Demis Roussos (geboreArtemios Ventouris Roussos;Alexandrië,15 Junie1946 –Athene,25 Januarie2015) was 'nGriekse sanger. Hy het in die 1970's as 'n solokunstenaar internasionale trefferplate vervaardig nadat hy aanvanklik lid vanAphrodite's Child, 'n progressiewe rock-groep, was.
Roussos het sy sololoopbaan in 1971 met die liedjieWe Shall Dance begin. Aanvanklik was hy onsuksesvol, maar hy het deur Europa getoer en 'n vooraanstaande kunstenaar geword. Hy het sy solohoogtepunt in die 1970's bereik met 'n paar trefferalbums. Sy enkelsnitForever And Ever het in 1973 (1976 in dieVerenigde Koninkryk) die topplek in verskeie lande behaal. Sy ander treffers wasMy Friend The Wind,My Reason,Velvet Mornings,Goodbye My Love, Goodbye,Someday Somewhere enLovely Lady of Arcadia.
Meer as 60 miljoen van sy albums is wêreldwyd verkoop.
Roussos is op 25 Januarie 2015 dood terwyl hy in die Ygeia-hospitaal inAthene, Griekeland, was.