Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Demokratiese Republiek die Kongo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Moenie verwar word metRepubliek die Kongo nie.
Demokratiese Republiek die Kongo
République démocratique du Congo (Frans)
Repubilika ya Kôngo ya Dimokalasi (Kongo)
Republíki ya Kongó Demokratíki (Lingala)
Jamhuri ya Kidemokrasia ya Kongo (Swahili)
Ditunga dia Kongu wa Mungalaata (Luba-Kasai)
Vlag van die Demokratiese Republiek die KongoWapen van die Demokratiese Republiek die Kongo
VlagWapen
Nasionale leuse:
Justice – Paix – Travail
(Frans vir: "Geregtigheid – Vrede – Arbeid")
Volkslied:Debout Congolais
(Frans vir: "Staan op, Kongolese")
Ligging van die Demokratiese Republiek die Kongo
HoofstadKinshasa

4°19′S15°19′O / 4.317°S 15.317°O /-4.317; 15.317

Grootste stadKinshasa
Amptelike taleFrans
Nasionale tale:Kongo,Lingala,Swahili enLuba-Kasai[1][2]
RegeringUnitêre semi-presidensiële
grondwetlikerepubliek[3]
Félix Tshisekedi
Judith Suminwa
Onafhanklikheid
Vorming
Kolonisasie
Kongo-Vrystaat
• Belgies-Kongo
Onafhanklikheid vanBelgië
Zaïre
• Huidige grondwet


17 November1879
1 Julie1885
15 November1908
30 Junie1960[4]
29 Oktober1971
18 Februarie2006
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
2 344 858[4] km2  (12de)
905 354 myl2
3,32
Bevolking
 - 2024-skatting
 -Digtheid
 
115 403 027[4] (14de)
49,2 / km2
127,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$160,197 miljard[5] (90ste)
$1 552[5](188ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$73,761 miljard[5] (86ste)
$715[5](190ste)

MOI (2022) 0,481[6] (180ste)  – laag
Gini (2020)44,7[7] – medium
GeldeenheidFrank (CDF)
Tydsone
 -Somertyd
WAT en SAT (UTC+1 en+2)
nie toegepas nie (UTC+1 en+2)
Internet-TLD.cd
Skakelkode+243

DieDemokratiese Republiek die Kongo (Frans:République démocratique du Congo, [kɔ̃ɡo];Kongo:Repubilika ya Kôngo ya Dimokalasi;Lingala:Republíki ya Kongó Demokratíki;Swahili:Jamhuri ya Kidemokrasia ya Kongo;Luba-Kasai:Ditunga dia Kongu wa Mungalaata), ook bekend asDR Kongo, dieDRK,Kongo-Kinshasa of netdie Kongo,[8][9] is 'nland inSentraal-Afrika en die tweede grootste land inAfrikaAlgerië. Dit grens aan dieSentraal-Afrikaanse Republiek enSuid-Soedan in die noorde,Uganda,Rwanda,Burundi, enTanzanië in die ooste,Zambië enAngola in die suide, en dieRepubliek die Kongo in die weste. Die land het toegang tot die see deur 'n nou 40km strook, langs dieKongorivier tot in dieGolf van Guinee; andersins sou die Demokratiese Republiek die Kongo as 't ware 'nlandingeslote land wees. Die naam "Kongo", watjagter beteken, is afkomstig van dieBakongo-stam wat naby die Kongorivier kom woon het.

Nasa-Satellietbeeld van die Demokratiese Republiek die Kongo

Die Demokratiese Republiek die Kongo is ryk aan natuurlike hulpbronne, maar politieke onstabiliteit,korrupsie en die gebrek aaninfrastruktuur belemmer die land se ontwikkeling, natuurlike hulpbrononttrekking en gebruik. Uitsonderings sluit in die hoofstadKinshasa en die ander groot stedeLubumbashi enMbuji-Mayi wat mineraalmynbouplekke is.

Geografie

[wysig |wysig bron]
Kaart van die Demokratiese Republiek die Kongo

Die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) is geleë in die sentraleAfrika suid van die Sahara, begrens deur (kloksgewys van die suidweste) Angola, dieSuid-Atlantiese Oseaan, die Republiek die Kongo, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Suid-Soedan, Uganda, Rwanda, Burundi, Tanzanië oor dieTanganjikameer en Zambië. Dit lê weerskante van dieewenaar, met 'n derde in dieNoordelike en twee-derdes in dieSuidelike Halfrond. Die grootte die Kongo, 2 344 858 vierkante kilometer (905 354 vierkante myl), is effens groter as die gesamentlike gebiede vanSpanje,Frankryk,Duitsland,Swede enNoorweë. Die Demokratiese Republiek die Kongo is die grootste land volgens oppervlakte van Afrika suid van die Sahara, die tweede grootste in Afrika en die twaalfde grootste ter wêreld.

Die geografie van die Demokratiese Republiek die Kongo word veral deur dieKongorivier gekenmerk wat in 'n wye boog deur die land vloei. Een van die sytakke in die suide vorm dieKasairivier. Op 'n kort stukkie van die oostelike grens vloei dieNylrivier, as 't ware dieWit Nyl, die langste van die twee bronriviere.

Groot dorpe of stede in die Demokratiese Republiek die Kongo isBandundu,Bukavu,Goma,Ilebo,Kalemie,Kananga,Kisangani,Kolwezi,Likasi,Lubumbashi,Mbandaka,Mbanza-Ngungu enMbuji-Mayi.

In die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo is dieGroot Skeurvallei van Afrika geleë met mere soosAlbertmeer,Edwardmeer,Kivumeer,Mwerumeer enTanganjikameer wat almal deel uitmaak van die oostelike grens van die land. Hier is ook dieNyiragongo-vulkaan en dieRwenzoriberge geleë.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]
Deelnemers aan die Tweede Kongo-oorlog (1998–2003)

Die Kongobekken het in 1879 'nBelgiese kolonie geword en in 1885 'n privaatkolonie vankoning Leopold II, dieKongo-Vrystaat. Hierdie tydperk staan veral vir die Kongo-gruweldade van die Belge aan die inheemse bevolking bekend. In 1908 het die Belgiese parlement die Kongo in 'n "normale" Belgiese kolonie omskep en die koninklike Kongo-Vrystaat ontbind. Tydens dieEerste Wêreldoorlog in Afrika het Belgiese en inheemse soldate aan dieOos-Afrika-veldtog deelgeneem en saam met anderGeallieerdes teen Duitse troepe inDuits-Oos-Afrika geveg.

In 1960, die Afrikajaar, het die Kongo onafhanklik vanBelgië geword metPatrice Lumumba as eerste eerste minister, wat reeds in 1961, tydens dieKongo-krisis, vermoor is. In 1965 hetMobutu Sese Seko president geword en in 1971 is dié land se naam naZaïre herdoop. In 1997, ná die afsterwe van Mobutu Sese Seko, is die naam Demokratiese Republiek die Kongo weer aanvaar.

Ekonomie

[wysig |wysig bron]
Herinwyding van die spoorlyn tussen Lubumbashi en Kindu

Anders as in die meesteontwikkelende Afrikalande islandbou nie die belangriksteekonomiese basis van die land nie, maar die mynbou. Die Demokratiese Republiek die Kongo is die vernaamsteverskaffer vannywerheidsdiamante op die wêreldmark en voer daarnaas ook groot hoeveelhedekobalt,koper,goud,silwer,tin,sink,mangaan,kadmium,germanium enruolie uit. Korrupsie enburgeroorloë het 'n ernstige nadelige uitwerking op die ekonomiese vooruitgang van die land, ondanks sy groot natuurlike hulpbronne.

Van die belangrikste handelsvennote vir uitvoer (2017-syfers) sluit in dieVolksrepubliek China (41,4%),Zambië (22,7%),Suid-Korea (7,2%) enFinland (6,2%) Die belangrikste uitvoerprodukte vormdiamante,koper,goud,kobalt,houtprodukte,ruolie enkoffie.[4]

Vennote vir invoer is die Volksrepubliek China (19,9%),Suid-Afrika (18%), Zambië (10,4%), Belgie (9,1%),Indië (4,3%) en Tanzanië (4,2%). Produkte soosvoedsel, mynbou- en ander masjinerie,vervoertoerusting enbrandstof word ingevoer.[4]

Die vernaamste internasionalelughawe isN'djili wat die hoofstad Kinshasa bedien.

Demografie

[wysig |wysig bron]
Verspreiding van die vier nasionale tale in die Demokratiese Republiek die Kongo:Kongo,Lingala,Swahili enLuba-Kasai

Die Demokratiese Republiek die Kongo het in 2021 'n bevolking van 105 044 646 gehad en is daarmee die digsbevolkte Franssprekende land, die vierde mees bevolkte land in Afrika en die 14de mees bevolkte land ter wêreld.

