Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Dermpoliep

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Dermpoliep
Klassifikasie en eksterne bronne
’n Poliep van sowat 1 cm in deursnee wat tydens ’n kolonoskopie ontdek is. Dit is verwyder deur dit uit te brand.
’n Poliep van sowat 1 cm in deursnee wat tydens ’nkolonoskopie ontdek is. Dit is verwyder deur dit uit te brand.
ICD-10K63.5 & verskeie
MedlinePlus  000266
eMedicinemed/414
MeSHC23.300.825
Mediese waarskuwing

’nDermpoliep ofkolorektale poliep is ’n poliep (groeisel) wat in die wand van diekolon ofrektum voorkom.[1] Poliepe wat nie behandel word nie, kan inkolorektale kanker ontwikkel.[2]

Dermpoliepe word dikwels geklassifiseer volgens hul gedrag (kwaadaardig, voorkwaadaardig of niekwaadaardig) en/of oorsaak (byvoorbeeld weens ingewandsontsteking).

Simptome

[wysig |wysig bron]

Dermpoliepe word gewoonlik nie met simptome verbind nie.[2] Wanneer simptome wel voorkom, is dit rektale bloeding, bloed in die stoelgang, maagpyn en moegheid.[2] ’n Verandering in toiletgewoontes kan voorkom, sooshardlywigheid endiarree.[3] Soms wanneer die poliep groot genoeg is om ’n obstruksie te veroorsaak, kan naarheid, vomering en kwaai hardlywigheid voorkom.[3]

Opsporing en behandeling

[wysig |wysig bron]

Dermpoliepe is óf gesteeld (met ’n steel aan die kolon se wand vas) óf sessiel (groei uit die wand self).[4] Hulle kan opgespoor word met ’nkolonoskopie,sigmoïdoskopie,fekale okkultbloedtoets,DNS-toets van die stoelgang, digitale rektumondersoek ofbarium-enema.[3]

Hulle kan tydens ’n kolonoskopie of sigmoïdoskopie verwyder word deur hulle uit te sny of brand.[3] Poliepe wat moeilik is om te hanteer omdat hulle byvoorbeeld plat teen die kolon se wand lê, kanendoskopies verwyder word met ’n tegniek bekend as endoskopiese uitsnyding – ’n vloeistof word onder die groeisel gespuit om dit te lig en chirurgie te vergemaklik.

Bogenoemde tegnieke kan gebruik word as ’n alternatief vir ’n veel ingrypenderkolektomie.[5]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Santero, Michael; Dennis Lee (25 Maart 2005)."Colon polyp symptoms, diagnosis and treatment" (in Engels). MedicineNet.com.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2019. Besoek op25 Oktober 2007.
  2. 2,02,12,2Lehrer, Jenifer K. (25 Julie 2006)."Colorectal polyps" (in Engels).MedlinePlus.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2016. Besoek op25 Oktober 2007.
  3. 3,03,13,23,3"Colon polyps". Mayo Clinic. 16 Julie 2007. Besoek op25 Oktober 2007.
  4. Classen, Meinhard; G.N.J. Tytgat; Charles J. Lightdale (2002).Gastroenterological Endoscopy. Thieme. p. 303.ISBN 1-58890-013-4.
  5. "How I Do It" — Removing large or sessile colonic polyps. Brian Saunders; St. Mark’s Academic Institute; Harrow, Middlesex, VK. URL besoek op 9 April 2008.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Dermpoliep&oldid=2205797"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp