DieDemokratiese Party (Engels:Democratic Party), of kortDemokrate (Democrats), is een van die twee hedendaagse grootpolitieke partye in dieVerenigde State, saam met dieRepublikeinse Party. Die party se erfenis strek terug naThomas Jefferson enJames Madison se Demokraties-Republikeinse Party (Democratic-Republican Party) en die hedendaagse Demokratiese Party is in omtrent 1828 gestig, wat dit die wêreld se oudste aktiewe party maak.[5] Hul nieamptelike kleur isblou en hul nieamptelike wapendier is diedonkie. Met 'n geskatte ledetal van 43,1 miljoen in 2012 is die Demokratiese Party die grootste party van die Verenigde State.[6]
Nast se spotprent van 1870 met die eerste noemenswaardige verskyning van die Demokratiese donkieAmerikaanse burgers volgens affiliasie met Onafhanklikes, Demokrate of RepublikeineDiedonkie, die nieamptelike kenteken van die Demokratiese PartyKaart van goewerneurs vanAmerikaanse deelstate volgens hul lidmaatskap:
Demokrate
Demokrate/Partido Popular Democrático (Puerto Rico)
Republikeine
Onafhanklik
Die Demokratiese Party was oorspronklik diekonserwatiewe van die twee groot partye, terwyl die Republikeinse Party dieliberale party was. Die Demokratiese Party het byvoorbeeld dieslawerny van dieSuidelike Verenigde State ondersteun en tydens dieAmerikaanse Burgeroorlog die enigste president van dieGekonfedereerde State van Amerika,Jefferson Davis, aangestel. Hul eweknie, die Republikeinse Party, is op 20 Maart 1854 as 'n liberale antislawernyparty gestig en het in 1860 metAbraham Lincoln hul eerstepresident aangestel wat tot die Amerikaanse Burgeroorlog en die stigting van die Gekonfedereerde State van Amerika gelei het. Ná die sluipmoord op Abraham Lincoln het die Demokraat en adjunkpresidentAndrew Johnson in 1865 president geword.
Onder Woodrow Wilson se Demokratiese opvolger,Franklin D. Roosevelt, het die Verenigde State as gevolg van dieaanval op Pearl Harbor in Desember 1941 dieTweede Wêreldoorlog teenNazi-Duitsland,Italië enJapan betree wat tydens die ampstermyn van sy opvolger,Harry S. Truman, deur die gebruik van tweekernwapens in Augustus 1945 beëindig is. NadatNoord-Koreaanse troepeSuid-Koreaanse grondgebied op 25 Junie 1950 aangeval het, het die Verenigde State saam met ander lande troepe naKorea ontplooi en die voorste linie tot die Chinese grens verskuif. Die Geallieerde magte is deur dieVolksrepubliek China tot die Deling-grens teruggedryf, waarna dieKorea-oorlog op 27 Julie 1953 deur die ondertekening van 'nwapenstilstand beëindig is. Onder Harry S. Truman het die Demokratiese Party hulself verder na links geskuif, nadat lede van die konserwatiewe vleuel die Demokratiese Party verlaat en by die Republikeinse Party aangesluit het.
TydensJohn F. Kennedy se kort ampstermyn het dieKoue Oorlog in 1962 sy hoogtepunt bereik, nadat dieSowjetunie kernwapens opKuba gestasioneer het en Kennedy met 'n direkte konfrontasie die ontrekking daarvan afgedwing het. Nadat Kennedy op 22 November 1963 inDallas,Texas, vermoor is, het sy partygenootLyndon B. Johnson president geword. As gevolg van die omstrede Tonkin-voorval het die Verenigde State op 2 Augustus 1964 dieViëtnamoorlog betree, wat met die nederlaag van Suid-Viëtnam en die vereniging van Viëtnam geëindig het. Tydens Johnson se ampstermyn is die rassekwessie dwarsdeur die hele land debatteer, gelei deurMartin Luther King jr. wat op 4 April 1968 inMemphis,Tennessee, vermoor is. In daardie dekade het die Republikeinse Party 'n meer konserwatieweideologie aangeneem.
TydensJimmy Carter se ampstermyn in 1978 is die vredesverdrag tussenEgipte enIsrael onderteken. In dieselfde jaar is die diplomatiese betrekkinge met dieRepubliek China laat vaar en met die kommunistiese Volksrepubliek China vervang. Jimmy Carter se ampstermyn word beskou as die enigste termyn van 'n Amerikaanse president sedert die Tweede Wêreldoorlog waartydens die Verenigde State nie oorlog gevoer het nie. Jimmy Carter is in 2002 weens sybuitelandse beleid met dieNobelprys vir Vrede bekroon.
Bill Clinton se ampstermyn is gekenmerk deur die nadraai van die Koue Oorlog se einde met dieOntbinding van die Sowjetunie en die bloedige verbrokkeling vanJoego-Slawië. Sy buitelandse beleid het veral op goeie betrekkinge met die voormalige vyandeRusland en die Volksrepubliek China China asook dieArabies-Israeliese konflik gefokus. Hy het die president van Israel, Yitzhak Rabin, en die koning vanJordanië, Hussein I, in 1994 tot die ondertekening van die Israelies-Jordaanse vredesverdrag aangemoedig.
In 2009 isBarack Obama as die eersteAfro-Amerikaanse president van die Verenigde State ingesweer. Hy is in dieselfde jaar met die Nobelprys vir Vrede bekroon. Hy het die gesondheidsorghervorming (Obamacare) geïmplementeer wat toegang verskaf tot gesondheidsdienste vir almal, onafhanklik van hul sosiale status of salaris. Tydens sy ampstermyn is ook 'n ekonomiese stimuluspakket en die Dodd–Frank-wet op finansiële hervorming goedgekeur, terwyl dieKubaans-Amerikaanse Betrekkinge vir die eerste keer in meer as 50 jaar genormaliseer is.
Vier jaar later is Obama se voormalige adjunkpresidentJoe Biden as president ingesweer. Onder sy bewind het die party 'n meer progressiewe ekonomiese beleid nagestreef. Ná 'n Hooggeregshofbeslissing wat destyds 'n meerderheid konserwatiewe regters gehad enaborsies landswyd verbiet het, het die party hom ook viraborsieregte beywer. In sy buitelandse beleid het Biden veral te kampe gehad met die deur sy Republikeinse voorgangerDonald Trump besluite skielike onttrekking van Amerikaanse troepe uit Afghanistan. Vroeg in 2022 het RuslandOekraïne binnegeval, waarna die Verenigde State by verre die grootste wapenverskaffer van Oekraïne geword het. Later dieselfde jaar hetHamas 'n bloedige oorval op Israel geloods, waarmee dieIsrael-Hamas-oorlog uitgebreek het wat intussen ook Iran en Libanon betrek.
Die Demokratiese Party het al 16 presidente aan die hoof gehad, waarvan twee tydens albei wêreldoorloë:Woodrow Wilson enFranklin D. Roosevelt. Drie Demokratiese presidente is met die Nobelprys vir Vrede bekroon: Woodrow Wilson in 1919, Jimmy Carter in 2002 en Barack Obama in 2009.