Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Daspletosaurus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel bevat nie ’nbronnelys nie, wat beteken dat die inhoud niegeverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.
Die grootte van verskeie soorte tirannosourides in vergelyking met die mens. (bron)

Daspletosaurus
Tydperk:Campanium77–74 m. jaar gelede
Daspletosaurus in die Field-museum inChicago.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Superfamilie:
Familie:
Genus:
Daspletosaurus

(Russell, 1970)
Bionominale naam
Daspletosaurus torosus
Daspletosaurus
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk:Animalia
Filum:Chordata
Klade:Dinosauria
Klade:Theropoda
Familie:Tyrannosauridae
Genus:Daspletosaurus
(Russell, 1970)

Daspletosaurus ("vreesaanjaende akkedis") was ’ngenusTyrannosauridae-dinosourusse wat tussen sowat 77 en 74 miljoen jaar gelede tydens dieLaat Kryt-periode in westelikeNoord-Amerika voorgekom het.Fossiele van die enigstespesie met ’n naam,D. torosus, is in dieKanadese provinsieAlberta gevind, en ’n ander moontlike spesie in Alberta enMontana,VSA. Met dié onbeskryfde spesie ingesluit, isDaspletosaurus die tirannosouriër-genus met die meeste spesies.

Diedaspletosourus is naby verwant aan die veel groterTyrannosaurus. Nes ander tirannosourides was dit ’n tweevoetigeroofdier van etlike tonne met tientalle groot, skerp tande. Hy het die tipese klein voorpote van die tirannosourides gehad, maar hulle was langer in vergelyking met die res van die lyf as in ander genera.

Hy was aan die bopunt van syvoedselketting en het groot dinosourusse soosCentrosaurus enHypacrosaurus gejag. In sommige gebiede het die daspletosourus saam met ’n ander tirannosouride,Gorgosaurus, voorgekom; dit lyk egter of elk in sy eie nisse gehou het.

Taksondatabasisse
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Daspletosaurus&oldid=2581243"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp