Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

De Havilland Vampire

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
De Havilland Vampire
Vampire T.11 van dieUK Vampire Preservation Group doen vertoonvlug by dieCotswold Air Show
TipeVegvliegtuig
VervaardigerDe Havilland
English Electric
Nooiensvlug20 September 1943
Bekendstelling1946
StatusOnttrek
HoofgebruikersBritse Lugmag
Britse Vloot
Aantal gebou3,268
Weergawesde Havilland Venom

DieDe Havilland Vampire isBrittanje se eerste enkelsitplek straalaangedrewevegvliegtuig. Hierdie vliegtuig se ontwerp was gedoen met die doel om 'n straalmotor optimaal te gebruik en was nie net 'n gewone skroefaangedrewevliegtuig wat aangepas is vir 'nstraalmotor nie. Die ontwerp maak voorsiening vir tweelingvalbome en 'n enkele, sentrale gondel wat die kajuit en wapentuig huisves.

Die vliegtuig het sy nooiensvlug op 20 September 1943 voltooi met Geoffrey de Havilland in beheer. Dit was net sestien maande nadat die detailontwerp begin is. Die produksiemodelle was egter te laat om deel te neem aan dieTweede Wêreldoorlog en is eers in 1946 in diens gestel by eskaders van dieBritse Lugmag. Dit was toe die tweedestraalvliegtuig wat in diens gestel is na dieGloster Meteor. Die prototipe se motor kon slegs 1 226 kg stukrag verskaf teenoor die hedendaagseEurofighter Typhoon se turbowaaiermotore wat 6 097 kg stukrag verskaf.

In die eerste paar jaar na die Tweede Wêreldoorlog het dieVampire 'n groot rol gespeel inBrittanje se eerste linie van verdediging totdat hulle vervang is deur dieMeteor 8 in 1951. Teen daardie tyd was dieVampire gebruik die die Britse Lugmag on dieVerre Ooste asook deur lugmagte van die Verre Ooste. Hulle is later almal vervang deur dieDe Havilland Venom.

In Desember 1945 het die eerste straalvliegtuig 'n landing gemaak op die dek van 'n skip, gedoen deur 'nSea Vampire. DieSea Vampire was 'n versterkteVampire F.B.5 om die ekstra kragte wat die landingshaak uitoefen teen te werk om sodoende opvliegdelskepe te kan land. Dit het ook aan dieBritse Vloot 'n geleentheid gebied om dieSea Vampire as 'n opleidingsvliegtuig te gebruik vir hulle eerste geslag straalvliegtuig vlieëniers.

Die meesteVampire's het tot in die 1970's diens gedoen; in dieDominikaanse Republiek enSwitserland is hulle eers in die 1980's onttrek.

Gedurende die vroeë het die Franse maatskappySNCASE 430Vampire's onder lisensie vervaardig byMarseille; hulle het dié vliegtuig dieMistral genoem.Macchi vanItalië het 80 enSwitserland 178 gebou.

DieVampire NF.Mk 10 is 'n nag vegvliegtuig waarvan 95 gebou is. 'n Paar was later aan dieIndiese Lugmag verkoop in die 1950's.

Tegniese besonderhede

[wysig |wysig bron]
Besonderhede van die De Havilland Vampire F.1:
ItemStatistiek
Aantal motors1
Tipe motorStraalmotor
Vervaardigerde Havilland Goblin 1 turbostraal
Kraglewering per motor1 408 kg stukrag
Vlerkspan12,2 m
Lengte9,37 m
Hoogte2,69 m
Vlerkoppervlakte24,35 m2
Maks. opstygmassa4 760 kg
Maks. snelheid868 km/h
Operasionele hoogte12 500m
Togafstand1 175km
Klimvermoë1 312 m per minuut
BewapeningVier 20 mm kanonne in die neus

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Bron

[wysig |wysig bron]
Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=De_Havilland_Vampire&oldid=2855578"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp