Darius Dhlomo | |
![]() Dhlomo in aksie vir Enschedese Boys (21 Oktober 1962) | |
Persoonlike besonderhede | |
---|---|
Gebore | 9 Augustus 1931 Durban,Unie van Suid-Afrika |
Sterf | 13 Junie 2015 Enschede,Nederland |
Politieke party | Partij van de Arbeid |
Darius Mfana Temba Dhlomo (*9 Augustus1931 – †13 Junie2015) was 'nSuid-Afrikaansesokkerspeler, akteur,bokser,musikant enpolitieke aktivis.
Naas sy boksloopbaan het hy uitgedraf askaptein van die Baumannville City Blacks en die Natalse provinsiale sokkerspan. In 1958 het hy naNederland verhuis om virSC Heracles te speel. By Heracles was hy saam metSteve Mokone die eerste swart Suid-Afrikaners in 'nEuropese sokkerliga.
Met sy debuutwedstryd teen Rigtersbleek het hy onder die paviljoen verklee. Hy het nie besef dat Nederland nie 'napartheidsbeleid toepas nie. Die aanvaller Joop Schuman het hom ingelig dat hy saam met sy wit medespelers kan aantrek.
In Nederland het hy ook virVitesse Arnhem, DHC Delft,HVV Tubantia enEnschedese Boys gespeel. By die Enschedese Boys het hy saam met die Nederlandse sokkerlegendeAbe Lenstra uitgedraf.
Dhlomo was ook 'n aktiewe lid van dieAfrican National Congress. Daarom kon hy nie voor1992 na Suid-Afrika terugkeer nie. Hy het inEnschede aangebly en was in Nederland 'n aktiewe lid van diePartij van de Arbeid.
In die NederlandserolprentDe Zwarte Meteoor (oor die lewe van Steve Mokone, 2000) het Dhlomo die rol van Steve Mokone vertolk.