Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Comrades-maraton

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Comrades-huis in Pietermaritzburg, die administratiewe sentrum van die maraton. Die argitek vir die gebou se herontwerp wasWynand Claassen, eertydse Springbok rugbykaptein, wat ook hierdie ultramaraton 10 keer voltooi het.
Borsbeeld van Vic Clapham by Comradeshuis, Pietermaritzburg.

DieComrades-maraton is die wêreld se oudste en grootsteultramaraton wat elkejaar oor 'n afstand van ongeveer 90 km gehardloop word. Die wedloop vind plaas tussenPietermaritzburg en die kusstadDurban. Die rigting van die wedloop word elke jaar gewissel tussen die op-wedren vanaf Durban en die af-wedren vanaf Pietermaritzburg.

Ontstaan

[wysig |wysig bron]

Die wedloop is begin as 'n idee van Vic Clapham ('n treindrywer van die Suid-Afrikaanse Spoorweë en veteraan van dieEerste Wêreldoorlog wat in 1918 uit Oos-Afrika teruggekeer het) as herdenking aan die Suid-Afrikaanse soldate wat gedurende die oorlog gesneuwel het.[1] Clapham is in Londen gebore op 16 November 1886 en het in sy jeug na SA emigreer. Met die uitbreek van die oorlog, het Clapham in die 8ste Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon geveg en oor die 1700 myl in Afrika gemarsjeer. Die pyn, smart en moeilike tye van sy mede-soldate het so 'n groot indruk op hom gemaak, dat hy besef het iets spesiaals moet gedoen word om dit te herdenk. Aangesien die Olimpiese maraton nog altyd sy verbeelding aangegryp het, het hy besluit om 'n herdenkingsmaraton te hou en die Pietermaritzburgtak van die oudsoldate-organisasieThe League of Comrades of the Great War genader om die saak te bespreek. Die organisasie het egter geweier om só 'n wedloop onder hul beskerming te hou, en Clapham is selfs uitgelag.[2]

Clapham het nie moed opgegee nie, en in 1921 het die organisasie sy toestemming verleen om 'n 56-mylwedren tussen Pietermaritzburg en Durban te hou met die naam Comrades Maraton om 'n lewendige monument te word vir die soldate van die Wêreldoorlog. Die organisasie het aan Clapham een pond vir sy koste geleen wat terugbetaal moes word.[2] Die eerste Comrades-maraton het plaasgevind op24 Mei1921 – Ryksdag (Engels:Empire Day) – vanaf die Stadsaal van Pietermaritzburg met 34 deelnemers. Tot in die 1950's het die maraton op Ryksdag plaasgevind.

Die roete

[wysig |wysig bron]
Wedlooproete

Die wedren word oor 'n strawwe roete afgelê wat vyf heuwels insluit, naamlikCowies Hill, Fields Hill,Botha's Hill, Inchanga en uiteindelik die berugte Polly Shortts. Met die afwaartse wedloop is daar 'n ewe uitdagende stel heuwels en word baie drawwers verras deur die styl heuwels wat hulle teëkom in 'n ren wat as 'n af-wedloop beskryf word.

Reëls

[wysig |wysig bron]

Atlete word tans 12 ure gegun om die wedloop te voltooi. Dit is verleng vanaf die 11 ure wat voor 2003 gegeld het. Daar is 'n aantal afsnypunte langs die roete wat die drawwers voor 'n voorgeskrewe tyd moet bereik as hulle nog in die wedren wil bly.

'n Deelnemer wat 9 maratonne suksesvol afgelê het dra 'n geel nommer, terwyl diegene wat meer as 10 wedrenne kon aflê 'n groen nommer dra, wat permanent aan die drawwer vir alle toekomstige wedlope toegeken word.

Medaljes word toegeken aan al die drawwers wat die wedloop in minder as 12 ure aflê. Medaljes wat tans toegeken word, is as volg:

Goue medaljes: Die eerste 10 mans en aan die eerste 10 vroue.

Die Wally Haward-medalje: Vanaf die 11de posisie tot onder 6 ure en 00 minute.

Silwermedaljes: 6 ure en 00 minute tot onder 7 ure en 30 minute

Die Bill Rowan-medaljes ('n Brons medalje met silwer omring): 7 ure 30 minute tot onder 9 ure 00 minute.

Bronsmedaljes: 9 ure en 00 minute tot onder 11 ure en 00 minute.

Die Vic Clapham-medalje ('n Kopermedalje): 11 ure 00 minute tot onder 12 ure en 00 minute.

2023 Vic Clapham-medalje

Voor 2000 is slegs goud, silwer en bronsmedaljes toegeken. 'n Nuwe medalje, die Bill Rowan medalje wat vernoem is na die wenner van die eerste Comrades in 1921 is in 2000 ingestel. Die medalje word toegekan aan deelnemers wat tye van tussen 7 ure en 30 minute tot 9 ure en 00 minute opstel (voor 2000 sou hierdie deelnemers almal die Bronsmedalje ontvang het). Bill Rowan se wentyd in die eerste wedren was 8 ure 59 minute en daarom sou enige wenner van die Bill Rowan-medalje die wedloop in 'n tyd vinniger afgelê het as wat die wenner dit in die eerste wedren gedoen het.

'n Nuwe kopermedalje, die vyfde in die reeks, is in 2003 bygevoeg. Die Vic Clapham-medalje wat vernoem is na die stigter van die wedren word toegeken aan diegene wat met 'n tyd van tussen 11 ure 00 minute tot minder as 12 ure en 00 minute klaarmaak. Dit stem ook ooreen met die tyd wat na 2000 bygevoeg is om die wedloop te voltooi.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Die wedren was die idee van Vic Clapham, 'n veteraan van dieEerste Wêreldoorlog om die Suid-Afrikaanse soldate te herdenk wat tydens die oorlog gesneuwel het. Clapham, wat 'n 2 700 km mars deur die versengende hitte van Duits Oos-Afrika verduur het, wou hê dat die herdenking 'n unieke toets van fisiese deursettingsvermoë sou wees vir die deelnemers. Die grondwet van die wedloop stel dat die hoofdoel daarvan is om die gees van die mensdom in tye van swaarkry te vier. Die eerste wedren het 24 Mei 1921 plaasgevind en buiten vir 'n onderbreking tydens dieTweede Wêreldoorlog het dit elke jaar sedertdien plaasgevind. Die wedloop in 2015 was die 90ste wedloop gewees.

Vanaf 1962 tot 1994 het die wedloop opRepubliekdag,31 Mei plaasgevind. Na hierdie openbare vakansiedag in die na-apartheidse Suid-Afrika afgeskaf is, is die wedloopdatum verander naJeugdag op16 Junie. In 2007 het die wedrenorganiseerders egter op omstrede wyse onder politieke druk deur die ANC Jeugtak, wat gevoel het dat die wedren die aandag van die betekenis van Jeugdag afgelei het, geswig en die wedloopdatum na die Sondag17 Junie vir 2007 verander.

Die 1920's

[wysig |wysig bron]

Agt-en-veertig drawwers het ingeskryf vir die eerste wedloop in 1921, maar toe die wegspringskoot geknal het was daar slegs 34 drawwers wat kans gesien het vir die moordende wedloop, veral gesien in die lig daarvan dat slegs die laaste paar kilometers daarvan na Durban toe geteer was. 'n Tydsbeperking van 12 uur is daargestel en Bill Rowan het die eerste wenner geword met 'n tyd van 08:59 wat 41 minute vinniger was as die van Harry Phillips wat tweede geëindig het. Van die 34 deelnemers het slegs 16 die wedloop voltooi.

Arthur Newton het die wedloop vir die eerste keer in 1922 gewen. Hy het daarna nog 'n verdere vier wedlope gewen om die dominante drawwer in die 1920's te word. Toe hy die af-wedloop in 'n tyd van 06:56 in 1923 voltooi het, was daar beswaarlik 'n handjievol mense om sy oorwinning te aanskou aangesien niemand geglo het dat dit moontlik was om die afstand so vinnig af te lê nie. Die eerste vrou wat aan die wedloop deelgeneem het, was Frances Hayward in 1923, maar haar inskrywing is van die hand gewys en was sy dus 'n nie-amptelike deelnemer gewees. Sy het die wedloop in 'n tyd van 11:35 voltooi en alhoewel sy nie die Comradesmedalje verower het nie, het 'n aantal drawwers en toeskouers haar met 'n silwer teestel en bak vir haar moeite beloon. In 1924 het die Comrades die minste drawwers ooit gehad met net 24 deelnemers. Vier jaar later in 1928 is die tydsbeperking vir die voltooiïng van die wedloop met 'n uur na 11 uur verminder.

