Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Derwisj

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Derwisj met 'n leeu en tier, omstreeks 1650.
Ottomaanse derwisj, omstreeks 1860's.

Derwisj (vanPersies: درویش,Darvīsh)[1] inIslam kan breedweg verwys na 'n lid van 'nSoefi-broederskap (tariqah),[2] of dit kan dui op 'nbedelmonnik, wat materiële armoede kies.[3][4] Laasgenoemde betekenis word veral aangetref in Persies enTurkies (derviş) sowel as inAmazigh (Aderwish), wat ooreenstem met die Arabiese termfaqīr.[3] Hulle fokus op die universele waardes van liefde en diens, en laat vaar enige illusie van ego (nafs) omGod te bereik.

In die meeste Soefi-ordes beoefen 'n derwisjdhikr deur fisieke inspanning of godsdienstige praktyke om in 'n ekstatiese beswyming te gaan om God te bereik.[2] Hulle gewildste pratyk isSema, wat met die 13de-eeuse mistikus Rumi verbind word. Infolklore en onder aanhangers van Soefisme word derwisje dikwels verbind met die vermoë om wonderwerke te verrig en met bonatuurlike magte.[5]

Draaiende derwisje in 2007.

Godsdienspraktyke

[wysig |wysig bron]

Derwisje probeer om God te nader deur deugsaamheid en individuele ondervinding, eerder as deur godsdienstige geleerdheid.[6] Baie is bedelmonnike wat 'n eed van armoede afgelê het. Die hoofrede dat hulle bedel, is om nederigheid te leer, en hulle mag nie vir hulle eie gewin bedel nie. Hulle moet die geld wat hulle ontvang aan ander armes gee.

Draaiende derwisje

[wysig |wysig bron]

Diedraaiende derwisje, wat die bekendste derwisje is, is veral in dieWeste bekend vanweë die danse van dieMevlevi-orde inKonya,Turkye, en is deel van 'n formele seremonie wat asSema bekend is.

Dit word egter ook deur ander ordes beoefen.

DieSema is net een van baie Soefi-seremonies om godsdienstige ekstase (majdhb,fana) te bereik. Hoewel die praktyk nie as vermaak bedoel is nie, het dit 'n groot toeristeattraksie in Turkye geword.[7][8]

Ordes

[wysig |wysig bron]

Daar is verskeie ordes van derwisje, waarvan feitlik almal hulle oorsprong terugspeur na 'n Moslemheilige of-onderwyser, soosimam Ali. Deur die eeue het verskeie ordes ontstaan en verdwyn. Derwisje het versprei naNoord-Afrika, dieHoring van Afrika,Turkye,Anatolië, dieBalkan, dieKaukasus,Sentraal-Asië,Iran,Pakistan,Indië,Afganistan enTadjikistan.

Sommige broederskappe en subgroepe sing verse van dieKoran, speeltromme endraai in groepe, almal volgens hulle eie tradisie. Elke broederskap het sy eie soort kleed en metodes van aanvaarding en inwyding, waarvan sommige taamlik streng is. Die vorm van Soefi-derwisjisme wat in die 17de eeu beoefen is, was gesentreer om esoterisisme, geduld en pasifisme.[9]

Galery

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Dervish – Definition and More from the FreeMerriam – Webster Dictionary". M-w.com. Besoek op19 Februarie 2012.
  2. 2,02,1 Dervish, Encyclopaedia Britannica, https://www.britannica.com/topic/dervish 
  3. 3,03,1 "Darwīsh (Dervish)". Encyclopaedia Islamica. (2017). Leiden en Boston: Brill Publishers. DOI:10.1163/1875-9831_isla_COM_035987. 
  4. Mansour Shaki (2011). "DARVĪŠ". Encyclopædia Iranica. Iranicaonline.org. 
  5. Frederick WilliamHasluck Christianity and Islam Under the Sultans, Band 1 Clarendon Press 1929 p. 281
  6. Jens Peter Laut.Vielfalt türkischer Religionen 1996 p. 29 (Duits)
  7. Koentges, Chris (29 Junie 2012)."13 Things The Whirling Dervishes Can Teach You About Spinning Until You're Dizzy Enough To Puke". The Very Ethnic Project.
  8. B. Ghafurov, "Todjikon", 2 vols.,Dushanbe 1983-5
  9. Erdoan, Nezih. "Star director as symptom: reflections on the reception of Fatih Akn in the Turkish media." New Cinemas: Journal of Contemporary Film 7.1 (2009): 27-38.

Skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Derwisj&oldid=2654898"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp