In dieGriekse mitologie was Delphi die ligging van dieDelphiese orakel, die belangriksteorakel van die klassieke Griekse wêreld, en ’n vername heiligdom vir die godApollo nadat hy diePiton sou verslaan het. Dié was ’ngodheid wat glo hier gewoon en diemiddelpunt van dieaarde beskerm het. Sommige beweer Pito (afgelei van die werkwoordpythein, "om te vrot") was die oorspronklike naam van die ligging na aanleiding van die Piton wat hier deur Apollo verslaan is.[2] DieHomeriese lofsang aan die Delphiese Apollo roep egter in herinnering dat die antieke naam van die terrein "Krisa" was.[3]
Uitleg van die Tempel van Apollo by Delphi.
Apollo se heilige gebied in Delphi was ’n panhelleense heiligdom, waar atlete van oor die Griekse wêreld vanaf 586 v.C. elke vier jaar[4] meegeding het in diePitiese Spele, een van die vierpanhelleense (of stephanitiese)spele, voorgangers van dieOlimpiese Spele. Aan die wenners by Delphi is ’n lourierkroon toegeken wat seremonieel van ’nboom in Tempe gesnoei is, deur ’n seun wat ’n vertolking gelewer het van die onderwerping van die Piton.[4] Delphi het verskil van die ander speleterreine aangesien dit ook gasheer was vir diemousikos agon, ’n kompetisie in musiek.[2] Die Pitiese Spele was, wat belangrikheid en chronologiese volgorde betref, tweede uit die vier stephanitiese spele.[5] Dit het egter nie, soos die spele byOlimpia, die belangrikste rol in die bestaan van die stad verteenwoordig nie. Delphi sou ’n vername stad gewees het of dit gasheer was vir die spele of nie; dit het ander attraksies gehad wat daartoe gelei het dat dit as dieomfalos ("middelpunt") van die aarde beskou is.[6]
In die binnestehestia ("herd") van die Tempel van Apollo het ’newige vlam gebrand. Ná dieVeldslag van Plataia het die Griekse stede hul eie vure uitgedoof en nuwe vure uit Delphi gebring; in die ontstaanverhale van verskillende Griekse kolonies is die stigtingskoloniste eers by Delphi ingewy.[7]
↑Lofsang aan Pitiese Apollo, l. 254-74:Telphousa sou ’n voorstel aan Apollo gemaak het om sy orakeltempel te vestig by die ligging van "Krisa onder die ooptes vanParnassos".