Die 1930’s

[wysig |wysig bron]

In die 1930's was Hardy Ballington die dominante deelnemer met vyf oorwinnings in 1933, 1934, 1936 en 1938. Die wenner van die 1930 wedloop,Wally Hayward sou egter een van die wedloop se grootste legendes word en het 'n verdere vier keer gewen in die vyftigs en was ook die oudste man om die wedloop in 1989 te voltooi. In 1932 was Geraldine Watson, ook 'n nie-amptelike deelnemer, die eerste vrou om beide die op- en die af-wedloop te voltooi.

Die 1940’s

[wysig |wysig bron]

Na Ballington se dominansie van die 1930's is die Comrades gestaak tydens die oorlogsjare vanaf 1941 tot 1945. Tydens hierdie tydperk is twee van die vorige wenners van die wedloop, Phil Masterson-Smith en Frank Sutton dood. In 1948 is nog 'n Comrades-tradisie gebore toe die wedloopbeampte Max Trimborn in plaas van die gewone afsitpistool 'n hoenderhaan se kraai nagemaak het. Die tradisie duur tot vandag toe voort met Trimborn se stem wat op band teruggespeel word.

Die 1950's

[wysig |wysig bron]

In die 1950's het Wally Hayward sy tweede wedloop 'n volle twintig jaar na sy eerste oorwinning gewen en dit toe gevolg met oorwinnings in 1951, 1953 en 1954. Hy sou waarskynlik in 1952 ook gewen het maar het verkies om Suid-Afrika by dieOlimpiese Spele van 1952 in Helsinki te verteenwoordig, waar hy die 10de plek in die maraton behaal het. Ironies genoeg was dit eers na Wally Hayward se aftrede van die Comrades en nadat hy rekords vir die op- en afwedlope opgestel het en daarmee Newton Ballington se aantal oorwinnings geëwenaar het, dat sy prestasies die publiek se verbeelding aangegryp het en die aantal atlete verdubbel het na 100 atlete. In 1958 is die wedloop vir die eerste keer gewen deurJackie Mekler wat ook die Comrades-maraton vyf keer sou wen, twee keer die tweede plek sou behaal en drie keer in die derde plek sou eindig.

Die 1960's

[wysig |wysig bron]

Die 1960's was 'n betekenisvolle tydperk vir die Comrades-maraton met die aantal atlete wat gegroei het van 104 in 1960 tot 703 atlete in 1969. As gevolg van die groter aantal atlete is afsnypunte ingestel byDrummond enCato Ridge. Mekler het 'n mylpaal behaal deur in 1960 die eerste man te word om in minder as ses uur klaar te maak, deur die wedloop in 'n tyd van 5:56:32 te voltooi. Die wenner in 1961 wasGeorge Claassen, 'n skoolhoof en vader vanWynand Claassen, die bekendeSpringbokrugbykaptein gedurende 1981-83, wie ook die Comrades later 10 keer voltooi het.

In 1962 het buitelandse deelnemers vir die eerste keer aan die wedloop deelgeneem toe die Road Runners Club van Engeland vier van die beste langafstandatlete in Brittanje gestuur het. Een van die vier, John Smith, het die wedloop gewen tydens die op-wedloop in minder as ses ure en die rekord met 'n skamele 33 sekondes misgeloop.

In 1965 het die Engelse weer gewen toe Bernard Gomersall Mekler die rekord vir die af-wedloop met 'n tyd van 5:51:09 gewen het. In 1967 was Manie Kuhn enTommy Malone by 'n naelbyt-einde betrokke en het die naaste ooit aanmekaar klaargemaak. Malone het die stadion binnegegaan met 'n skamele 80 meter voorsprong. Kuhn het hom vinnig ingehaal en Malone het begin vinniger hardloop om die lyn eerste te bereik maar met slegs 15 meter oor het hy gestruikel en geval en Kuhn het verbygehardloop om die oorwinning te behaal.

Die 1970’s

[wysig |wysig bron]

Tydens die 1970's het die Comrades aanhou groei met meer as 1 000 deelnemers vir die eerste keer in 1971 en meer as 3 000 in 1979. Vir die eerste keer is die wedloop op radio en televisie uitgesaai. Die wedloop is ook vir die eerste keer vir alle atlete oopgestel in 1975, wat swart atlete en vroue ook toegelaat het om amptelik aan die wedloop deel te neem. In 1975 met die 50 jarige viering van die Comrades het Vincent Rakabele die oopstelling van die wedloop aan swart atlete gevier deur die eerste swart deelnemer te word om amptelik 'n medalje te wen deur 20ste klaar te maak.

Elizabeth Cavanaugh was die eerste vrouewenner met 'n tyd effens meer as 10 uur.

1976 het Alan Robb op die toneel verskyn wat die eerste van sy vier Comrades-oorwinnings behaal het. Robb het weer in 1977, 1978 en 1980 gewen insluitende 'n rekord in 1978 toe hy die lint na 5:29:14 gebreek het, bykans 20 minute en vier kilometer voor die naaswenner, Dave Wright.

Die 1980's

[wysig |wysig bron]

Tydens die 1980's het die Comrades baie vinnig gegroei. Die dekade is ingelui met 4 207 deelnemers in 1980 en het in 1983 vir die eerste keer meer as 5 000 bereik. In 1981 het 'n universiteitstudent van Wits Universiteit, Bruce Fordyce, naaswenner na Robb in 1980 die wedloop gewen. Fordyce was 'n uitgesproke teenstander van apartheid en wou die wedloop boikot om protes aan te teken teen die 20ste viering van die stigting van die Republiek van Suid-Afrika. Fordyce het egter uiteindelik besluit om wel deel te neem maar het 'n swart armband as teken van sy protes gedra.

Fordyce het weer in 1982, 1983, 1984, 1985, 1986 ('n rekord van 5:24:07 vir die af-wedloop), 1987, 1988 ('n rekord vir die op-wedloop) en 1990 gewen vir 'n rekordtal oorwinnings van nege. Hy het nie in 1989 deelgeneem nie. In daardie jaar is 'n groot mylpaal bereik toe Sam Tshabalala die eerste swart wenner van die Comrades geword het.

'n Tenger onderwyseres, Frith Van der Merwe het die vrouewedloop in 1988 gewen in 'n tyd van 6:32:56. In 1989 het Van der Merwe 'n ongelooflike tyd van 5:54:43 opgestel en die vrouerekord oorweldigend verpletter deur vyftiende algeheel te eindig. In dieselfde jaar het Wally Hayward weer by die wedloop aangetree en op die ouderdom van 79 die wedloop in 'n tyd van 9:44:15 klaargemaak. Hy het die prestasie in 1989 se Comrades herhaal toe hy op die ouderdom van 80 die wedloop klaargemaak het met slegs twee minute oor voor die tyd verstreke was, wat hom dan ook die oudste man ooit maak om die wedloop te voltooi.

Rekords

[wysig |wysig bron]

Die wenner van die eerste Comrades-maraton in 1921 was Bill Rowan, wat die 90 km wedloop in 8 uur en 59 minute afgelê het. Verskeie wenners het 'n paar keer gewen, maar niemand meer bekend as Bruce Fordyce nie. Fordyce het die Comrades nege keer gewen, wat agt keer agtereenvolgens insluit van 1981 tot 1988. Ander wenners wat die Comrades 'n paar keer gewen het, sluit in Arthur Newton (5 keer - 1922, 1923, 1924, 1925 en 1927), en Wally Hayward (1939, 1950, 1951, 1953 en 1954). Hayward het die Comrades weer in 1988 (asook in 1989) aangedurf en klaargemaak - as 'n 79-jarige.

Tussen 1994 en 2011 is beide die mans- en vrouewedlope deur buitelanders oorheers, veral deelnemers van Rusland en Duitsland. 'n Klompie Russe het egter die wedloop as Suid-Afrikaners voltooi nadat hulle burgerskap hier ontvang het.

Frith van der Merwe, Helen Lucre en Maria Bak was elk drie keer wenners in die wedloop, terwyl die Rus Elena Nurgalieva die enigste agtmalige vrouewenner is.

Huidige rekords vir die op-wedren (Durban na Pietermaritzburg) en die af-wedren (Pietermaritzburg na Durban) is:

