Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Die Jongspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die Jongspan was die eerste weeklikse Afrikaanse tydskrif vir kinders.

Dit het ontstaan uitDie Kleinspan, wat die eerste maal op13 Februarie1925 verskyn het as 'n rubriek in en later bylaag tot dieHuisgenoot onder redaksie vanM.E.R. (mev. M.E. Rothmann) toe sy redakteur was van die vroueafdeling van sowelDie Burger as dieHuisgenoot. Sy is oorspronklik bygestaan deur mej. Ida Theron.

Die Kleinspan is op16 November1935 herdoop totDie Jongspan en verskyn vanaf24 Januarie1936 as 'n selfstandige weekblad. Vanaf 1958 isKleinspan bykomend totDie Jongspan gepubliseer, maar in 1962 smelt die twee blaaie saam. Met die uitgawe van7 April1969 houDie Jongspan op bestaan en word vervang deurVonk, waarin van kleur gebruik gemaak is. Die redakteurs wasAbraham Jonker (Januarie tot Augustus 1936), dr.C.F. Albertyn (1936 tot 1945), dr. P.J. Olckers (1945 tot 1946) en C. Mostert (1947 tot 1969).

Bronne

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Die_Jongspan&oldid=2719504"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp