Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Drenthe

Koördinate:52°55′N6°35′O / 52.917°N 6.583°O /52.917; 6.583
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Drenthe
Provinsie
Vlag van Drenthe
Vlag
Wapen van Drenthe
Wapen
Ligging van die provinsie Drenthe in Nederland
Ligging van die provinsie Drenthe in Nederland
Kaart van die provinsie Drenthe
Kaart van die provinsie Drenthe
Koördinate:52°55′N6°35′O / 52.917°N 6.583°O /52.917; 6.583
LandVlag van Nederland Nederland
HoofstadAssen
Grootste stadEmmen
Regering
 • KommissarisJetta Klijnsma (PvdA)
Oppervlak
 • Totaal2 680 km2 (1 030 vk. myl)
 • Land2 633 km2 (1 017 vk. myl)
 • Water48 km2 (19 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal502 051
 • Digtheid191/km2 (490/vk. myl)
 1 Januarie 2023
TydsoneUTC+01:00 (MET)
 • SomertydUTC+02:00 (MEST)
Webwerfwww.provincie.drenthe.nl
Hunebed naby Odoorn

Drenthe (Nedersaksies:Drenthe ofDrentie) is een van die 12provinsies vanNederland en is in die noordooste geleë. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 502 000 in 2023 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 2 680 km² met 'nbevolkingsdigtheid van 191 inwoners per km² land. Diehoofstad isAssen en die grootstestad isEmmen.

Drenthe grens in die suide aanOverijssel, in die weste aanFriesland, in die noorde aanGroningen, en in die ooste aanNedersakse (Duitsland).

In die provinsie word naasNederlands ookDrents gepraat, 'ndialek van dieNedersaksiese taal.

Drenthe het baie bosse,heide- enveengebiede. Byna al diehunebedde lê in die provinsie. Van die noorde tot die suidooste loop dieHondsrug, 'n glooiing in die landskap; die hoogste punt word gevind by die stad Emmen en meet 26,5meter.

Op29 Junie1904 is tweeveenlyke, nou bekend as diePaar van Weerdinge, hiernaby gevind.

Munisipaliteite

[wysig |wysig bron]

Drenthe bestaan sedert 1998 uit 12 munisipaliteite:

Kaart
Nrs.MunisipaliteiteInwoners
(2023)
1.Aa en Hunze26 000
2Assen69 000
3Borger-Odoorn26 000
4Coevorden36 000
5Emmen109 000
6Hoogeveen56 000
7Meppel35 000
8Midden-Drenthe34 000
9Noordenveld32 000
10Tynaarlo35 000
11Westerveld20 000
12De Wolden25 000

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,1Statistieken provincie Drenthe, AlleCijfers

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Drenthe&oldid=2645471"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp