De Mond-natuurreservaat | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Naaste dorp | TussenStruisbaai enWaenhuiskrans |
Koördinate:34°43′0″S20°7′0″O / 34.71667°S 20.11667°O /-34.71667; 20.11667 | |
Oppervlak | 918ha (9,18 km²) |
Openingsjaar | 1986 (Ramsar-erken) |
Bestuursliggaam | ? |
De Mond-natuurreservaat tussenStruisbaai enWaenhuiskrans in dieOverberg val sedert 1986 onder dieRamsar-konvensie.
Die reservaat beslaan die mond van dieHeuningnesrivier, is 918 ha groot en lê by 34° 43′ suid en 20° 7′ oos. Verskuiwende duine versper die riviermond en vorm ‘n broeiplek vir verskeie voëlsoorte. Dit is ook die habitat virreptiele,skaaldiere en dieseeperdjie Hippocampus.
Verskeie voëlspesies leef in die natuurreservaat sooskolganse,bloukraanvoëls, gevlekte prinias,swartrugmeeue,swarttobies,terekruiters,Damarasterretjies enbontvisvangers. Voëls uit die orde van die plevierfamilie soos diereusesterretjie, diegrootstrandkiewiet en diegeelborsstrandkiewiet kan ook waargeneem word.[1]
Die water is die tuiste van visse soos diegaljoen, sebravis,baardman (Umbrina canariensis),strepies enseeperdjies, maar ook ander wesens soos meerminslakke (Nerita albicilla),garnale enmangrovekrappe.