Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Colonia Ulpia Traiana

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die arena van Colonia Ulpia Traiana se amfiteater is gerekonstrueer as deel van die Argeologiese Park Xanten (APX)
Booggange rondom die teatergebou het toegang verleen tot die sitplekke
Gerekonstrueerde woongeboue en ateljees van ambagslui

DieColonia Ulpia Traiana (CUT) was 'n Romeinse stedelike nedersetting (colonia) wat tussen 100 en 275 n.C. aan die benedeloop van dieRyn, op die stadsgebied van die huidige nedersetting Xanten inNoordryn-Wesfale, geleë was. Dit was een van die grootste en belangrikste nedersettings in die Romeinse provinsieGermania Inferior (Laer Germanië).

Colonia Ulpia Traiana is deur keiser Marcus Ulpius Traianus gestig en na hom genoem. AsColonia was dit een van sowat 150 stedelike nedersettings in die Romeinse Ryk wat - as 'n soort dogterstede van Rome - die hoogste rang van stadstatus met volle burgerreg vir sy bewoners beklee het. Ulpia Traiana was die derde grootste Romeinse nedersetting noord van dieAlpe na Claudia Ara Agrippinensium (die huidigeKeulen) enAugusta Treverorum (Trier), met indrukwekkende openbare geboue wat sy hoë status en sy belangrike administratiewe, ekonomiese en kulturele rol vir 'n groot gebied in sy omgewing weerspieël het.

Colonia Ulpia Traiana se geskiedenis word gedokumenteer in die Argeologiese Park Xanten met dieLVR-Römermuseum. Argeologiese opgrawings en navorsing duur voort.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Colonia_Ulpia_Traiana&oldid=2473225"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp