Djiboeti (Arabies: جيبوتي,Ǧībūtī), amptelik dieRepubliek Djiboeti (ookDjibouti), is 'n land inOos-Afrika, geleë op dieHoring van Afrika. Djiboeti word begrens deurEritrea in die noorde,Ethiopië in die weste en suide, enSomalië in die suidooste. Die res van die grens word deur dieRooisee en dieGolf van Aden gevorm. Oorkant die Rooisee, op dieArabiese Skiereiland, 20 km van die kus van Djiboeti, isJemen. Die hoofstad van Djiboeti is die gelyknamige stad:Djiboeti.
Die gebied van Djiboeti word alreeds duisende jare deur verskillende nomadiese groepe bewoon, waarna verwys word in antieke musiek en gedigte. Hulle het ookleer en pels verhandel virspeserye en parfuum met bewoners van antiekeEgipte,Indië enChina. Die huidige bewoners is dieAfar enSomaliese Issastamme. Hierdie stamme het in die laaste 1000 jaar gereelde handelskontak met dieArabiere gehad en was van die eerste stamme inAfrika omIslam as hulle geloof aan te neem.
In die19de eeu vestigFrankryk 'n protektoraat in die gebied genaamdFrans-Somaliland, regeer deurLéonce Lagarde. Onafhanklikheid is verklaar in1887 toe 'n plaaslike stam die agt permanente soldate wat daar geplaas is, omvergewerp het. Dié periode van onafhanklikheid het egter slegs drie weke geduur, waarna die gebied weereens gekoloniseer is. In1967 word die naam verander na dieFranse Gebied van die Afare en die Issa's. Op27 Junie1977 word die land asDjiboeti onafhanklikheid toegeken.
'nBurgeroorlog gelei deur die Afarrebelle in die vroeë1990's is beëindig deur 'n vredesverdrag in1994.
"Ismail Omar Guelleh is Saterdag ingesweer vir 'n tweede en finale ses-jaar termyn as president van die piepklein nasie aan Horing van Afrika", is berig deur die amptelike nuusagentskap,Agence Djiboutienne d'Information (ADI). Guelleh het 100 persent van die stemme verwerf in 'n eenmanstryd op8 April. Volgens ADI het 78,9 persent van ongeveer 197 000 geregistreerde kiesers 'n stem uitgebring – by 200 stembusse – oral in die land. Opposisiepartye boikot die verkiesing en beskryf dit as "belaglik, gemanipuleer en 'n gemors". Verskeie leiers uit die omliggende streek was teenwoordig by die inhuldigingseremonie.
Djiboeti se tweede president, Guelleh is vir die eerste keer in 1999 verkies toe hy oorgeneem het by sy oom, Hassan Gouled Aptidon, wat die land sedert onafhanklikheid van Frankryk in 1977 regeer het.
Diestaatshoof van Djiboeti is diepresident, wat vir 'n termyn van ses jaar verkies word. Die president stel dieeerste minister aan en staan aan die hoof van die raad van ministers.
Die wetgewende liggaam word gevorm deur dieChambre des Deputes, wat bestaan uit 65 lede wat elke vyf jaar verkies word.
Djiboeti se ekonomie is gegrond op diensaktiwiteite wat verband hou met die land se strategiese ligging en status as 'n vryhandelsgebied in Noordoos-Afrika. Twee-derdes van die inwoners woon in die hoofstad, die res is meestal nomadiese veewagters. Geringe reënval beperk verbouing van gewasse totvrugte engroente, en meeste voedsel moet ingevoer word.
Djiboeti verskaf dienste beide as 'n deurvoerhawe vir streek- en internasionale oorskeping en brandstofherlaaisentrum. Dit het min natuurlike hulpbronne en minnywerhede. Die nasie is daarom swaar afhanklik van buitelandse bystand om die land se betalingsbalans en finansiering van ontwikkelingsprojekte te ondersteun.Werkloosheidkoers wat op 40% tot 50% staan bly steeds 'n groot probleem.Inflasie is egter nie 'n probleem nie as gevolg van die vaste koppeling van diefrank aan dieAmerikaanse dollar. Per capita verbruik het met sowat 35% gedaal oor die laaste sewe jaar as gevolg vanresessie,burgeroorlog, en hoëbevolkingsgroeitempo (insluitend immigrante en vlugtelinge). Hernude gevegte tussen Ethiopië en Eritrea het ook normale eksterne handelskanale versteur. Met veelvuldige ekonomiese probleme wat in die gesig gestaar word, het die regering agterstallig geraak in die terugbetaling van langtermyn buitelandse skuld en sukkel om te hou by die bepalings van buitelandse skenkers.
Die bevolking kan in twee hoofgroepe verdeel word, dieIssa ofSomaliërs wat 60% beslaan en dieAfar, van omtrent 35%. Die res bestaan uitEuropeërs (meestalFranse enItalianers),Arabiere enEthiopiërs. Die teenwoordigheid van twee verskillende groepe was die oorsaak van die burgeroorlog van die begin van die1990's.
Byna al die mense van Djiboeti isMoslems, slegs 'n klein persentasie isChristene, vernaamlik dieEuropeërs.