Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Doodstraf

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

   Handhaaf die doodstraf in beide die wet en praktyk (53 lande)

   In die praktyk afgeskaf (geen teregstellings in meer as tien jaar en onder 'n moratorium nie, 24 lande)

   In die wet afgeskaf, behalwe onder buitengewone omstandighede soos tydens oorlog (sewe lande)

   Volledig afgeskaf (111 lande)

Die termdoodstraf verwys na die wettige teregstelling van 'n mens as die swaarste straf vir 'nmisdaad. Verskeielande, soos dieVerenigde State van Amerika, pas nog die doodstraf toe. Die meeste lande het egter die doodstraf afgeskaf of vir jare geen teregstellings uitgevoer nie. Vir duisende jare is teregstellings as die straf vir die swaarste misdade toegepas. Met die begin van diehumanisme in Europa word die doodstraf vir die eerste keer krities gesien. Tot vandag is die status daarvan in terme vanmenseregte nog nie uitgeklaar nie. Die eerste land wat die doodstraf afgeskaf het, was die Groothertogdom Toskana in 1786.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]
Uitvoering deur ophang in 'ngalg (1946).

Die doodstraf bestaan al vir duisende jare. Historiese bronne dui aan dat hierdie soort straf reeds deel van die regstelsel was in die tyd toe mense nog in stamme gewoon het. Oor die algemeen kon 'n misdaad in daardie tyd gestraf word deur die oortreder die slagoffer te laat vergoed, lyfstraf, verbanning of teregstelling. Dit is egter redelik waarskynlik dat omdat gemeenskappe destyds baie klein was, daar min misdade binne die gemeenskap gepleeg is en daar ook 'n groot mate van onwilligheid was om 'n lid van die gemeenskap te verban of dood te maak. Dit was egter nie van toepassing op misdade wat deur mense buite hul eie gemeenskap gepleeg is nie. Selfs relatief geringe misdade, soos diefstal deur iemand van buite hul eie gemeenskap, is as 'n aanval op die hele gemeenskap beskou en is soms swaar gestraf. Misdade wat deur iemand van 'n naburige stam gepleeg is, kon lei tot vetes wat vir geslagte geduur het, maar is ook dikwels met amptelike verskonings en vergoeding hanteer. Hierdie vergoeding kon wesenlik wees (bv. betaal vir die skade met vee of slawe), die uitruil van bruide of bruidegoms, maar daar kon ook besluit word dat terugbetalings met bloed gedoen moes word. Soms is dierebloed aanvaar, wat mensebloed kon vervang, maar soms is iemand uit die oortreder se stam ook vir teregstelling aangebied. Dit hoef nie noodwendig die oortreder self te gewees het nie: die konflik was tussen twee gemeenskappe en nie tussen individue nie.

Later het stamme geleidelik in nasies verenig. Deur nabygeleë lande en stamme te verower, het bevolkings ook vermeng. ’n Hoërklas het ontwikkel op grond van godsdiens, rykdom of mag en minder op grond van die stam waaruit ’n persoon oorspronklik gekom het. Dit het gelei tot 'n toenemende behoefte om 'n eenvormige regstelsel in te stel, waarin verhoudinge tussen sosiale klasse formeel gevestig is.

Een van die oudste en bekendste regstelsels is dieKode van Hammurabi. Strawwe is in hierdie kode ingesluit vir verskeie misdade, waarvan die erns van die sosiale klas van die oortreder en dié van die slagoffer afgehang het. Die Kode van Hammurabi het die doodstraf ingesluit vir die vals beskuldiging van iemand van moord, owerspel en dieverkragting van 'n maagd.

DieJoodseTorah (wat glo van ongeveer 750 v.C. dateer) het voorsiening gemaak vir die doodstraf vir moord,ontvoering, toorkuns,sabbatsverbreking, godslastering en 'n wye verskeidenheid seksmisdade. Vandag word geglo dat teregstellings inIsrael en Juda skaars was omdat die bewyslas moeilik was.

InAntieke Griekeland is die eerste wet omstreeks 621 v.C. deur Draco geskryf. Die doodstraf is vir 'n groot aantal misdade gebruik en die uitdrukkingdrakoniese maatreëls kom hieruit.

InEuropa gedurende dieMiddeleeue en daarna was die doodstraf 'n algemene straf vir 'n wye verskeidenheid misdade. Byvoorbeeld was in Brittanje in die 18de eeu nie minder as 222 misdade met die dood strafbaar nie, insluitend die ongemagtigde afkap van 'nboom of die steel van 'ndier. Gedurende hierdie tydperk is die doodstraf dikwels in ballingskap na een van die nuwe kolonies verander.

Liechtenstein was die eerste land ter wêreld wat die doodstraf in 1798 afgeskaf het. 'n Toenemende aantal lande het sedertdien die doodstraf heeltemal afgeskaf of nie meer toegepas nie. Die afskaffing van die doodstraf is een van die voorwaardes verbonde aan lidmaatskap van dieEuropese Unie.

State sonder doodstraf

[wysig |wysig bron]

Hierdie 111 lande en gebiede het die doodstraf afgeskaf (siviel/militêr):

Vlag van Albanië Albanië2007
Vlag van Argentinië Argentinië2009
Vlag van Andorra Andorra1990
Vlag van Angola Angola1992
Vlag van Armenië Armenië2003
Vlag van Australië Australië1985
Vlag van Azerbeidjan Azerbeidjan1998
Vlag van België België1996
Vlag van Benin Benin2016
Vlag van Bhoetan Bhoetan2004
Vlag van Bolivië Bolivië2009
Vlag van Bosnië en Herzegowina Bosnië en Herzegowina2019
Vlag van Bulgarye Bulgarye1998
Vlag van Burundi Burundi2009
Vlag van Colombia Colombia1910
Vlag van Costa Rica Costa Rica1877
Vlag van Denemarke Denemarke1978
Vlag van Djiboeti Djiboeti1995
Vlag van Dominikaanse Republiek Dominikaanse Republiek1966
Vlag van Duitsland Duitsland1949 (Wes)1987 (Oos)
Vlag van Ecuador Ecuador1906
Vlag van Ekwatoriaal-Guinee Ekwatoriaal-Guinee2022
Vlag van Estland Estland1998
Vlag van Fidji Fidji2015
Vlag van Filippyne Filippyne2006
Vlag van Finland Finland1972
Vlag van Frankryk Frankryk1981
Vlag van Gaboen Gaboen2010
Vlag van Georgië Georgië2006
Vlag van Griekeland Griekeland2004
Vlag van Guinee Guinee2017
Vlag van Guinee-Bissau Guinee-Bissau1993
Vlag van Haïti Haïti1987
Vlag van Honduras Honduras1956
Flag of Ireland Republiek Ierland1990
Vlag van Italië Italië1948/1994
Vlag van Ivoorkus Ivoorkus2000
Vlag van Kaap Verde Kaap Verde1981
Vlag van Kambodja Kambodja1989
Vlag van Kanada Kanada1976/1998
Vlag van Kasakstan Kasakstan2021
Vlag van Kirgisië Kirgisië2007
Vlag van Kiribati Kiribati1979
Flag of the Republic of the Congo Kongo2015
Vlag van Kroasië Kroasië1990
Vlag van Letland Letland2012
Vlag van Liberië Liberië2005
Vlag van Liechtenstein Liechtenstein1987
Vlag van Litaue Litaue1998
Vlag van Luxemburg Luxemburg1979
Vlag van Madagaskar Madagaskar2014
Vlag van Malta Malta2000
Flag of the Marshall Islands Marshalleilande1986
Vlag van Mauritius Mauritius1995
Vlag van Meksiko Meksiko2005
Flag of the Federated States of Micronesia Gefedereerde State van Mikronesië1986
Vlag van Moldowa Moldowa2005
Vlag van Monaco Monaco1962
Vlag van Mongolië Mongolië2012
Vlag van Montenegro Montenegro1995
Vlag van Mosambiek Mosambiek1990
Vlag van Namibië Namibië1990
Vlag van Nauru Nauru2016
Vlag van Nederland Nederland1982
Vlag van Nepal Nepal1997
Vlag van Nicaragua Nicaragua1979
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland1989
Vlag van Niue Niue2004
Flag of the Republic of Macedonia Noord-Masedonië1991
Vlag van Noorweë Noorweë1979
Vlag van Oekraïne Oekraïne2000
Vlag van Oesbekistan Oesbekistan2008
Vlag van Oostenryk Oostenryk1950/1968
Vlag van Oos-Timor Oos-Timor1999
Vlag van Palau Palau1994
Vlag van Panama Panama1903
Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee2022
Vlag van Paraguay Paraguay1992
Vlag van Pole Pole1997
Vlag van Portugal Portugal1976 (1867)
Vlag van Roemenië Roemenië1990
Vlag van Rwanda Rwanda2007
Flag of the Solomon Islands Salomonseilande1978
Vlag van Samoa Samoa2004
Vlag van San Marino San Marino1865
Vlag van São Tomé en Príncipe São Tomé en Príncipe1990
Vlag van Senegal Senegal2004
Vlag van Sentraal-Afrikaanse Republiek Sentraal-Afrikaanse Republiek2022
Vlag van Serwië Serwië1995
Flag of Seychelles Seychelle1993
Vlag van Sierra Leone Sierra Leone2021
Flag of Cyprus Siprus2002
Vlag van Slowakye Slowakye1990
Vlag van Slowenië Slowenië1989
Vlag van Spanje Spanje1995
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika1997
Vlag van Suriname Suriname2015
Vlag van Swede Swede1972
Vlag van Switserland Switserland1942/1992
Vlag van Togo Togo2009
Vlag van Tsjad Tsjad2020
Flag of the Czech Republic Tsjeggië1990
Vlag van Turkmenistan Turkmenistan1999
Vlag van Turkye Turkye2006
Vlag van Tuvalu Tuvalu1978
Vlag van Uruguay Uruguay1907
Vlag van Vanuatu Vanuatu1980
Flag of the Vatican City Vatikaanstad1969
Vlag van Venezuela Venezuela1863
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk1969
Vlag van Ysland Ysland1944
Vlag van Zambië Zambië2022

In hierdie sewe lande is die doodstraf in die siviele reg afgeskaf (maar die doodstraf bestaan in die militêre reg):

Vlag van Brasilië Brasilië1979 (1891[1])
Vlag van Burkina Faso Burkina Faso2018
Vlag van Chili Chili2001
Flag of the Cook Islands Cookeilanden.v.t.
Vlag van El Salvador El Salvador1983
Vlag van Guatemala Guatemala2017
Vlag van Israel Israel1954
Vlag van Peru Peru1979

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"Presidência da República Casa Civil Subchefia para Assuntos Jurídicos". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 4 Augustus 2013. Besoek op27 Augustus 2021.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metDoodstraf.
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Doodstraf&oldid=2832616"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp