Dmitri Andrejewitsj Moeratof (Russies: Дмитрий Андреевич Муратов, gebore op 30 Oktober 1961) is 'nRussiesejoernalis entelevisieaanbieder, en die hoofredakteur van die Russiese koerantNowaja Gazeta.[1] Hy het 2021 seNobelprys vir Vrede saam metMaria Ressa van dieFilippyne gewen vir "hulle pogings om vryheid van uitdrukking te beskerm, wat 'n voorwaarde is vir demokrasie en blywende vrede".[2]
Moeratof het in 1993 die prodemokratiese bladNowaja Gazeta saam met verskeie ander joernaliste gestig. Hy was van 1995 tot 2017 die hoofredakteur en weer van 2019 af. Die koerant is bekend vir sy verslaggewing oor sensitiewe onderwerpe soos regeringskorrupsie en oortredings vanmenseregte.[3] As hoofredakteur het Moeratof berigte deurAnna Politkofskaja gepubliseer wat diePoetin-administrasie deeglik onder die loep geneem het. Moeratof het gehelp om "die enigste ware kritiese koerant met nasionale invloed in Rusland vandag" op die been te bring, volgens die Amerikaanse nieregeringsorganisasieCommittee to Protect Journalists.[4]
Sy koerant was invloedryk daarin om lig te werp op die stormagtige situasies inTsjetsjnië en die Noord-Kaukasus in die algemeen.
|
|---|
| 1901–1925 | |
|---|
| 1926–1950 | |
|---|
| 1951–1975 | |
|---|
| 1976–2000 | |
|---|
| 2001-hede | |
|---|