| Coosarivier | |
|---|---|
| Die Coosarivier se River Falls-waterval, met die Jordandam in die agtergrond | |
| Oorsprong | Samevloeiing van Oostanaula- en Etowahriviere |
| Monding | Alabamarivier nabyMontgomery |
| Stroomgebied | DeelstateAlabama enGeorgia,Verenigde State |
| Lengte | 451 km (280 myl) |
| Oorspronghoogte | 175 m (575 voet) |
| Mondinghoogte | 37 m (121 voet) |
| Gemiddelde afloop | 452 m³/s (15 950 ft³/s) |
| Stroomgebiedopp. | 26 159 km²; (10 100 myl²) |
Die stroomgebied van die Coosa- en Alabamariviere | |
DieCoosarivier is 'n takrivier van die Alabamarivier met 'n lengte van sowat 280 myl of 450 km wat deur dieAmerikaanse deelstateAlabama enGeorgia vloei.
Die Coosarivier begin by die samevloeiing van die Oostanaula- en Etowahriviere in Rome, Georgia en vloei net noordoos vanMontgomery, Alabama se administratiewe hoofstad, met die Tallapoosarivier saam om net suid van Wetumpka die Alabamarivier te vorm. Sowat negentig persent van die rivierloop is binne Alabama se grense geleë. Een van dié deelstaat se distrikte, Coosa County, is na die rivier vernoem.
Die Coosa, wat vroeër berug was vir sy stroomversnellings, is vandag een van die mees ontwikkelde riviere in Alabama. Die grootste deel daarvan is opgedam. So benut Alabama Power, 'n afdeling van Southern Company, sewe damme langs die rivier virhidroëlektriese kragopwekking. Terwyl die rivier se ekonomiese ontwikkeling die groei van Alabama se swaar nywerhede bevorder het, word talle dier- en plantespesies, watendemies aan die riviergebied is, deur die damme en waterkragsentrales bedreig.