’n Voorbeeld van dieOudslawiese Cyrilliese skrif. ’n Uittreksel uit die manuskripBdinski Zbornik (1360).[1]
In die 9de eeu het dieBulgaarsetsaar Simeon I (die Grote) voortgebou op die kulturele en politieke koers van sy pa, Boris I. Hy het opdrag gegee vir die skep van ’n nuwe alfabet, dieOu Cyrilliese alfabet, wat dieGlagolitiese alfabet sou vervang wat vroeër deur die broersCyrillus enMethodius en hulle dissipels in die Bulgaarse Ryk geskep is. Die Cyrilliese skrif is in 893 amptelik in Bulgarye in gebruik geneem.[2][3][4]
Die nuwe skrif het die basis van diealfabette in verskeietale geword, veral dié vanOrtodoks-Slawiese oorsprong, en nie-Slawiese tale wat deur Russies beïnvloed is. Dit is eeue lank ook deur Katolieke en MoslemseBosniërs gebruik.
Die skrif het deur die eeue verskeie veranderings en moderniserings ondergaan. Al die Cyrilliese letters word nie vir alle tale gebruik nie; die alfabet word aangepas vir die klanke van elke taal wat dit gebruik. So is daar groot verskille tussen byvoorbeeld die Russiese en die Serwiese alfabet.
Die Cyrilliese skrif is geskep in die tyd van die Eerste Bulgaarse Ryk.[6] Die skrif is afgelei van dieGriekse alfabet, aangevul met letters van dieLatynse en Glagolitiese alfabet, asook ’n paarkoppelletters. Hierdie bykomende letters is inOu Kerkslawies gebruik vir klanke wat nie inGrieks aangetref word nie.
Die Glagolitiese alfabet is deur die monnikebroers Cyrillus en Methodius geskep. Die Cyrilliese alfabet self is nie deur die broers geskep nie, maar waarskynlik deur hul studente in die 890's as ’n meer gepaste skrif vir kerkgeskrifte.[6][7][8] Later het die Cyrillies skrif versprei onder ander Slawiese volke soos dieRusse,Serwiërs en ander, sowel as onder nie-Slawiese volke soos dieMoldowiërs enMongole.
Die skrif het deur die eeue verskeie veranderings en moderniserings ondergaan. In die vroeë 18de eeu is die Cyrilliese skrif wat inRusland gebruik is, in ’n groot mate deurPieter die Grote aangepas nadat hy van sy groot toer deurWes-Europa teruggekeer het. Die nuwe lettervorms, wat die "burgerlike skrif" genoem is, het meer soos Latynse letters gelyk; verskeie argaïese letters is weggelaat en ander is deur Pieter self ontwerp. Daar het ook ’n onderskeid gekom tussenklein- enhoofletters en Wes-Europese tipografie is aanvaar.[9]
Die lettervorms voor die hervorming, wat Полуустав (Poloeoestaf) genoem word, is behou vir gebruik in Kerkslawies en word selfs vandag soms in Russies gebruik, veral as iemand ’n stuk teks ’n "Slawiese" of "argaïese" voorkoms wil gee.
Daar is aanvanklik nie onderskei tussen hoof- en kleinletters nie. Dis moeilik om die vroeë alfabet op rekenaars weer te gee. Baie moderne letters verskil van die ou letters en het deur die eeue verskillende vorms gehad.
TsaarPieter I van Rusland het ’n meer Westerse voorkoms van die Cyrilliese letters in die vroeë18de eeu voorgestaan en dit is mettertyd in ander tale ook aangeneem. Daarom lyk moderne Cyrilliese letters meer soos Latynse as soos Griekse letters. Die ontwikkeling van sekere Cyrilliese lettertipes vir die rekenaar het verder bygedra tot dié ooreenkoms met Latynse letters.
Daar is min verskille tussen die hoof- en kleinletters. Laasgenoemde is meestal kleiner weergawes van eersgenoemde. Daar is ’n groter verskil tussen regop en kursiewe drukskrif – laasgenoemde stem meer ooreen met lopende skrif. Die letterт in kursiewe en lopende skrif is byvoorbeeld die kleinlettervorm van "Т", nie "М" nie, terwyl die regop drukskrif-vorm "т" is.
Die tabel hier onder toon die verskil tussen regop en kursiewe kleinletters van die Russiese alfabet. Kursiewe vorms wat aansienlik van die regop letters verskil of wat besonder verwarrend vir gebruikers van die Latynse alfabet is, het 'n blou agtergrond.
as 'n mede-amptelike skrif. In die geval vanMoldowa enGeorgië is dit in nie-erkende onafhanklike verklaarde deelgebiede
nieamptelik nie, maar word weens historiese omstandighede nog dikwels gebruik
word nie gebruik nie
’n Paar tale wat in Cyrillies geskryf is, is ook in die Latynse alfabet geskryf, soos inAzerbeidjan,Oesbekistan enMoldowa. Ná die verbrokkeling van dieSowjetunie in 1991 het van die voormalige republieke die Latynse alfabet aangeneem as amptelike skrif, soosTurkmenistan, Azerbeidjan en die grootste deel van Moldowa, hoewel Oesbekistan steeds albei stelsels gebruik.
Serwies gebruik beide die Cyrilliese en Latynse alfabet. Volgens die Serwiese grondwet is Cyrillies die enigste amptelike skrif,[10] maar in die praktyk word albei alfabette ewe veel gebruik.
Verskeie stelsels bestaan vir dietransliterasie van Cyrilliese letters in die Latynse alfabet. Elke taal gebruik ’n stelsel wat ooreenstem met sy eie speltradisie. So verskil dieAfrikaanse spelling van name, waarvan die reëls in dieAfrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) beskryf word, van dié inDuits,Nederlands ofEngels. Die gebruik van die letters "ch" om die Afrikaanse g-klank (soos in "gaan") weer te gee en die letter "g" om die klank "gh" (soos in "gholf") weer te gee, is oorblyfsels van die ou Nederlandse stelsel. Vir Engels bestaan verskeie transliterasiemodelle.[11]
Hieronder is 'n vergelyking tussen Afrikaanse, Nederlandse en Engelse transliterasie:
Ё ("jo") word gewoonlik in RussiesЕ (dieselfde as "je") gespel;Ё word gebruik in taalboeke vir beginners, in woordeboeke en opWikipedia, asook in woordpare waar dit die enigste verskil in die spelling is (soosвсе -всё).[14]
↑6,06,1Paul Cubberley (1996) "The Slavic Alphabets". In Daniels en Bright, reds.The World's Writing Systems. Oxford University Press.ISBN 0-19-507993-0.
↑Columbia Encyclopedia, 6de uitg. 2001-05, s.v. "Cyril and Methodius, Saints";Encyclopædia Britannica, Encyclopædia Britannica Incorporated, Warren E. Preece – 1972, bl. 846, s.v., "Cyril and Methodius, Saints" en "Eastern Orthodoxy, Missions ancient and modern";Encyclopedia of World Cultures, David H. Levinson, 1991, bl. 239, s.v., "Social Science"; Eric M. Meyers,The Oxford Encyclopedia of Archaeology in the Near East, bl. 151, 1997; Lunt,Slavic Review, Junie, 1964, bl. 216; Roman Jakobson,Crucial problems of Cyrillo-Methodian Studies; Leonid Ivan Strakhovsky,A Handbook of Slavic Studies, bl. 98; V. Bogdanovich,History of the ancient Serbian literature, Belgrado, 1980, bl. 119
↑Encyclopædia Britannica,Major alphabets of the world, Cyrillic and Glagolitic alphabets, 2008
↑f word gebruik aan die einde van woorde of voor stemlose konsonante.
↑Die gebruik van "j" teenoor "i" kan rofweg aangegee word as dat "j" gebruik word aan die begin van 'n woord, voor 'n klinker en tussen klinkers. Gebruik "i" aan die einde van 'n woord, na 'n klinker of tussen medeklinkers.