De facto is 'nLatynse uitdrukking wat "feitlik", "in praktyk" of "volgens gebruik" beteken wat nie uitdruklik in die wet voorgeskryf word nie. Dit word algemeen gebruik in teenstelling totde jure (wat beteken "volgens wet") wanneer daar verwys word na sake aangaande diewet,regering of tegnieke (soos onder andere standaarde), wat aangetref word uit alledaagse ervaring soos geskep of ontwikkel sonder of in stryd met 'n regulasie. Wanneer dit betrekking het op 'n wetlike onderwerp verwysde jure na wat die wet sê, terwylde facto verwys na aksies wat gebeur in algemene praktyk.
Die termde facto mag ook gebruik word wanneer daar geen relevante wet of standaard bestaan nie, maar die algemene praktyk goed gevestig is, selfs al is dit nie heeltemal universeel nie.
- 'n De facto regering is een wat homself onderhou deur 'n suksesvolle magsvertoon teen die wil van die regmatige wettige regering, selfs al is dit net tydelik en dan sodoende die instellinge van die regmatige wettige regering dwarsboom deur sy eie instellinge daar te stel in die plek daarvan.[1]
'nde facto standaard is 'n tegniese of anderstandaard wat so oorheersend is dat almal dit oënskynlik navolg asof dit 'n goedgekeurde standaard is. Diede jure standaard verskillend wees: een voorbeeld is die oortreding van die spoedbeperking op snelweë. Alhoewel diede jure standaard is om by die snelheidsperk of laer snelheid te ry, is diede facto standaard in baie plekke om teen by die snelheidsperk of effe vinniger te ry.
'n Ander voorbeeld: daar is geen wet wat die byvoeging van 'n 27ste letter soosÞ tot die 26 letterLatynse alfabet verhoed nie. Die byvoeging word verhoed deur die praktiese probleme wat daarmee verbind word en daarom bestaan daar vandag 'nde facto beperking op die verandering van die alfabet; dit is onprakties om 'n letter by te voeg aangesien niemand dit sal erken nie.
'nDe facto standaard word dikwels nie formeel gedefinieer nie en maak eenvoudig staat op die feit dat iemand met 'n idee vorendag gekom het wat so gewild is dat dit nageboots word. Tipiese skeppers vande facto standaarde is indiwiduelemaatskappye,korporasies enkonsortiums. In die rekenaarwese wordde facto standaarde somsde jure standaarde as gevolg van hulle markaandeel in 'n relevante mark.JavaScript deurNetscape is gestandaardiseer asECMAScript en dele van dieDOM Vlak 0 is gestandaardiseer in die DOM Vlak 1/2 HTML spesifikasie.
Die aanvaarding van die de facto nasionale tale is 'n manier om onbevooroordeeld te bly. In dieVerenigde State het die federale regering nie 'n amptelike nasionale taal verklaar nie.Engels word aanvaar as die de facto nasionale taal. Om die situasie draaglik te maak het die federale regering die verskillende deelstate die reg gegee om amptelike tale te verklaar. Hierdie reg is al uitgeoefen metNieu-Meksiko wat beide Engels en Spaans as amptelike tale erken.Louisiana gebruikFrans en Engels as amptelike tale enHawaii gebruik dieHawaiïs en Engels as amptelike tale.
Op soortgelyke wys wasRussies nie die wetlike amptelike taal van die voormaligeSowjet-unie nie, maar wel die de facto taal. 'n Soortgelyke toestand heers in dieVerenigde Koninkryk waar Engels die dominante taal is.Swede is 'n ander geval van 'n land met geende jure taal. Engels word toenemend deur sy algemene gebruik en groei aslingua franca as diede factointernasionale taal beskou.
'nde facto regering is 'n regering is een waarvan al die kenmerke van soewereiniteit deur oorname, oorgedra is vanaf die wettige regering na 'n ander groep wat hul posisie onderhou deur die gebruik van mag.[2]
In die politiek is 'nde facto leier van 'n land of gebied die persoon wat die gesag aangeneem het, ongeag of dit deur wettige-, grondwetlike- of regverdige metodes was; dikwels word die term slegs gebruik vir diegene wie se mag deur die een of ander faksie as onwettig, ongrondwetlik of andersins as onregverdig beskou word, dikwels deur die afsetting van 'n vorige leier of die ondergrawing van 'n bestaande regeerder se gesag.De facto leiers hoef nie noodwendig amptelike posisie te beklee nie en kan dikwels hulle gesag op 'n informele manier afdwing. Hulle gesag kan egter nie ontken word nie en word ander gedwing om hulle posisie as regeerder te erken.
Nie allediktators isde facto regeerders nie.Augusto Pinochet vanChili het byvoorbeeld aanvanklik sy mag verkry as voorsitter van 'nmilitêre junta, wat hom vir 'n kortstondige tydperk diede facto leier van Chili verklaar het, maar toe het hy later die grondwet aangepas en homself die formele en wettige regeerder van Chili gemaak.Saddam Hussein se formele heerskappy oorIrak word aangeteken as sou dit in 1979 begin het, die jaar toe hy president van Irak geword het. Syde facto heerskappy het egter reeds begin toe hy as vise-president 'n groot mate van mag uitgeoefen het ten koste van die bejaardeAhmed Hassan al-Bakr.
'n Ander voorbeeld van 'nde facto heerser is iemand wat nie die eintlike heerser is nie, maar baie groot invloed oor die ware heerser uitoefen. Hierdie vorm vande facto heerskappy kom dikwels inmonargieë voor. 'n Paar voorbeelde van sulke de facto heersers is dieKeiserin-weduwee en regentes Cixi van China, PrinsAlexander Menshikov van Rusland,Kardinaal de Richelieu van Frankryk en KoninginMarie Caroline van Napels en Sisilië.
Ander noemenswaardige de facto heersers wasDeng Xiaoping van dieVolksrepubliek China en GeneraalManuel Noriega vanPanama. Beide hierdie mans het bykans totale beheer oor hulle onderskeie volke gehad vir baie jare, ten spyte daarvan dat hulle nie wettige grondwetlike ampte of wettige magtiging gehad het om mag uit te oefen nie.
Diede factogrense van 'n land word gedefinieer as die gebied wat sy regering in staat is om sy wette te laat geld en om teen ander lande te verdedig wat daardie grondgebied moontlikde jure opeis; die lyn van beheer inKasjmir is 'n voorbeeld van 'n de facto grens.
Op soortgelyke wyse kan 'n nasiede factoonafhanklikheid geniet soos inSomaliland, waar die onafhanklikheid nie deur ander nasies of internasionale liggame erken word nie, al het dit sy eie regering wat absolute beheer oor sy opgeëiste gebied uitoefen.
De factorasseskeiding kom dikwels voor waar die gebruikers van 'n gegewe fasiliteit soos 'n biblioteek of skool geneig is om uit daardie buurt te kom en dus die etniese samestelling verteenwoordig. Die fasiliteit word dan ras- of etnies geskei sonder dat daar 'n wet bestaan wat diede jure skeiding afdwing.
'nDe factomonopolie is 'n stelsel waar baieverskaffers van 'n produk toegelaat word om dit te doen maar die mark word sodanig oorweldig deur 'n enkele verskaffer dat die ander verskaffers vir alle praktiese doeleindes net sowel nie bestaan het nie. Mededigingswetgewing is tipies gemik op hierdie soort situasie.
'n Paar wat saambly buite die raamwerk van diehuwelik se maats word dikwels na verwys as 'nde factoman ofvrou deur sommige owerhede en in sommige gevalle het so 'n verbintenis dieselfde wetlike implikasies as 'n tradisionele huwelik.
- ↑Wortham v. Walker, 133 Tex. 255, 128 S.W.2d 1138, 1145. Black’s Law Dictionary 4th Edition (1951) page 504.
- ↑30 Am Jur 181. Law Dictionary, James A. Ballentine, Second Edition, 1948, page 345.