DVD-logoDVD-weergawe- (links) en -opnamemedia (regs) kan maklik onderskei wordGebiede van die Wêreld volgens DVD-kodes
DVD is 'n formaat vir optiese stoorskywe, wat soos die kompakskyf (CD) uitpolikarbonaat bestaan, 'n deursnee van 12 sentimeter en 'n dikte van 1,2 millimeter het. In teenstelling met die CD word dit egter uit twee plate van 0,6 millimeter elk vervaardig, wat die aftasting met 'n laserstraal minder moeilik maak. Die twee kante van 'n DVD-skyf kan albei twee lae met inligting bevat en bied derhalwe 'n stoorkapasiteit wat 25 keer groter kan wees as dié van die CD. Die oordragsnelheid van die DVD is eweneens vertienvoudig.
Aanvanklik staan die afkorting DVD virDigital Video Disc (Digitale Videoskyf), maar dit word gewysig totDigital Versatile Disc (Digitale Veelsydige Skyf) nadat die medium ook as lees- en stoormedium vir rekenaars en as medium vir oudio-toepassings bekend gestel word.
Die DVD-standaarde word ontwikkel en beheer deur dieDVD-Forum, 'n werkgroep van die vernaamste vervaardigers van harde- en sagteware.
Stoor- en opnamemedium vir groot hoeveelhede gegewens, geskik vir TV-programme en video's in hoë resolusie. 25 GB per laag, maks. twee lae vir nou met 'n totaal van 50 GB
+R, +R-DL, +RW: Om lisensiegelde te bespaar en ook om een of ander versoenbaarheidsprobleem op te los, het Philips variante - die sogenaamde +RW-formate - ingevoer. Hulle is min of meer vergelykbaar met die bogenoemde formate, word egter nie deur die DVD-Forum erken nie (daar is dus ook geen "DVD"-kenteken op die verpakking nie). Die +R-DL (Dual Layer) is 'n dubbellaag-formaat wat sowat 8.54 GB in twee lae kan stoor. +R-DL-media en DVD-aandrywers is sedert2004 beskikbaar.
Ondanks sy misleidende naam baseer ook dieSuper Audio CD op die DVD-ROM-formaat.