Die beeld hierbo bevat skakels waarop geklik kan word.Drie-eenheid
Die hele skepping en idee van genade betrek al drie Goddelike persone, sodat alle dinge "van die Vader", "deur die Seun" en "in die Heilige Gees" is.[3] Prof. Kobus Kok verduidelik die Drie-eenheid aan die hand van ’n appel wat bestaan uit ’n skil, die vleis van die appel en die stronk. Die drie verskillende dele is almal appel, maar het verskillende funksies en gestaltes.[4]
Teoloë glo die manifestasie van die Drie-eenheid word reeds aan die begin van dieBybel duidelik gemaak. InGenesis 1:1-3 word by die skepping van die hemel en die aarde gepraat van "God" en die "Gees van God"[5][6]. In die eerste vers word in dieHebreeuse Bybel die meervoudige naamwoordElohim gebruik. Dit dui op meer as twee.[7]
Die Bybel praat nêrens van die Drie-eenheid nie, maar die basis vir die ontwikkeling van die idee is in dieNuwe Testament gevind. Een van die belangrikste tekste wat op die Drie-eenheid dui, isMatteus 28:19: "Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees". Nog ’n Bybelgedeelte isJohannes 1:1-14 waar "die Woord" beskryf word. Dit toon weer die elemente van ’n drieledige God en hul ewige bestaan ("wat is en wat was en wat kom";Openbaring 1:8).
UitRomeine 8:9-11, waar gepraat word van die redding van verloste mense "deur sy Gees wat in julle woon", blyk duidelik die interafhanklikheid en interverwantskap tussen die Vader, Seun en Heilige Gees.
↑"John 1:1-4".Biblia.com (in Engels). Faithlife.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2017. Besoek op21 Julie 2017.
↑In Afrikaans kry ’n mens net enkel- en meervoud. "In Hebreeus kry ’n mens egter drie vorme: enkelvoud, tweeledig en meervoud. Die woord “Elohim” en die voornaamwoord “ons” is meervoudige vorme – definitief meer as twee.""Wat leer die Bybel ons omtrent die Drie-eenheid?"