DieCutty Sark was een van die laaste grootteeklippers wat in 1869 inSkotland vir die Willis & Sons-redery gebou is om Chinesetee van die nuutste seisoen binne die kortste tyd naEngeland te vervoer.[1] Sy het bekendheid verwerf vir die wedywering met dieThermopylae, om in die jaarlikse wedvaart van rederye éérste uitChina terug inLonden te kom met 'n vrag tee.Cutty Sark het danksy sy die gesofistikeerde vorm van haar romp en haar groot seiloppervlakte 'n topspoed van meer as 17knope bereik.
Teen die 1870's het die einde aangebreek vir seilskepe, aangesien stoombote hul rol oorgeneem het. Vanaf dié tyd het dieCutty Sarkwol tussenLonden enAustralië vervoer. Sy het die afstand in 'n tyd van 69 dae afgelê en alle daaropvolgende reise op één na binne 75 tot 80 dae voltooi. Die ander groot klipper, dieThermopylae, kon dit maar één keer in dieselfde tyd doen.
Later het dieCutty Sark bekend geword as 'n handelsnaam virwhisky en diverse seilkompetisies wat na haar vernoem is. In 1938 het die skip sy laaste vaart onderneem om daarna vir goed na Londen terug te keer.
As die enigste oorblywende teeklipper ter wêreld is dieCutty Sark, wat tydens haar dienslewe by feitlik alle groot seehawens aangedoen het, tans aangemeer op 'n droogdok aan dieTeemsoewer, nie ver van die Nasionale Seevaartmuseum inGreenwich nie, en staan oop vir die publiek.
51°28′58″N0°0′35″W / 51.48278°N 0.00972°W /51.48278; -0.00972