Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Dood

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Deel van ’n reeks oor
Menslike groei
en ontwikkeling
Beeld van ’n fetus in die baarmoeder
Stadiums
Sigoot Embrio Fetus
 Baba  Peuter
 Kind Adolessent Volwassene
Biologiese mylpale
Bevrugting Swangerskap Geboorte Taalverwerwing Puberteit Menopouse Veroudering Dood
Ontwikkeling en menslike sielkunde
Kind Volwassenheid Moraal
s  b  w
Die menslike skedel word soms as simbool van die dood gebruik
Dood versorg sy blomme, in Kuoleman puutarha, Hugo Simberg (1906)

Dood is die einde van dielewe van 'norganisme. Dit is 'n toestand waar 'n voorheen lewende organisme nie meer groei nie en alle metaboliese en aktiewe lewensfunksies staak (asemhaling, eet, drink, denke, beweging, ensovoorts).

Dood kan in verskeie maniere toetree. Omtrent 150 000 mense gaan daagliks oor die wêreld dood.[1] Omtrent twee derdes van hierdie mense gaan as gevolg van hoë ouderdom dood. Die dood kan ook intree as gevolg vansiekte,moord of noodlottige ongelukke.

Dietyd wanneer mense doodgaan word noukeurig gedokumenteer. Die tyd word aangeteken as die hart nie meer klop nie en die longe vir 'n paar minute nie meer asemhaal nie. Dit kan soms gebeur dat mense bykom, selfs al het die hart al vir 30 minute gestop, soos met 'n naby-verdrinking. As lewensfunksies met masjiene in stand gehou word, word die tyd van dood aangegee as die tyd wat die masjiene gestop word en die persoon heengaan.

Die rede van dood is ook belangrik, veral as dit nie as gevolg van hoë ouderdom is nie. Die rede van dood word met 'n outopsie bepaal. In die geval van moord moet die verdagtes vasgetrek word om verdere moorde te voorkom. In die geval van siekte moet seker gemaak word dat dit nie onder ander mense versprei nie. In geval van ongelukke moet die rede bepaal word en stappe geneem word om te verhoed dat ander mense dieselfde oorkom.

Die dood van 'n persoon word gewoonlik deur een of ander ritueel, soos 'n begrafnis ofverassing opgevolg. 'n Diens word soms vir mense wat doodgaan gereël om eerbied en respek aan hulle te betoon.[1]

Mense is oor die algemeen bang vir die dood en het oor die tye bespiegel oor wat na die dood gebeur. Dit is een van die groot vraagstukke vanfilosofie enreligie. Baie mense glo dat 'n deel van 'n mens onsterflik is en dat dit in een of ander vorm na die dood bly voortbestaan.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metDeath.
Siendood in Wiktionary, die vrye woordeboek.
  1. 12Aubrey D.N.J, de Grey (2007)."Life Span Extension Research and Public Debate: Societal Considerations"(PDF).Studies in Ethics, Law, and Technology.1 (1, Artikel 5).doi:10.2202/1941-6008.1011. Besoek op20 Maart 2009.[dooie skakel]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Internasionaal
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Dood&oldid=2645079"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp