Daintree Nasionale Park | |
---|---|
Land | Australië |
Provinsie | Queensland |
Naaste dorp | Daintree |
Koördinate:15°57′33″S145°24′07″O / 15.95917°S 145.40194°O /-15.95917; 145.40194 | |
Oppervlak | 1 200 km² |
Openingsjaar | 1988 |
Bestuursliggaam | Queensland Parks and Wildlife Service |
Webblad | Daintree National Park |
DieDaintree Nasionale Park is in die verre noorde vanQueensland,Australië geleë, sowat 1502 km noordwes vanBrisbane en 100 km noordwes vanCairns. Die park is in 1987 gestig toe dit ook genomineer is as 'nWêrelderfenisgebied. Die park bestaan uit twee dele met 'n gevestigde landbougebied daartussen wat die dorp van Mossman en Daintree insluit.
Die grootste deel van die nasionale park word deurreënwoude bedek. Die reënwoud bestaan reeds 110 miljoen jaar lank en is moontlik die oudste bestaande reënwoud in die wêreld. Die gewilde Mossman Gorge is aan die suidekant van die park geleë.Cape Tribulation is ook in die park geleë. Die park is ook die tuiste van diebouncing stones Aborigine terrein.