Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Detroit

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die stad in Michigan, in die Verenigde State. Sien gerusDetroit (dubbelsinnig) vir ander artikels.

Detroit

KaartVlag
Wapen
 LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State van Amerika
 StaatMichigan
 Koördinate42°19′53″N83°02′45″W /42.33139°N 83.04583°W /42.33139; -83.04583
 Gestig in1701
 Oppervlakte: 
 - Totaal370,4vk km
 Hoogte bo seevlak183 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2020)639 111
 - Bevolkingsdigtheid1 778/vk km
 TydsoneUTC-5
 -SomertydUTC-4
 BurgemeesterMike Duggan (Onafh.)
 Amptelike webwerfci.detroit.mi.us

Detroit, wat die bynameMotown ofMotor City dra, is die grootste stad enhawe vanMichigan,Verenigde State, aan dieDetroitrivier, met 910 920 inwoners (2009). Dit is die sentrum van 'n metropolitaanse gebied met meer as 4,4 miljoen inwoners.

Die stad is 'n handel- en nywerheidsentrum (Ford-,General Motors-,Chrysler-motors, vliegtuie,farmaseutiese produkte, chemikalië, werktuie, staal, sintetiese diamante), en het 'n mark vir graanprodukte en 'n universiteit.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Detroit is in die jaar1701 deur dieFranse avonturier Antoine Laumet de La Mothe, sieur de Cadillac gestig. Aanvanklik is die nedersetting ter ere van graafde Pontchartrain, die seevaart-minister van koningLodewyk XIV, en na aanleiding van sy ligging aan die westelike oewers van dieGroot Mere Sainte-Claire en ErieFort Pontchartrain du détroit genoem.

Die strategies belangrike ligging in die gebied van die Groot Mere bevorder Detroit se vinnige groei. Die stad word ook as die bakermat van die Amerikaanse motorbedryf beskou, nadatHenry Ford hier in1899 met die vervaardiging van motors begin het. Die motorbedryf beslaan steeds meer oppervlakte en het lankal ook na die voorstede uitgebrei.

Ekonomie

[wysig |wysig bron]
Detroit: Die hoofkwartier van General Motors

Detroit staan bekend as die hoofstad van die Amerikaanse motorbedryf: Die drie grootste motorvervaardigers van die VSA - naamlikGeneral Motors,Ford enChrysler - het hulle hoofkwartiere in die stad.

Kultuur

[wysig |wysig bron]

DieDetroit Institute of Arts is een van die belangrikste museums in die stad.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metDetroit.
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Detroit&oldid=2744034"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp