Fjodor Dostojefski |
---|
 |
Gebore | Fjodor Michailowitsj Dostojefski 11 November1821
|
---|
Sterf | 9 Februarie 1881 (op 59)
|
---|
Nasionaliteit | Rusland |
---|
Beroep | Romanskrywer, kortverhaalskrywer, essayis, joernalis en filosoof |
---|
Bekend vir | Die Idioot Misdaad en Straf Bose Geeste |
---|
Eggenoot | Maria Dmitriyewna Isaewa (1857–1864, haar dood) Anna Grigoryewna Snitkina (1867–1881, sy dood) |
---|
Kinders | Sonya (1868) Lyubof (1869–1926) Fyodor (1871–1922) Alexey (1875–1878) |
---|
Handtekening |
---|
 |
Fjodor Michailowitsj Dostojéfski (Russies: Фёдор Михайлович Достоевский, wetenskapliketransliterasieFëdor Michajlovič Dostoevskij; *11 November1821 inMoskou,Russiese Ryk, tansRusland; †9 Februarie1881 inSint Petersburg) was 'n Russiese skrywer vanfiksie. Van sy bekendste werke sluit inDie Idioot (Russies: Идиот),Misdaad en Straf (Преступление и наказание, Prestoeplenije i Nakazanije) enBose Geeste (Бесы). Hierdie werke het 'n blywende uitwerking op intellektuele denke en die wêreldletterkunde gehad.
Dostojefski se vader het afgestam van 'n familie wat eens tot die ou, maar kleinLitauseadel behoort het. Sy oupa was 'npriester in dieRussies-Ortodokse Kerk in die SlowaakseBratislava. Omstreeks 1818 besluit sy vader om naMoskou te trek en medies te studeer. Sy moeder het as koopmansdogter 'n bogemiddelde opvoeding gehad.
In 1821 verhuis die gesin na die Marinski-hospitaal vir armes, 'nfilantropiese instelling waar hulle gaan woon het en waar Dostojefski, een van sewe kinders, gebore is. Hy het in 'n gesin met private personeel opgegroei. In 1831 het Dostojefski sr. 'n vervalle dorpie gekoop met honderd manlikelyfeienes, onder meer om sy gesin in die somer vars lug en vryheid te bied. Terug tuis moes Dostojefski hard studeer. Sy pa het hom self inLatyn onderrig.
In 1837 het die gesin naSint Petersburg vertrek. By die nuwe skool het die seuns gesien hoe ryk kinders bevoorreg word. Fyodor het sy ma op die ouderdom van sestien aantuberkulose verloor. Hy moes na die militêre akademie gaan, wat hy drie jaar lank verafsku het. Twee jaar nadat Dostojewski uit die diens tree, is sy pa uit wraak deur 'n groep van sy slawe vir sy mishandeling van hulle vermoor. Dit het by Dostojewski 'n groot skuldgevoel veroorsaak: hy het dikwels sy opvlieënde, norse en agterdogtige vader dood gewens.
Na opleiding aan die St. PetersburgMilitêre Ingenieurswese Skool, het Dostojewski as tekenaar by die St. Petersburg Ingenieurskorps aangesluit. Hy is 'n jaar later afgedank, hy begin toe om werke vanHonoré de Balzac en George Sand te vertaal. Hy is as offisier aangewys, maar in 1844 het hy bedank om hom geheel en al aan skryf te wy.
Sy eerste roman, Arm mense, wat in 1845 gepubliseer is, was 'n onmiddellike sukses. Kort daarna skryf hy 'n tweede roman, Die Dubbelganger, wat in 1846 verskyn het.
In die middel van die19de eeu hetLyfeienskap nog in Rusland bestaan. Dostojewski se teenwoordigheid in 1849 by 'n vergadering van die sosialistiese Petraevsky-groep wat die afskaffing van daardie stelsel bepleit het, is deur een van dietsaar se agente opgemerk. Op 23 April 1849 is hy gearresteer en deur vuurpeloton ter dood veroordeel. Net voor die tyd van teregstelling, moontlik 'n skynteregstelling, is hy begenadig en eerder 'n straf van vier jaar dwangarbeid inSiberië gegee. 'n Aantal van sy boeke getuig van die gruwels wat hy in die arbeidskampe ervaar het.
Dostojewski het sy Siberiese jare gebruik om dieChristendom vanuit 'nateïstiese oogpunt te ondersoek. DieNuwe Testament was die enigste literatuur wat hy daar tot sy beskikking gehad het, en uiteindelik versoen hy homself met die Christelike gelooof. Hy het later geskryf: My hosanna kom uit die smeltkroes van twyfel.
In 1854 was sy dwangarbeid verby en moes hy as gewone soldaat diensplig doen. Daarna is hy nog vir etlike jare na Semipalatinsk verban. In daardie tyd is Tsaar Nicholas I se vrou oorlede, en nadat hy 'n ode aan haar geskryf het, is hy bevorder tot onderoffisier. In 1857 trou hy met Maria Isaeva. In April 1858 is hy op mediese gronde uit militêre diens ontslaan. Hy het hom eers in Tver in Wes-Rusland gevestig. In 1859 is hy toegelaat om na Sint Petersburg terug te keer. Van toe af het sy literêre loopbaan momentum gekry.
In 1861 is Lyfeienskap deurAlexander II afgeskaf.
Romans:
Korte verhale en novelle:
- 'n Roman in nege brieve (1846)
- Meneer Progchartsyn (1846)
- Die hospita (1847)
- Polzoenkov (1848)
- 'n Skugtere hart (1848)
- 'n Eerlike dief (1848)
- Die kerstfees en die bruilof (1848)
- Die vrou van 'n ander en die man onder die bed (1848)
- Witte nagte (1848)
- 'n Kleine held (1849)
- 'n Nare geskiedenis (1862)
- Die krokodil (1865)
- Bobok (1873)
- Die seun wat op kersaand by Christus was (1876)
- Die boer Marej (1876)
- Die sagmoedige, oorspronklike titelKrotkaja (1876) (ookKlaagsang om 'n Sagmoedige, soos vertaal deurBartho Smit, 1966 Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg).
- Die droom van 'n belagelike mens (1877)
Die laatste vyf verhale is ook onderdeel vanDagboek van 'n skrywer.
Non-fiksie:
- Winterse opmerkinge oor somerse indrukke (1863)
- Dagboek van 'n skrywer (1873–1880)
- Briewe