Chronobiologie is ’n veld vanbiologie wat die periodiese (sikliese) verskynsel in lewendeorganismes ondersoek, asook hulle aanpassing byson- enmaanverwante ritmes.[1] Hierdie siklusse is bekend asbiologiese ritmes. Die term "chronobiologie" kom van die antiekeGriekse χρόνος (chrónos, "tyd") en biologie, wat beteken die studie, of wetenskap, van dielewe.
Die wisselings in tyd en duur van biologiese aktiwiteit in lewende organismes hou verband met baie noodsaaklike biologiese prosesse. Dit kom voor indiere (eet,slaap,paring,hibernering,migrasie, sellulêre hernuwing, ensovoorts), inplante (blaarbewegings,fotosintetiese reaksies, ensovoorts), in mikrobiese organismes soosswamme en eensellige organismes, en selfs inbakterieë, veral diesianobakterieë.
Die bes bestudeerde ritme in chronobiologie is diesirkadiese ritme, ’n siklus van rofweg 24 uur wat fisiologiese prosesse in al dié organismes reguleer. Die term "sirkadies" is afgelei van dieLatynsecirca ("omtrent") endiem ("dag"), want dit dui nie presies ’n dag aan as die organisme weggeneem word van eksterne aanwysers (soos die lig in die omgewing) nie. Dit word deursirkadiese horlosies gereguleer.
Die sirkadiese ritme kan onderverdeel word in roetinesiklusse gedurende die dag van 24 uur:[2]
Daagliks, wat organismes beskryf wat bedags aktief is
Nagtelik, wat organismes beskryf wat snags aktief is
Metskemer, wat organismes beskryf wat hoofsaaklik tydens die skemerure bedrywig is (met dagbreek of skemeraand)
Terwyl sirkadiese ritmes deur interne prosesse gereguleer word, kan ander biologiese siklusse deur eksterne seine gereguleer word. In sommige gevalle kan multitrofiese stelsels ritmes openbaar wat deur die sirkadiese horlosie van een van die lede aangedryf word (wat ook deur eksterne faktore beïnvloed kan word). Interne plantsiklusse kan die aktiwiteit van ’n bakterie reguleer omdat dit die beskikbaarheid van plantvervaardigde fotosintaat beheer.
Baie ander belangrike siklusse word ook bestudeer, insluitende:
Infradiese ritmes, wat siklusse van langer as ’n dag is. Voorbeelde is die jaarlike siklusse wat migrasie beheer of die voortplantingsiklusse in baie plante en diere, of die menslikemenstruasiesiklus.
Getyritmes, wat gewoonlik in die seelewe voorkom wat die rofweg 12,4 uur lange oorgang van hoog- tot laagwater en terug volg.
Maanritmes, wat diemaanmaand van 29,5 dae volg. Hulle hou byvoorbeeld verband met die seelewe, omdat getye volgens die maansiklus verander.
Binne elke siklus is die tydperk waartydens die proses die aktiefste is, bekend as die "akrofase".[3] Wanneer die proses op sy onaktiefste is, is die siklus in die "batifase" of "trogfase". Die spesifieke oomblik van grootste aktiwiteit is die "piek" of "maksimum" en van die minste aktiwiteit die "nadir".