Douglas F4D Skyray | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Douglas Aircraft Company |
Ontwerp deur | Ed Heinemann |
Nooiensvlug | 23 Januarie 1951 |
Bekendstelling | 1956 |
Onttrek | 1964 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruikers | Amerikaanse Vloot Amerikaanse Marinierskorps |
Vervaardig | 1950–1958 |
Aantal gebou | 442 |
Weergawes | Douglas F5D Skylancer |
DieDouglas F4D Skyray is 'n Amerikaanse straalaangedrewevegvliegtuig wat verskeie spoed en klim rekords opgestel het.Aërodinamiese toetse deurDuitsland tydens dieTweede Wêreldoorlog het die na-oorlogseAmerikaanse Vloot oortuig om die gebruik opvliegdekskepe van 'n deltavlerk vliegtuig te ondersoek. In 1947 hetDouglas Corporation die gebruik van hul model XF4D-1 voorgestel vir die doel. Die eerste prototipe het sy nooiensvlug voltooi op 23 Januarie 1951. Die XF4D-1 se vermoë was gou duidelik, die tweede prototipe het op 3 Oktober 1953 'n nuwe wêreld lugspoed rekord opgestel van 1211.7 km/h.
Aflewering aan dieAmerikaanse Vloot het in April 1956 begin aan 17 frontlinie en drie reserwe eenhede van dieAmerikaanse Marinierskorps. Die F4D-1 het 'n buitengewone klimvermoë gehad vir sy tyd. Op 22 en 23 Mei 1958 het Majoor Edward LeFaivre vyf wêreldrekords vir klim na hoogtes verbeter. Dit het tot gevolg gehad dat die Amerikaanse Vloot se VFAW-3 eenheid, gebaseer by die vloot se lughawe teNorth Island,Kalifornië, gevra is om deel te word van die Noord Amerikaanse Lugverdediging Beheerkantoor en te help met verdediging teen dieSowjetunie sebomwerpers.
DieSkyray is in 1964 uit diens gestel.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 1 |
Tipe motor | Straalmotor |
Vervaardiger | Pratt & Whitney J57-P-8P turbostraal metnabrander |
Kraglewering per motor | 6 577 kg stukrag |
Vlerkspan | 10,21 m |
Lengte | 13,93 m |
Hoogte | 3,96 m |
Vlerkoppervlakte | 51,75 m2 |
Maks. opstygmassa | 11 340 kg |
Maks. snelheid | 1 162 km/h |
Operasionele hoogte | 16 765m |
Togafstand | 1 931km |
Klimvermoë | 5 580 m per minuut |
Bewapening | Vier 20 mm kanonne bomme van 1814 kg onder vlerke |