Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Clostridium perfringens

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Clostridium perfringens
Mikrofoto van Gram-positieveClostridium perfringens bakterieë
Wetenskaplike klassifikasieedit
Domein:Bakterieë
Koninkryk:Bacillati
Filum:Bacillota
Klas:Clostridia
Orde:Eubacteriales
Familie:Clostridiaceae
Genus:Clostridium
Spesie:
C. perfringens
Binomiale naam
Clostridium perfringens
Veillon & Zuber 1898
Hauduroyet al. 1937

Clostridium perfringens is 'n anaërobiese, Gram-positiewe, staafvormige spoorvormende organisme. Die organisme is feitlik alomteenwoordig in die omgewing en word gereeld in die ingewande van mense en baie (mak) diere aangetref. Spore van hierdie organisme word in grond, sedimente en plekke waar daar kontak met menslike of dierlike ontlasting is, aangetref.[1]

Tipe C-stamme

[wysig |wysig bron]

Clostridium perfringens veroorsaak voedselvergiftiging. 'n Meer ernstige, maar seldsame siekte word veroorsaak deur die eet van voedsel wat besmet is met tipe C-stamme. Hierdie siekte staan ​​ook bekend as nekrotiese enteritis (’n vorm van dermontsteking).[1]

Die mees algemene vorm vanClostridium perfringens-voedselvergiftiging word gekenmerk deur erge buikkrampe en diarree 8–22 uur na die eet van voedsel wat groot hoeveelhede toksienproduserendeC. perfringens bevat. Die meeste simptome verdwyn na 24 uur, maar minder ernstige simptome kan in sommige gevalle vir een of twee weke voortduur. 'n Aantal sterftes het plaasgevind as gevolg van dehidrasie en ander komplikasies.[1]

Tipe B-stamme

[wysig |wysig bron]

Tipe B is 'n bakterie wat in lammers die siektesbloedpens enbloedniersiekte veroorsaak.[2][3]

Bloedpens is'n bakteriële siekte wat 'n lam vanaf die weiveld binnekom. Die bakterieë besmet vir weiveld vir 'n baie lang tyd. Die siektekan voorkom word deur die lammers so spoedig moontlik ná geboorte in te ent, of deur die ooie in te ent voor hulle geboorte gee. Bloedniersiekte kom voor in ouer lammers en kan dodelik wees.[2]

Simptome sluit in skielike dood, lusteloosheid, lê, buikpyn en 'n stinkende diarree wat bloederig kan wees. Tydens nadoodse ondersoek toon die ingewande ernstige inflammasie, maagsere en nekrose. Die sterftesyfer nader 100 persent.Cl. perfringens tipe B is nie algemeen in die VSA nie, maar word gereeld in Engeland, Europa, Suid-Afrika en die Nabye Ooste aangetref.[3]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,2[1]
  2. 2,02,1Agriculture (Animal Production II) Multilingual Glossary
  3. 3,03,1Cornell; Animal Health Diagnostic Center
Clostridium perfringens
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Clostridium_perfringens&oldid=2838136"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp