’nDraaias ofrotasieas is die denkbeeldige as waarom ’n liggaam roteer. Dit is dus die versameling punte van ’n roterende voorwerp wat in rus is. Dié punte kan ook buite ’n liggaam lê; dit word ’n uitwendige draaias genoem.
Die term word veral virhemelliggame soosplanete,sterre enmane gebruik. Die plekke waar die draaias die oppervlak van die hemelliggaam kruis, word diepole genoem.
Die hoek tussen die draaias en die vlak waarteen ’n planeet om dieSon beweeg, bepaal dieseisoene. As die hoek klein is, is die verskille tussen die seisoene klein; as die hoek groot is, is die verskille ook groot.