Coronationville | |
|---|---|
| Koördinate:26°11′10″S27°59′20″O / 26.18611°S 27.98889°O /-26.18611; 27.98889 | |
| Land | |
| Provinsie | Gauteng |
| Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
| Hoofplek | Johannesburg |
| Stigting | 24 Julie1954 (of 1953) |
| Oppervlak | |
| • Totaal | 0,85 km2 (0,33 vk. myl) |
| Bevolking (2011)[1] | |
| • Totaal | 4 848 |
| • Digtheid | 5 704/km2 (14 770/vk. myl) |
| Rasverdeling(2011) | |
| • Wit mense | 0,7% |
| • Indiërs/Asiërs | 0,6% |
| • Bruin mense | 38,1% |
| • Swart mense | 60,1% |
| • Ander | 0,5% |
| Taal(2011) | |
| • Engels | 36,6% |
| • Tswana | 30,4% |
| • Suid-Sotho | 6,4% |
| • Afrikaans | 6,2% |
| • Ander | 20,4% |
Coronationville is ’nvoorstad vanJohannesburg, sowat 6 km wes van die stadsaal.
Die voorstad grens in die noordweste en noorde aanNewclare, in die noorde aanWestbury, in die weste aanCrosby en in die suide aanLanglaagte,Industria enIndustria West. Coronationville is uitgelê op die plaseMiddelfontein en Langlaagte, en op24 Julie1954 (of 1953) is die stigting daarvan in dieStaatskoerant gepubliseer. Daarom word soms gemeen die naam is afgelei van koninginElizabeth II se kroning op2 Junie1953, maar die naam was reeds teen 1939 in gebruik; dus het dit bes moontlik betrekking op die kroning van haar vader, koningGeorge VI in Mei 1937.
Ingevolge dieGroepsgebiedewet was Coronationville ’n bruin woongebied; trouens, met die sensus van 2001 het 87% (2 265) van die inwoners hul ras as "bruin" aangedui en 11,8% (306) as swart. Vir die doeleindes van die 2011-sensus is die grense van Coronationville vergroot sodat dit ook die plakkerskamp in Ashantistraat ingesluit het. Dit het meegebring dat die swart bevolking toe 60,1% (2 915) van die totaal uitgemaak het en die bruin bevolking net 38,1% (1 846).