Die menslike skedel word soms as simbool van die dood gebruikDood versorg sy blomme, in Kuoleman puutarha, Hugo Simberg (1906)
Dood is die einde van dielewe van 'norganisme. Dit is 'n toestand waar 'n voorheen lewende organisme nie meer groei nie en alle metaboliese en aktiewe lewensfunksies staak (asemhaling, eet, drink, denke, beweging, ensovoorts).
Dood kan in verskeie maniere toetree. Omtrent 150000 mense gaan daagliks oor die wêreld dood.[1] Omtrent twee derdes van hierdie mense gaan as gevolg van hoë ouderdom dood. Die dood kan ook intree as gevolg vansiekte,moord of noodlottige ongelukke.
Dietyd wanneer mense doodgaan word noukeurig gedokumenteer. Die tyd word aangeteken as die hart nie meer klop nie en die longe vir 'n paar minute nie meer asemhaal nie. Dit kan soms gebeur dat mense bykom, selfs al het die hart al vir 30 minute gestop, soos met 'n naby-verdrinking. As lewensfunksies met masjiene in stand gehou word, word die tyd van dood aangegee as die tyd wat die masjiene gestop word en die persoon heengaan.
Die rede van dood is ook belangrik, veral as dit nie as gevolg van hoë ouderdom is nie. Die rede van dood word met 'n outopsie bepaal. In die geval van moord moet die verdagtes vasgetrek word om verdere moorde te voorkom. In die geval van siekte moet seker gemaak word dat dit nie onder ander mense versprei nie. In geval van ongelukke moet die rede bepaal word en stappe geneem word om te verhoed dat ander mense dieselfde oorkom.
Die dood van 'n persoon word gewoonlik deur een of ander ritueel, soos 'n begrafnis ofverassing opgevolg. 'n Diens word soms vir mense wat doodgaan gereël om eerbied en respek aan hulle te betoon.[1]
Mense is oor die algemeen bang vir die dood en het oor die tye bespiegel oor wat na die dood gebeur. Dit is een van die groot vraagstukke vanfilosofie enreligie. Baie mense glo dat 'n deel van 'n mens onsterflik is en dat dit in een of ander vorm na die dood bly voortbestaan.