Kinshasa is diehoofstad en grootste stad van die Demokratiese Republiek die Kongo en ookAfrika se derde grootste stad náKaïro enLagos en net groter asParys, waarmee dit die grootste Franstalige stad wêreldwyd is.[10]

Frans is die enigsteamptelike taal van die Demokratiese Republiek die Kongo en dien as 'nlingua franca vir die verskeieetniese groepe. Van die omtrent 242 inheemse tale wat in die land gebesig word, geniet net vier tale die status van 'n nasionale taal:Kongo,Lingala,Swahili enLuba-Kasai.

In die Demokratiese Republiek die Kongo leef sowat 200 etniese groepe, waarvan die meesteBantoevolke is. DieKongo-volk is die grootste etniese groep; hulle stel saam met die Mongo, Luba en die Mangbetu-Azande sowat 45% van die land se bevolking.[4] Van die etniese minderhede sluit inHutu,Tutsi enTwa.

Christendom is die belangrikstegodsdiens in die Demokratiese Republiek die Kongo. Sowat 50% behoort aan dieRooms-Katolieke Kerk, 2% is aanhangers van dieProtestantisme en 10% behoort aan die Kimbanguïsme; 'n inheemse kerk. Omtrent 10% isMoslems en 10%Animiste.[4]

Politiek

[wysig |wysig bron]
Die huidige presidentFélix Tshisekedi

Sedert 24 Januarie 2019 is Félix Tshisekedi die dienendestaatshoof enpresident.[11] Die Demokratiese Republiek die Kongo is 'n lidland van dieVerenigde Nasies (VN), dieAfrika-unie (AU), dieBeweging van Onverbonde Lande (BOL), dieOos-Afrikaanse Gemeenskap (OAG) en dieSuider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG). Tydens die ampstermyn van Joseph Kabila isMoïse Katumbi as die tweede magtigste man in die land beskou.[12]

Onderwys

[wysig |wysig bron]

DieUniversiteit van Lovanium in die destydse Belgiese Kongo naby Leopoldstad (nou Kinshasa) is eens as een van die beste universiteite in Afrika beskou en het in 1971 deel geword van die nuwe Universiteit van Kinshasa.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"The Constitution of the Democratic Republic of the Congo, 2005"(PDF). constitutionnet.org.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019. Besoek op27 Februarie 2021.
  2. (fr)"Congo-Kinshasa". Universiteit van Laval.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2019. Besoek op27 Februarie 2021.
  3. (en)"Freedom in the World 2018 – Congo, Democratic Republic of (Kinshasa)".Freedomhouse. Freedomhouse. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 2 Mei 2019. Besoek op9 September 2019.
  4. 4,04,14,24,34,44,54,6(en)"Congo, Democratic Republic of the".Central Intelligence Agency. Besoek op18 Junie 2024.
  5. 5,05,15,25,3(en)"Democratic Republic of the Congo".Internasionale Monetêre Fonds. April 2024. Besoek op18 Junie 2024.
  6. (en)"Human Development Report 2023/2024"(PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op18 Junie 2024.
  7. (en)"Gini index – Congo, Dem. Rep".Wêreldbank. Besoek op18 Junie 2024.
  8. (en)Starbird, Caroline; Deboer, Dale; Pettit, Jenny (2004).Teaching International Economics and Trade. Center for Teaching International Relations, Universiteit van Denver. p. 78.ISBN 978-0-943804-92-7.
  9. (en)Office of the United States Trade Representative (2003). Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se Komitee van Maniere en Middele (red.).Comprehensive Report on U.S. Trade and Investment Policy Toward Sub-Saharan Africa. Message from the President of the United States. United States Government Printing Office. p. 87.ISBN 978-1-4289-5014-6.
  10. (en)"Time series of the population of the 30 largest urban agglomerations in 2011 ranked by population size, 1950–2025"(XLS). United Nations, Population Division.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2013. Besoek op25 Junie 2012.
  11. (en)"Felix Tshisekedi inaugurated: What to expect from DR Congo's new leader?".BBC. 24 Januarie 2019. Besoek op18 Junie 2024.
  12. (en)"An old ally of Joseph Kabila leaves the ruling party". The Economist. 6 Oktober 2015. Besoek op18 Junie 2024.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
Algemeen

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metDemokratiese Republiek die Kongo.
Lande en gebiede inAfrika
Onafhanklike lande
Omstrede gebiede
Afhanklike gebiede
Frankryk
Portugal
Spanje
Verenigde Koninkryk
Lande van
1. Landdeels inAsië.
Lidlande
Leiers
Voorsitters
Sekretarisse-Generaal
Sien ook
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Demokratiese_Republiek_die_Kongo&oldid=2735937"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp