Die stad Dakar is gevorm rondom 'nFranse fort. Dit is in1857 gestig nadat inwoners van die nabygeleëGoréeeiland daarheen getrek het. Dit ontwikkel as 'nhawe en om 'n spoorlyn naSint-Louis wat in1885 ingebruik geneem is maar nou slegs vir spesiale uitstappies gebruik word. Die stad, geleë op dieCap-Vert skiereiland, word later 'n vlootbasis, en vervang Sint-Louis as die hoofstad vanSenegal.
Die Fort D'Estrees op Gorée-eiland, waar slawe aangehou, opgefeil, en in skepe ingepak is, is in die20ste eeu deur die Senegalese regering restoureer en in 'n museum verander. Frans-Wes- Afrika se hoofkwartier was hier toe dit in1862 gestig is.
'n Ry huisvestings aan die uitgang van die stad Dakar
Die stad Dakar is 'n kommune (soms ook in Frans bekend ascommune de ville), een van die 67 kommunes van Senegal. Die Dakarkommune is deur die Franse koloniale administrasie geskep op17 Junie1887 deur dit van die Goréekommune af te skei. Goréekommune wat in1872 geskep is, was self een van die oudste westerse-styl munisipaliteite inAfrika (saam met die munisipaliteite vanAlgerië enSuid-Afrika).
Die Dakarkommune bestaan kontinu sedert 1887 nadat dit deur die nuwe staat Senegal na onafhanklikheid in1960 behou is. Die grense daarvan het egter oor die jare heelwat verander. Die grens van die Dakarkommune het sedert1983 onveranderd gebly. Die Dakarkommune word regeer deur 'n demokraties verkose munisipale raad (conseil municipal), wat vir vyf jaar dien, en 'nburgemeester verkies deur die munisipale raad. Daar was sedert 1887 20 burgemeesters in Dakar. Die eerste swart burgemeester was Blaise Diagne, burgemeester van Dakar van1924 tot1934. Die burgemeester wat die langste gedien het was Mamadou Diop, burgemeester vir 18 jaar tussen1984 en2002.
Uitsig oor die baai van Dakar
Die Dakarkommune is ook 'ndépartement, een van die 34départements van Senegal. Die omstandighede is amper dieselfde as die inParys inFrankryk wat beide 'n kommune en 'ndépartement is. Anders as diedépartements in Frankryk, hetdépartements in Senegal geen politiese mag nie (geen Conceil Général), en is bloot plaaslike administratiewe strukture van die sentrale staat, verantwoordelik vir die uitvoer van sommige administratiewe dienste sowel as die beheer van die aktiwiteite van die communes binne diedépartement.
Diedépartement van Dakar word verdeel in vierarrondissements: Almadies, Grand Dakar, Parcelles Assanies (wat letterlik "drained lots" beteken; dit is een van die digstebevolkste arrondissement van Dakar), en Plateau/Gorée (Dakarmiddestad). Die arrondissements is taamlik anders as die arrondissements van Parys wat bloot plaaslike administratiewe strukture van die sentrale staat is, soos die Senegalesedépartements, en is dus meer vergelykbaar met die Franse departmentele arrondissements.
In1996 is 'n reuse hervorming van die administratiewe en politieke afdeliongs van Senegal deur die Parlement ingestem. Die Dakarkommune, waarvan die bevolking nader kruip aan 1 miljoen inwoners, is geoordeel te groot en te digbevolk om ordentlike deur 'n sentrale munisipaliteit bestuur te kan word, en daarom word Dakar op30 Augustus1996 in 19communes d'arrondissement verdeel.
Hierdiecommunes d'arrondissement is uitvoerige magte verleen en is baie soortgelyk aan gewone kommunes. Hulle het meer magte as die arrondissements van Parys, en is nader aan die Londenseboroughs. Die kommune of Dakar is behou bo die 19communes d'arrondissement, en dit koördineer die aktiviteite van diecommunes d'arrondissement, in baie opsigte soosGreater London die aktiviteite van die London boroughs koördineer.
The 19communes d'arrondissement belong to any of the four arrondissements of Dakar, and thesous-préfet of each arrondissement is in charge of controlling the activities of thecommunes d'arrondissement in his arrondissement.
Diecommune d'arrondissement Dakar-Plateau (34 626 inwoners), in die arrondissement Plateau/Gorée, is die historiese hart van die stad en meeste ministeries en openbare administrasies is daar geleë. Die digste en hoogs bevolktecommune d'arrondissement isMédina (136 697 inwoners), in die arrondissement Plateau/Gorée. Diecommune d'arrondissementYoff (55 995 inwoners), in die arrondissement Almadies, is die grootste een, terwyl die kleinste een diecommune d'arrondissementÎle de Gorée (1 034 inwoners), in die arrondissement Plateau/Gorée is.
Diedépartement Dakar is een van die vierdépartements van die Dakarrégion, wat een van die 11régions van Senegal is. Die Dakarrégion bestaan uit die stad Dakar en al sy woonbuurte op dieCap-Vertskiereiland. Die oppervlak daarvan is dus ongeveer dieselfde as die oppervlak van die metropolitaanse gebied van Dakar. Sedert die administratiewe hervormings van 1996, is dierégions van Senegal, wat tot op daardie stadium bloot plaaslike administratiewe strukture van die sentrale staat was, in volwaardige politieke eenhede, met demokraties verkose streeksrade (conseil region), en region presidente omskep. Hulle is uitgebreide magte gegee en bestuur ekonomiese ontwikkeling, vervoer, of omgewingbeskermingsake op die streeksvlak en koördineer dus die aksies van die kommunes onder hulle.
Na die politieke oorgang in 2000 toeAbdoulaye Wade, leier van die opposisie (Senegalese Demokratiese Party, of PDS), President Abdou Diouf (Sosialiste Party van Senegal) verslaan het, is plaaslike verkiesings in 2002 gehou. Twee leiers van die PDS, Pape Diop en Abdoulaye Faye, het gemik om burgemeester van Dakar te word. Op die ou einde is 'n kompromis bereik: Pape Diop sou vir die munisipale verkiesing in Dakar staan, terwyl Abdoulaye Faye vir die régionverkiesing van Dakar sou staan. Die plaaslike verkiesings in Senegal is op12 Mei2002 gehou, en lei daartoe dat die PDS die Sosialiste grootliks verslaan. Pape Diop is as burgemeester van Dakar verkies en verslaan daarmee die Sosialiste burgemeester Mamadou Diop, terwyl Abdoulaye Faye tot president van die streeksraad (regional council) van Dakarrégion, en verslaan daarmee die Sosialiste wat tot op daardie stadium dierégion beheer het.
Terugkeer van vissers by Soumbedioun'nCar rapide in Dakar
Toeriste aantreklikhede in Dakar sluit in belangrikemarkte, Dakar Grand Mosque (in1964 opgerig), Gorée Eiland, die IFAN Museum vanWes-Afrika-kultuur, uitstappies langs die kranse enstrande, enHann Park, tuiste van dieSenegal Dieretuin.
Dakar was voorheen die eindpunt van dieDakar-tydren en Dakar is 'n lid van die Organisasie van Wêrelderfenisstede. Cheikh Anta Diop Universiteit, ook bekend as die Universiteit van Dakar, is in1957 gestig.