die noorde tot Durban-punt (Durban Point) en Suidstrand (South Beach) in die suide. Net oos van die middestad het veral in die 1970's toringblokke met hotelle en toeristewoonstelle ontstaan vir blanke Suid-Afrikaanse besoekers wie se belangstelling in die algemeen tot die strandlewe beperk was. Die oopstelling van Durban se strande in 1989 aan alle etniese groepe het behoudende blanke Suid-Afrikaners na ander bestemmings soos Kaapstad laat uitwyk, terwyl die Goue Myl-strand en -promenade oorlaai was met besoekers. Hoë misdaadvlakke het aan die promenade die bynaamMugger's Mile besorg, maar tydens die aanloop tot dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 is pogings aangewend om die promenade veiliger en voetgangervriendelik te maak.
'n Meer onlangse projek, dieDurban Point Waterfront Development, is 'n gesamentlike onderneming van die eThekwini-munisipaliteit enROC Point (Pty) Ltd (waarvan die meerderheid aandele in besit van dieMaleisiese ondernemingUEM Sunrise Berhad is). Dit behels die opgradering van Durban se strandpromenade en die oprigting van moderne glas-en-staal-wolkekrabbers naby Durban Point.[43]
Durban is 'n etnies gemengde stad met kulturele rykdom van gemengdegodsdienste en tradisies. Zoeloes vorm die grootste etniese groep. Durban huisves 'n groot aantalAnglo-Afrikane en die meesteIndiërs in 'n enkele stad buite Indië. Indiërs het 'n groot invloed op die Durbansekookkuns,kultuur engodsdiens.[44]
Volgens die sensus van 2011 het Durban 'n bevolking van 595 061, van wie 15,3 persentblankes, 51,1 persentswartes, 8,6 persentbruines en 24 persentAsiërs was. Die inwoners van Durban word Durbaniete genoem.[45]
Engels is die belangrikste huistaal in die stad wat deur 49,8 persent van sy bewoners gebesig word. Die ander groot huistaal is Zoeloe (33,1 persent).Afrikaans word deur 3,6% van die bevolking gebesig.
Soos orals in Suid-Afrika bevat Durbantownships van die apartheidsera. Umlazi is die vierde grootste in Suid-Afrika (naSoweto,Tembisa enKatlehong) en die grootste in KwaZulu-Natal.[46]
Riverside Soefi-Moskee en Mausoleum in DurbanMoslems in Durban vierEid-oel-Fiter
Die eersteMoslems het Durban met die koms van Indiese kontrakarbeiders uitBrits-Indië tussen 1860 en 1868 bereik. DieJuma Masjid-moskee, in 1881 begin en in 1930 voltooi, is die eerstemoskee in Durban en die grootste moskee in dieSuidelike Halfrond. In 1911 is 152 641 Indiërs na Natal gebring.[49] Vandag is sowat 3,2% van dié stad se bevolking Moslems.
TalleJode het ywerig aan die stryd teenapartheid deelgeneem, onder meer tydens fakkeloptogte soos dié een in Durban in 1951, wat dieTorch Commando gereël het
Hoewel Durban se Joodse bevolking altyd betreklik klein was vergeleke met dié van Johannesburg en Kaapstad, het hulle deurgaans ’n belangrike rol in die stadslewe gespeel. Een van die stigters van Port Natal was Nathaniel Isaacs, wat hierheen gekom het as jong man in 1825. Belangrike bydraes tot die hawe se vroeë ontwikkeling is gelewer deurJonas Bergtheil en Daniel de Pass. Natal se eerste berit melih, vir die seun van die Durbaniet D.M. Kisch, is in 1876 uitgevoer deur eerw. S. Rapaport, wat vanafPort Elizabeth af gekom het vir die seremonie. ’n Joodse begraafplaas is in 1880 aangelê. Drie jaar later is die gemeente gestig en in 1884 is ’n gebou wat eens ’n Metodistekapel was in ’nsinagoge omskep, met Bernard Lipinski (oorlede in 1907) as die eerste president.
Wat munisipale regering betref, is uitsonderlike diens gelewer deur Felix. C. Hollander (1876–1955), wat Durban se burgemeester was van 1910–’13, lid van die Natalse provinsiale uitvoerende komitee (1914–’23 en 1926–’39), senator van 1939–’48 en hoof van die plaaslike Joodse gemeenskap. Charles Phineas Robinson (oorlede 1938) was lid van die Natalse wetgewer en later van die Unieparlement. Sy seun Albert was ook ’n parlementslid en was later hoëkommissaris inLonden van dieSentraal-Afrikaanse Federasie. Nog vooraanstaande Joodse Durbaniete was Philip Wartski (1853–1948) en Solomon Moshal (1894–1986).
Durban is minder beïnvloed deur immigrasie uitOos-Europa as ander Suid-Afrikaanse gemeenskappe, maar terselfdertyd het die plaaslikeJode ’n aktiewe gemeenskapslewe gehandhaaf. Daar was in 2004 drie Ortodokse en een Hervormde sinagoge, asook die gebruiklike gemeenskaps- en welsynsorganisasies. Die afname in die Joodse bevolking het in 1997 tot die sluiting van die stad se Joodse skool, Carmel College, gelei. In sy plek is die Akiva College in Umhlanga geopen wat onderrig bied aan leerders van gr. 1 tot gr. 12.[50]
Durban se Joodse Klub, die enigste instelling van sy soort in Suid-Afrika, het ’n belangrike rol gespeel in die gemeenskap se ontwikkeling. Die Raad vir KwaZulu-Natal seJodedom is ’n koördinerende liggaam wat ook optree as provinsiale kantoor van die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes. Sionistiese aktiwiteite staan onder leiding van die KwaZulu-Natalse Sionistiese Raad. In 2004 het Durban se Joodse afstammelinge sowat 2 750 getel.[51]
Durban huisves dieUniversiteit van KwaZulu-Natal (UKZN), wat in 2004 uit die samesmelting van KwaZulu-Natal se twee grootste onderwysinstellings, die Universiteit van Natal en die Universiteit van Durban-Westville ontstaan het. Veral die Universiteit van Durban-Westville was 'n belangrike sentrum van die anti-apartheidsbeweging. Daarbenewens huisves Durban ook 'n kampus van dieUniversiteit van Suid-Afrika. Ander instellings sluit in die Durban Universiteit van Tegnologie en die Mangosuthu Universiteit van Tegnologie.
Vanaf 1921 gebruik dieNatal University College (NUC) dieNatal Technical College se gebou om lesings in te gee. Die universiteitskollege wou hul eie kampus in Durban hê en TB Davis het £130 000 geskenk te ere van sy seun Howard wat in 1915 by dieSlag van die Somme tydens dieEerste Wêreldoorlog gesneuwel het. Die eerste gebou op die nuwe 20 ha kampus kry die naam "Howard College". In 1949 word NUC 'n onafhanklike universiteit met 'n kampus in Pietermaritzburg en die Howard College-kampus in Durban. In 1951 stig die universiteit sy mediese skool in Umbiloweg. Volgens dieUitgebreide Universiteitswet van 1959 mag net blanke studente die universiteit bywoon behalwe vir die mediese skool waar ook nie-blanke studente mag inskryf.[52]
Die voorstadWestville huisves dieDeutsche Schule Durban wat in 1971 gestig is en privaat befonds word. NaasDuits word ook onderrig in Afrikaans, Engels en Zoeloe aangebied, maar eers vanaf verskeie grade.
Durban seNatalse Haaie ding jaarliks in die Suid-AfrikaanseCurriebeker mee en hul tuiswedstryde word in die Kings Park-stadion aangebied. DieSharks verteenwoordig Natal tydens die jaarlikseSuperrugbyklubkampioenskap met hul tuiste Kings Park-stadion. DieDolfyne was KwaZulu-Natal se krieketspan tydens die Sunfoilreeks en die Curriebeker inkrieket met dieKingsmead-stadion as hul tuiste. Ná afloop van die 2020/21-seisoen is die span tydens 'n hervorming van Suid-Afrikaanse krieket ontbind.[53]
Durban bied jaarliks verskeie uithouvermoë-wedstryde soos dieComrades-maraton (tussen Pietermaritzburg en Durban) en dieDusi-kanowedvaart (op dieMsunduzi-rivier tussen Pietermaritzburg en Durban) aan. Suid-Afrika se voorsteruitersportwedren, die Durban Julie Handicap by die Greyville-renbaan, word jaarliks op die eerste Saterdag van Juliemaand gehuisves en is die grootste van sy soort in Afrika.
Durban was een van die gasheerstede vir dieRugbywêreldbeker 1995 en vyfrugbywedstryde is in dieKings Park-stadion gehou, waarvan drie groepwedstryde, een kwarteindstryd en een halfeindstryd. Vervolgens is in dié stadion tydens dieAfrikanasiesbeker 1996 vir drie groepwedstryde, een kwarteindstryd en een halfeindstryd beslis. Kingsmead-stadion is 'ntoetskrieketstadion en huisves gereeld internasionale krieketwedstryde van dieProteas, Suid-Afrika se nasionale krieketspan. Byvoorbeeld is vyf wedstryde tydens dieKrieketwêreldbeker 2003, waaronder twee groepwedstryde, een Super Ses-wedstryd en een halfeindstryd, asook nege wedstryde tydens dieT20I-wêreldbeker 2007, waaronder een halfeindstryd, hier gehou. Die Moses Mabhidastadion is ter geleentheid van die dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 opgerig en hier is ses groepwedstryde, een agtste eindstryd, een kwarteindstryd en een halfeindstryd aangebied. Dit is ook tydens dieAfrikanasiesbeker 2013 vir vier groepwedstryde, een kwarteindstryd en een halfeindstryd ingespan.
In September 2015 is Durban as gasheerstad vir die XXIIsteStatebondspele in 2022 aangewys,[54] maar moes in Maart 2017 weens die gebreek aan finansiële middels die rol as gasheer van die hand wys.[55] Aansluitend isBirmingham,Engeland, as nuwe gasheerstad aangewys.[56]
Besienswaardighede
Durban se stadsaal
DieDurban Botaniese Tuin is die grootstebotaniese tuin in Afrika en is in 1849 gestig. Dit het tydens die Britse bewind vir die bestudering van eksotiese plante gedien, dus is hier verskeie plante van regoor die wêreld versamel.[57]
DieJuma Masjid-moskee is die eerstemoskee wat in Durban opgerig is en die grootste moskee in die Suidelike Halfrond.
DieOld Fort is in 1842 deur kaptein Thomas Smith opgerig as beskerming vir die Britse hawe.
Pearl Dawn is die vierde hoogste gebou in Suid-Afrika en is in 2008 gebou.
↑18,018,1(en)"Durban".South African History Online. Durban Timeline 1497–1990.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2019. Besoek op30 September 2019.
↑(en) Mosques, Mawlanas and Muharram: Indian Islam in Colonial Natal, 1860–1910 Author(s): Goolam H. Vahed Source: Journal of Religion in Africa, Vol. 31, Fasc. 3 (Aug., 2001), bl. 305–335
(en) Mary Fitzpatrick u. a.:South Africa, Lesotho, Swaziland. Lonely Planet Publications, Victoria 2004, bl. 281–296,ISBN 1-74104-162-7.
(en) Bill Freund:Insiders and Outsiders. Indian Working Class of Durban, 1910–90. Social History of Africa. James Currey Publishers, Portsmouth NH 1995,ISBN 0-85255-616-0.
(en) Paul Maylam, Iain Edwards (Hrsg.):A People’s City. African Life in Twentieth-Century Durban. University of KwaZulu-Natal Press, Portsmouth NH 1996,ISBN 0-86980-916-4.
Leverton, B.J.: The Story of the Fynn Papers. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 11, nr. 2, Desember 1961
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband metDurban.