Dublin (Iers:Baile Átha Cliath [blʲaːˈklʲiəh]) is diehoofstad en grootste stad van dieRepubliek Ierland (Éire), geleë naby die middel vanIerland se oostelike kus, by die mond van dieLiffeyrivier in dieIerse See en in die middel van die provinsieLeinster. Die stad was sedert dieMiddeleeue altyd die hoofstad van dieLordskap en dieKoninkryk van Ierland. Tans is sowat 'n derde van die Ierse bevolking in Groter Dublin saamgetrek.
Dublin se geskiedenis strek terug tot in die vroeë9de eeu toeWikings een van hul grootste nedersettings buiteSkandinawië in die huidige stadsgebied gevestig het.[2] In die volgende eeue is die stad verskeie kere deur oorloë en ander gewapende konflikte geteister. In die 20ste eeu het Dublin tot 'n moderne hoofstad met 'n ryk kulturele lewe gegroei wat jaarliks deur miljoene toeriste besoek word.
Die stad se huidige naam is 'n Iers-Engelse afleiding van die oorspronklike Iers-Gaeliese naamDubh Linn (letterlik "Swart Vywer"). Die historiese Gaeliese skryfwyse was 'Duḃ Linn' of 'Duḃlinn', tog het die Franssprekende Noormanne die kolletjie weggelaat en die stadsnaam asDevelyn ofDublin gespel.
In moderne Iers word daar gewoonlik na Dublin as Baile Átha Cliath verwys (letterlik "Die nedersetting by die Riethekkiesdrif"). Hierdie naam is afgelei vanAth Cliathe (Áth Cliath), 'n klein Keltiese nedersetting wat aan die noordoewer van die Liffeyrivier geleë was. Sy naam het na die strategiese ligging van die dorp verwys – by die kruispunt van vier belangrike paaie en naby 'ndrif in die Liffeyrivier (geleë naby die huidige Heuston-stasie) wat destyds die enigste manier was om die rivier oor te steek.
Die naam Baile Átha Cliath is later gebruik om na 'n vroeë Christelikeklooster te verwys wat waarskynlik in die gebied van Aungierstraat op die erf van die huidigeRooms-Katolieke Sint-Valentynskerk bestaan het. Die lang Ierse naam word soms afgekort tot BÁC. In Ierse Engels word bewoners van die stad of die distrik Dublin dikwelsDubs genoem.
Die 18de eeu was 'n periode van voorspoed vir Dublin. As setel van 'n eie Ierse parlement en danksy die invloed van dielandadel het die stad veral in die tweede helfte van die 18de eeu ongekende groei beleef. Stygende pryse vir landbouprodukte het vir Protestantse landeienaars die finansiële middele verskaf om die groot pleine en statige stadhuise van Georgiaanse Dublin te bou. Omstreeks 1800 was Dublin die onbestrede tweede stad van dieBritse Ryk en een van die leidende stedelike nedersettings van sy tyd – kleiner asLonden,Wene of ander destydse keiserlike en koninklike hoofstede, maar nogtans een van die belangrikste stede wat tweede in rang na dié metropole gekom het.[3]
Die 19de eeu: Ekonomiese en politieke agteruitgang
In die dekades ná die Napoleontiese Oorloë het Europa, indertyd die sentrum van die ontwikkelde wêreld, 'n ongekende fase van ekonomiese groei en modernisering beleef. Die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland het as moederland van dienywerheidsomwenteling tot die magtigste moondheid in Europa ontwikkel – onder meer omdat sy staatsgebied die verwoestings van die oorlog gespaar gebly het. Meganisering en die vervanging van water- deur stoomkrag het net soos die bou van 'n spoorwegnetwerk en die invoering van stoomskepe op internasionale roetes industriële groei op die Britse Eilande verder aangewakker, net soos die beskikbaarheid van groot steenkool- en ysterertsreserwes. Die Britse kolonies het onverwerkte goedere verskaf en was daarnaas belangrike uitvoermarkte vir die Britse ekonomie. Die ekonomiese vooruitgang is in 'n snelle bevolkingsgroei en die opkoms van 'n nuwe sosiale klas van fabriekswerkers en 'n nuwe middelklas weerspieël.
Die hoek van Eden-kaai en O'Connell-brug omstreeks 1900
Maar terwyl Britte in dieVictoriaanse tydperk een van die vinnigste en omvattendste omwentelings in die geskiedenis van die mensdom beleef het en Groot-Brittanje tot die dinamiese sentrum van die wêreld ontwikkel het, is Ierland as die tweede element in die Verenigde Koninkryk nouliks deur hierdie gebeure geraak. Sy ekonomie het nog grotendeels op landbou gebaseer, en sy bevolking het as Rooms-Katolieke nie net 'n ander geloof aangehang as die res van die land nie, hulle was ook arm en ontnugter.
Nadat die regeringsetel volgens die Uniewet van 1800 na Westminster in Londen verskuif is, het Dublin in die 19de eeu 'n periode van politieke en ekonomiese agteruitgang beleef. Anders asBelfast inNoord-Ierland het die stad geen noemenswaardige rol in die nywerheidsomwenteling gespeel nie, maar dit was nogtans 'n belangrike administratiewe sentrum en 'n spilpunt van vervoer vir die grootste deel van Ierland. Aangesien die eiland nie oor beduidende steenkoolreserwes beskik nie (indertyd die belangrikste brandstof vir nywerhede en vervoer) en Dublin ook nooit tot 'n sentrum van skeepsbou ontwikkel het nie (een van die drywende kragte in die nywerheidsomwenteling in Groot-Brittanje en Noord-Ierland), het Belfast in hierdie tydperk danksy sy internasionale handelsbande, linnebedryf en skeepsbouwerwe vinniger gegroei as sy susterstad in die suide. Omstreeks 1900 het Belfast ook ten opsigte van sy inwonertal by Dublin verbygesteek.
Dublin beskik oor Ierland se enigstetoetskrieketveld, die Malahide Krieketklubterrein. Op 11–15 Mei 2018 is hierIerland se eerste toets teenPakistan gespeel.[4] 'n Ander bekende krieketveld in Dublin is die Castle Avenue-krieketveld, wat tydens die Krieketwêreldbeker 1999 vir een wedstryd ingespan is.