Mans, af-wedren: Tete Dijana, 2023 5:13:58

Vroue, af-wedren: Gerda Steyn, 2023 5:44:54

Mans, op-wedren: Leonid Shvetsov, 2008, 5:24:49

Vroue, op-wedren: Gerda Steyn, 2019, 5:58:53

Wenners

[wysig |wysig bron]
Vorige Comrades-wenners
JaarOp/AfTyd (Mans)ManskampioenLandTyd (Vroue)VrouekampioenLand
2025Af5:25:28Tete DijanaVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika5:51:19Gerda SteynVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2024Op5:25:00Piet WiersmaVlag van Nederland Nederland5:49:45Gerda SteynVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2023Af5:14:30Tete DijanaVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika5:44.54Gerda SteynVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2022Af5:30:38Tete DijanaVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika6:17:49Alexandra MorozovaVlag van Rusland Rusland
2019Op5:31:33Edward MothibiVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika5:58:53Gerda SteynVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2018Af5:26:34Bongmusa Mthembu3Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika6:10:03Ann AshworthVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2017Op5:35:34Bongmusa Mthembu2Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika6:27:35Camille HerronVlag van Verenigde State van Amerika VSA
2016Af5:18:19David GatebeVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika6:25:55Charne BosmanVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2015Op5:38:36Gift KeleheVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika6:12:22Caroline WöstmannVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
2014Af5:28:29Bongmusa MthembuVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika6:18:12Eleanor GreenwoodVlag van Verenigde Koninkryk Groot-Brittanje
2013Op5:32:08Claude MoshiywaVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika6:27:08Elena Nurgalieva8Vlag van Rusland Rusland
2012Af5:31:03Ludwick MamaboloVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika6:07:12Elena Nurgalieva7Vlag van Rusland Rusland
2011Op5:32:45Stephen Muzhingi3Vlag van Zimbabwe Zimbabwe6:24:11Elena Nurgalieva6Vlag van Rusland Rusland
2010Af5:29:01Stephen Muzhingi2Vlag van Zimbabwe Zimbabwe6:13:03Elena Nurgalieva5Vlag van Rusland Rusland
2009Af5:23:27Stephen MuzhingiVlag van Zimbabwe Zimbabwe6:12:08Olesya Nurgalieva2Vlag van Rusland Rusland
2008Op5:24:49Leonid Shvetsov2Vlag van Rusland Rusland6:14:38Elena Nurgalieva4Vlag van Rusland Rusland
2007Af5:20:49Leonid ShvetsovVlag van Rusland Rusland6:10:11Olesya NurgalievaVlag van Rusland Rusland
2006Op5:35:19Oleg KharitonovVlag van Rusland Rusland6:09:24Elena Nurgalieva3Vlag van Rusland Rusland
2005Af5:27:10Sipho NgomaneVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika5:58:50Tatyana ZhirkovaVlag van Rusland Rusland
2004Op5:31:22Vladimir Kotov3Vlag van Belarus Belarus/Vlag van Suid-AfrikaRSA6:11:15Elena Nurgalieva2Vlag van Rusland Rusland
2003Af5:28:52Fusi NhlapoVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika6:07:46Elena NurgalievaVlag van Rusland Rusland
2002Op5:30:59Vladimir Kotov2Vlag van Belarus Belarus/Vlag van Suid-AfrikaRSA6:14:21Maria Bak3Vlag van Duitsland Duitsland
2001Af5:25:51Andrew KeleheVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika6:13:53Elvira KolpakovaVlag van Rusland Rusland
2000Op5:25:33Vladimir KotovVlag van Belarus Belarus/Vlag van Suid-AfrikaRSA6:15:35Maria Bak2Vlag van Duitsland Duitsland
1999Af5:30:10Jaroslaw JanickiVlag van Pole Pole6:31:03Birgit LennartzVlag van Duitsland Duitsland
1998Op5:26:25Dmitri Grishine2Vlag van Rusland Rusland6:38:57Rae BisschoffVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1997Af5:28:37Charl MattheusVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika5:58:24Ann Trason2Vlag van Verenigde State van Amerika VSA
1996Op5:29:33Dmitri GrishineVlag van Rusland Rusland6:13:23Ann TrasonVlag van Verenigde State van Amerika VSA
1995Af5:34:02Shaun MeiklejohnVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika6:22:57Maria BakVlag van Duitsland Duitsland
1994Op5:38:39Alberto SalazarVlag van Verenigde State van Amerika VSA6:41:23Valentina LyakhovaVlag van Rusland Rusland
1993Af5:39:41Charly DollVlag van Duitsland Duitsland6:55:07Tilda TearleVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1992Op5:46:11Jetman Msutu[nota 1]Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika6:51:05Frances van BlerkVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1991Af5:40:53Nick BesterVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika6:08:19Frith van der Merwe3Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1990Op5:40:25Bruce Fordyce9Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika7:02:00Naidene HarrisonVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1989Af5:35:51Samuel TshabalalaVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika5:54:43Frith van der Merwe2Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1988Op5:27:42Bruce Fordyce8Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika6:32:56Frith van der MerweVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1987Op5:37:01Bruce Fordyce7Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika6:48:42Helen Lucre3Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1986Af5:24:07Bruce Fordyce6Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika6:55:01Helen Lucre2Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1985Op5:37:01Bruce Fordyce5Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika6:53:24Helen LucreVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1984Af5:27:18Bruce Fordyce4Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika6:46:35Lindsay Weight2Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1983Op5:30:12Bruce Fordyce3Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika7:12:56Lindsay WeightVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1982Af5:34:22Bruce Fordyce2Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika7:04:59Cheryl WinnVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1981Op5:37:28Bruce FordyceVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika6:44:35Isavel Roche-Kelly2Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1980Af5:38:25Alan Robb4Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika7:18:Isavel Roche-KellyVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1979Op5:45:02Piet VorsterVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika8:22:41Jan MallenVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1978Af5:29:14Alan Robb3Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika8:25:Lettie van Zyl3Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1977Op5:47:00Alan Robb2Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika8:58:Lettie van Zyl2Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1976Af5:40:53Alan RobbVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika9:05:Lettie van ZylVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1975Op5:53:00Derek Preiss2Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika10:08:Elizabeth Cavanagh2Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1974Op6:02:49Derek PreissVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika10:40:Alet KleynhansVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1973Af5:39:09Dave LevickVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika8:40:Maureen Holland4Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1972Op5:48:57Mick OrtonVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk9:26:Maureen Holland3Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1971Af5:47:06Dave Bagshaw38:37:Maureen Holland2Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1970Op5:51:27Dave Bagshaw210:50:Elizabeth CavanaghVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1969Af5:45:35Dave BagshawVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1968Op6:01:11Jackie Mekler5Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1967Af5:54:10Manie KuhnVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1966Op6:14:07Tommy MaloneVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika9:30:00Maureen HollandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1965Af5:51:09Bernard GomersallVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk10:07:Mavis HutchinsonVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1964Op6:09:54Jackie Mekler4Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1963Af5:51:20Jackie Mekler3Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1962Op5:57:05John SmithVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
1961Af6:07:07George ClaassenVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1960Op5:56:32Jackie Mekler2Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1959Af6:28:11Trevor Allen2
1958Op6:26:26Jackie MeklerVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1957Af6:13:55Mercer DaviesVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1956Op6:33:35Gerald Walsh2
1955Af6:06:32Gerald WalshVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1954Op6:12:55Wally Hayward5Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1953Af5:52:30Wally Hayward4Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1952Op7:00:02Trevor AllenVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1951Af6:14:08Wally Hayward3Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1950Op6:46:25Wally Hayward2Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1949Af6:23:21Reg AllisonVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1948Op7:13:52William Savage2
1947Af6:41:05Hardy Ballington5
1946Op7:02:40Bill Cochrane2
1941-45Geen wedloop as gevolg van dieTweede Wêreldoorlog
1940Op6:39:23Allen BoyceVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1939Af6:22:05Johnny Coleman2
1938Op6:32:26Hardy Ballington4
1937Af6:23:11Johnny ColemanVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1936Op6:46:14Hardy Ballington3
1935Af6:30:05Bill CochraneVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1934Op7:09:03Hardy Ballington2
1933Af6:50:37Hardy BallingtonVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika9:31:25Geraldine Watson3
1932Op7:41:58William SavageVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika11:56:00Geraldine Watson2
1931Af7:16:30Phil Masterton-SmithVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika11 hrs +Geraldine WatsonVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1930Op7:27:26Wally HaywardVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1929Af7:52:00Darrell DaleVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1928Op7:49:07Frank SuttonVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1927Af6:40:56Arthur Newton5
1926Op6:57:46Harry PhillipsVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1925Af6:24:45Arthur Newton4
1924Op6:58:22Arthur Newton3
1923Af6:56:00Arthur Newton211:35:00Frances HaywardVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1922Op8:40:00Arthur NewtonVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
1921Af8:59:00Bill RowanVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Van Wyk, Alta:Die Comrades-ervaring. In: Suid-Afrikaanse Panorama, volume 33, nommer 9 (September 1988), bl. 39
  2. 2,02,1Van Wyk (1988), bl. 39

Notas

[wysig |wysig bron]
  1. Die wedloop van 1992 is deur Charl Mattheus gewen, maar is later gediskwalifiseer weens positiewe toetse vir 'n verbode middel.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
  • van Wyk, Alta: Die Comrades-ervaring. In: Suid-Afrikaanse Panorama. Deel 33, nr. 9, September 1988. ISSN 0491-4783

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Comrades-maraton&oldid=2843530"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp