Richard Bruce Cheney |
|---|
 |
| Gebore | (1941-01-30)30 Januarie 1941
|
|---|
| Sterf | 3 November 2025 (op 84)
|
|---|
| Nasionaliteit | Verenigde State |
|---|
| Beroep | Politikus en entrepreneur |
|---|
Richard Bruce (Dick) Cheney (gebore 30 Januarie 1941 inLincoln,Nebraska - 3 November 2025), was 'nAmerikaansepolitikus wat dieRepublikeinse Party verteenwoordig het. Hy het van 2001 tot 2009 as die 46steVisepresident van die Verenigde State onder presidentGeorge W. Bush gedien.
Cheney, 'n entrepreneur van beroep, het van 1975 tot 1977 as stafhoof van dieWithuis onder presidentGerald Ford gedien. Van 1979 tot 1989 was hy 'n lid van die Huis van Verteenwoordigers vir dieWyoming-distrik. Van 1989 tot 1993 was hy die sekretaris van verdediging in dieGeorge H.W. Bush-administrasie.[1][2][3][4][5]
Van 1995 tot 2000 was Cheney voorsitter van die direksie van die multinasionale firma Halliburton. Tydens die Amerikaanse presidensiële verkiesing van 2000 is hy deur die Republikeinse Partykandidaat George W. Bush gevra om sy vise-presidentskandidaat te wees. Bush het die Demokratiese genomineerde, die sittende visepresidentAl Gore, en sy visepresidentskandidaat, Joe Lieberman, verslaan. Cheney het die 46ste visepresident geword. Ná Bush se oorwinning in die 2004 Amerikaanse presidensiële verkiesing, het Cheney vir 'n tweede termyn as visepresident gedien.
Cheney was daarna as kommentator van politieke gebeure betrokke en het presidentBarack Obama se beleid gekritiseer.
Cheney is op die aand van 3 November 2025 op 84-jarige ouderdom in Noord-Virginië oorlede.[6][7] Hy het komplikasies ondervind wat verband hou metlongontsteking envaskulêre siekte.[8]
|
|---|
| Internasionaal | |
|---|
| Nasionaal | |
|---|
| Akademie | |
|---|
| Kunstenaars | |
|---|
| Mense | |
|---|
| Ander | |
|---|