Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Dagestan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Republiek van Dagestan
Республика Дагестан
Die ligging van Dagestan in Rusland.
Die ligging van Dagestan in Rusland.
Politieke status
LandRussiese Federasie
Federale distrikNoord-Kaukasiese
Ekonomiese streekNoord-Kaukasiese
Stigting20 Januarie1921
Regering
HoofstadMachatsjkala
LeierRamazan Abdoelatipof
AmpWaarnemend
WetgewerVolksraad
Bevolking
Sensus2010
Totaal2 910 249
Volgorde12de
Digtheid57,86 /km2
Stedelik45,2%
Plattelands54,8%
Statistiek
Oppervlakte50 300 km2
Volgorde52ste
TydsoneUTC+04:00
Registrasienommer05
Amptelike taleRussies, ens.
Webtuistehttp://www.e-dag.ru/
Wapen en vlag
Wapen
Wapen

Portaal Portaalicoon  Rusland

DieRepubliek van Dagestan (Russies: Респу́блика Дагеста́н,Respoeblika Dagestan) is ’n republiek (’ndeelgebied) vanRusland. Dit is die grootste republiek in die Noord-Kaukasus wat grootte en bevolking betref.

Die woord "Dagestan" beteken "land van berge". Dit word in dieArabiese alfabet geskryf asداغستان.

Geografie

[wysig |wysig bron]
’n Paartjie in tradisionele klere. Sergei Prokoedin-Gorski, omstreeks 1907 tot 1915.
Bote vaar op die Soelakrivier in die Soelakcanyon. Dit is die diepste canyon in Europa.

Dagestan is in die Noord-Kaukasiese berge geleë. Dit is die mees suidelike gebied van Rusland. Dit is 50 300 km² groot en grens aanKalmikië,Tsjetsjnië,Stawropol-krai,Azerbeidjan,Georgië en dieKaspiese See.

Die grootste deel bestaan uit berge en die hoogste punt isBerg Bazardjoezi, wat 4 466 meter hoog is. Daar is sowat 1 800 riviere, waarvan die belangrikstes die Soelak, Samoer en Terek is.

Demografie

[wysig |wysig bron]

Vanweë die berge wat reis en kommunikasie bemoeilik, is die republiek etnies uiteenlopend. Anders as in die res van Rusland groei die bevolking vinnig. Volgens die2002-sensus maak Avars, Dargins Tabasaranins en Lezgins 80% van die bevolking uit, Koemiks en Nogai 15% en Russe 4% enRutuls 1%. Daar is ook talle ander groepe. Ondanks die etniese verskeidenheid is sowat 95% van die bevolkingMoslems.

Die taal wat die meeste gepraat word, is Russies, maar meer as 30 plaaslike tale word ook gepraat.

Ekonomie

[wysig |wysig bron]

Die volgende sektore word onderskei:

Van die belangrikste produkte wat vervaardig word, is kos, krag, olie, masjiene, chemiese stowwe en instrumente. Vis, wyn, brandewyn en vrugte is van die belangrikste landbouprodukte.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
Republieke (21)
Krais (9)
Oblaste (46)
Outonome oblast (1)
Outonome okroegs (4)
Federale stede (2)
Onerken1 (6)
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Dagestan&oldid=2587896"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp